Big Hole Woonwapark
Nuwe forum onderwerpe
Jip! Bly weg Jurie.
Jurie.
Ek wou nog vra, wanneer is julle in daai omgewing?
JurieV,
Ek het geen ondervinding van die woonwapark nie. Het nie eens geweet daar is een nie. Ons was so 3 jaar gelede by die hotel. Gemengde gevoelens. Ons verblyf in die chalet wat ons deur Flexiclub bespreek het was regtig aangenaam. Dit word bestuur deur die hotel. Die hotel self was pateties.
Wat julle ook al doen, wees net baie versigtig wanneer julle die Hole in the Wall gaan besoek. Jy moet deur `n woud stap. Baie pragtig. Maar dis blykbaar nou gevaarlik aangesien mense intussen daar beroof is. Daar is ook gedurig van die plaaslike bevolking wat as gids wil optree en die moontlikheid dat juis hulle jou sal beroof is dus nie uitgesluit nie. Jy kan egter met jou motor tot bo-op die bult ry en dan die toneel van bo af bekyk. Nie so indrukwekkend soos op seevlak nie, maar baie veiliger. Die pad vanaf die N2 soontoe was destyds `n nagmerrie.
As jy wel daar opland, moenie nalaat om Koffiebaai ook te besoek nie. Miskien is daar dalk staanplek vir `n karavaan. Gaan doen navraag by die Koffiebaai Hotel. Claus, die bestuurder is baie behulpsaam.
Om die Wildekus te verken is voorwaar die moeite werd.
JurieV,
Ek het jou navraag verwar met Hole in the Wall. Jammer hoor. Maar nou het jy en ander kampeerders somaar ekstra info.
Ek het al gehoor die ouens kaap n draad maar nog nooit gesien n draad kan ge "split" word nie 
Baie dankie, Ek het so gedink dat ek dalk dit moet vermy
Pieter,
Moenie te sleg voel nie. Ek gaan September Hole in the Wall besoek. Die inligting is dus nie so (on)vanpas nie.
Dankie daarvoor.
Ek het al gehoor die ouens kaap n draad maar nog nooit gesien n draad kan ge "split" word nie 
Een van die beste "tong in die kies" kommentare vandag.....
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JM
- SHARK
- Wingnut
- Kampklong
- deonhitchcock
- Perdeby
- WilleWillemien
- Romeo
- Christo de Wit
- Diederik
- JC
- John Cooper
- Rudo Mare
- Francois Malan
- ClaytonKleynhans
- Boats




.jpg)

.jpg)



Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4
Jurie.
Lees die draad http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/hier-praat-ons/kampsake/kamp-kimberley#comment-217314 wat ek begin het oor KAMP IN KIMBERLEY.
Die advies van daai park is BLY WEG.
Benzan stuur groete van tent tot tent