Augrabies se karavaan Park
Nuwe forum onderwerpe
Ons was verlede naweek (14 -17 Januarie) Gou Augrabies toe. Ek het die karavaan tot in Durbanville gesleep. Die kinders het verlede jaar 'n nuwe Tiguan 2.0TDI Outomaties (6 ratte - - Off road tipe))gekoop en wil toe voel wat maak hy met die karavaan. Moet sê ek was verbaas.........hy hardloop weg met die Raven.Ons is ±20:45 uit d / Ville en was 07:45 Die volgende oggend in Augrabies. Die waterval was net 'n belewenis.Jy wil net kyk en weer kyk en weer kyk en weer kyk. Die karavaan park was egter een groot teleurstelling. Die ablusies is afgeleef, die deure effens verrot van oder af, die storte redelik maar die dakke is so gemuf jy weet nie of die goed gaan afval nie. Ongelukkig nie fotos geneem nie. Die grasperke was egter die ergste. Hulle was , volgens my mening, 'n maand of meer laas gesny en was plek - plek horing droog en geel van die dors(ek heg fotos aan. Twee nagte tevore het daar 'n vreeslike storm deur getrek en van die bome het die wêreld vol gelê. Aarbeiders was egter besig om hulle stuk- stuk op te saag en weg te ry. Die paaie in die karavaan park was ook maar redelik ongelyk en het ook lanklaas aandag gehad. Ek sien in Wegsleep se"136 Kamplekke" dat Alta kla ook oor die gras. Daar is geen Karavaan of Sleepwa staanplek wat ek kon sien wat gras het nie behalwe die tente (wat binne die afgebakende paaltjies areas opgeslaan kan word). Staanplekke met krag punte is maar baie min.
Ek het reeds 'n e-pos aan die spesifieke park bestuur gestuur en wag op 'n antwoord.
My algemene opinie: Die swakste van alle Sanparke waar ek nog was!! ! !
Sorry, Ek klry nie fotos gelaai
Ek was onder die indruk dat mens nooit kan fout maak met Sanparke nie. Dis teleurstellend om te hoor ek is verkeerd...
Hello Wilson,
Ek dink jy was net moeg en sat gery en lekkeer knorrig toe julle daar aankom. Augrabies is gelee in semi woestyn en sal droog wees, en die bras sal bruin wees. Die tye wat ek daar al gekamp het was dit op sand, dis wat ek verwag in so 'n gebied. Baie ou plekke sal 'n bietjie afgeleef wees, solank dit skoon is. Ek staan mos nie op die dak en stort nie!. As dit so droog dan sny jy nie die gras nie. Daar was ok redelikke reen wat geval het. Die grond paaie sal 'n bietjie van 'n beslommernis wees.
Alles wat jy dink is fout mee sal ek verwag sal daar wees. As ek groen gras, geplaveide paaie en 5 ster ablusies wil he dan gaan soek ek dit op 'n ander plek teen twee keer die prys.
Groete
... en die bras sal bruin wees
Maar wat as hy by die wit brasse wou gaan kamp my bra??? 
NS, moenie my stenig nie, satiries bedoel, nie rassisties nie....
Julle, ek is baie lief vir die Noordkaap en doen baie moeite dat mense dit moet verstaan, aanvaar, waardeer en geniet vir wat dit is: semi-woestein.
Augrabies het 'n bestuursprobleem sovêr dit die karavaanpark aangaan. Die ablusies word nie gereeld instand gehou of behoorlik gediens nie. Daar is geen verskoning vir droë gras nie (glo my daar is genoeg water
) en ook geen verskoning waarom die droë gras nie gesny word nie. Die interne paaie in die karavaanpark kan verbeter maar dis nie vir my so 'n groot probleem nie.
Hier op die dorp is daar baie klagtes oor die laksheid van die bestuurspan by Augrabies. Die plek is nie vervalle nie, die bestuur moet maar net hul sokkies optrek.
Garth,
Ek gaan my nie verdedig nie. Kyk na Dries se kommentaar. Ek dink ek is volwasse genoeg om nie emosionele opmerkings / kommentaar te lewer nie. My werk is ongelukkig van dieselfde aard so ek weet wat om te verwag en lang gras alleen spreek van SWAK bestuur / instandhouding selfs by jou en my eie huise.
Ek kry ongelukkig nie die fotos gelaai nie
Hallo Wilson
As jy swak ablusies wil sien gaan na Mata Mata in die Kgalagadi. Ek is nie verbaas oor jou ervaring nie.
SWAK BESTUUR EN WEEREENS SWAK BESTUUR.
Ek gaan liewers nie verder uitbrei nie,netnou beland ek voor die WVK. Bottomline, ons moet kla
groete
Aggenee ek hou niks van hierdie draad nie. Ons gaan vir 3 nagte daar kamp in April, klaar betaal, maar so sal n mens alles beleef wat goed en sleg is. Hoop dit word intussen reggestel.
Hier is 'n foto van Augrabies se staanplekke
Jy staan op die gruis en kamp , net die mense met tente mag op die gras staan..
Leonc
Wilson
Ek weet nie of jy dalk ook op Sanparke se forum deelneem nie. Indien nie, wil ek jou graag aanmoedig om jou ervaring ook daar te meld.
Gerhard
En ek wil dieselfde vir jou vra t.o.v. Mata Mata.
Ek het al in Mei 2002 'n klagte gerig aan Sanparke t.o.v. ablusie-fasiliteite by Augrabies. Ek het destyds (28 Mei 2002) die volgende skrywe van ene JL van Deventer (Park Manager - Augrabies Falls National Park) ontvang:
Baie dankie vir die konstruktiewe klagtes van u ontvang. Ek vra om verskoning vir enige ongerief wat u moes verduur as gevolg van u besoek by ons. Ek kan u die versekering gee dat ek bewus was van die toestand van die ablusie blok en ek is dit met u eens die standaard is nie soos u gewoond is om in ons Parke te beleef nie. Ek is besig met 'n groot opknappings projek en ons het nog nie op daardie stadium by daardie ablusie uitgekom nie. My tegniese personeel is huidiglik besig om die ablusie op te gradeer en ons is besig om dit in sy geheel uit te teel en te verf.
Die dames in ons geselskap het ook die probleem ervaar dat 'n manspersoon hulle ablusies "skoon gemaak" het, en ek het dit ook onder Sanparke se aandag gebring. Mnr Van deventer se kommentaar daarop was:
Ek kan geen verklaring gee vir die feit dat 'n mans persoon die dames ablusie skoon gemaak het nie want ons het dames wat veronderstel is om dit skoon te maak. Ek het my Kampmatrone opdrag gegee om toe te sien dat dit nooit weer gebeur nie.
Dit smaak my Augrabies se probleme is nog nie sedertdien opgelos nie.
Stoffel,
Ek het dit reeds ook by Augrabies aangemeld maar wag nog vir terugvoering. Ek sal weer opvolg
Wilson
"Click" op die onderstaande skakel en lig jou griewe/klagtes daar. Ek het nog altyd vinnige reaksie gekry. Jy is dan direk in kontak met hoofkantoor wat jou klagte na die betrokke park verwys vir vinnige terugvoer.
Was laasweek by Augrabies, die ablusiewe geriewe word baie laat skoon gemaak. Riool is n groot probleem met alles wat opstoot in die toilette asook storte. Mooi oord, maar hulle sien my eers weer oor n rukkie
Stoffel, Ek probeer nou vir die soveelste keer 'n e-pos aan die adres stuure maar dit gaan nie deur nie.
Was ook aan die begin van April daar en die bakamers benodig beslis aandag. ons het gekamp naby die eerste toilette soos jy by die kampterrein inkom en ek dink dit was een van die swakker badkamers. Ons het darem gelukkig baie lekker ge-eet in die restautant en die omgewing bly maar net mooi. Het weet bespreek vir April volgende jaar so ek hoop hulle doen iets intussen.
Ons was verlede naweek (14 -17 Januarie) Gou Augrabies toe. Ek het die karavaan tot in Durbanville gesleep. Die kinders het verlede jaar 'n nuwe Tiguan 2.0TDI Outomaties (6 ratte - - Off road tipe))gekoop en wil toe voel wat maak hy met die karavaan. Moet sê ek was verbaas.........hy hardloop weg met die Raven.Ons is ±20:45 uit d / Ville en was 07:45 Die volgende oggend in Augrabies. Die waterval was net 'n belewenis.Jy wil net kyk en weer kyk en weer kyk en weer kyk. Die karavaan park was egter een groot teleurstelling. Die ablusies is afgeleef, die deure effens verrot van oder af, die storte redelik maar die dakke is so gemuf jy weet nie of die goed gaan afval nie. Ongelukkig nie fotos geneem nie. Die grasperke was egter die ergste. Hulle was , volgens my mening, 'n maand of meer laas gesny en was plek - plek horing droog en geel van die dors(ek heg fotos aan. Twee nagte tevore het daar 'n vreeslike storm deur getrek en van die bome het die wêreld vol gelê. Aarbeiders was egter besig om hulle stuk- stuk op te saag en weg te ry. Die paaie in die karavaan park was ook maar redelik ongelyk en het ook lanklaas aandag gehad. Ek sien in Wegsleep se"136 Kamplekke" dat Alta kla ook oor die gras. Daar is geen Karavaan of Sleepwa staanplek wat ek kon sien wat gras het nie behalwe die tente (wat binne die afgebakende paaltjies areas opgeslaan kan word). Staanplekke met krag punte is maar baie min.
Ek het reeds 'n e-pos aan die spesifieke park bestuur gestuur en wag op 'n antwoord.
My algemene opinie: Die swakste van alle Sanparke waar ek nog was!! ! !
Sorry, Ek klry nie fotos gelaai
25/7/11 Nog dieselfde.Uiters swak.
25/7/11 Nog dieselfde.Uiters swak.
Jammer om dit te hoor!
Ek was 28 Junie tot 2 Julie in Twee Rivieren, moet se ons het baie lekker gekuier maar dit was niks lekker om n koue stort te vat nie - maak nie saak of dit nou in die oggend as die kwik staan op -5.5 grade of in die aand nie, gelukkig was dit net vir een aand omdat die kamp nie so vol was die ander aande nie.
Ek sal maar nie gesels oor die paaie nie, dit is waarlik nie n plesier om daarop te ry nie al is die bande afgeblaas tot by 1.6 bar - jy moet n spoed van 40km/h handhaaf anders word jy see siek - moet se net voor ons vetrek het het hulle die paaie begin skraap
Daarna het ons vir 3 nagte tot die 4 Julie by Augrabies gekuier. ek moet se dit was vir ons wonderlik, die ablusies is oud maar was altyd skoon. Die wasmasjien is onmiddelik reggemaak nadat ons aangemeld het dat die nie werk nie en ons het toe twee wasse gratis gekry omdat ons moes wag. Die park was netjies, ja jy kamp op gruis en kuier op die gras - wat meer wil jy he. Die personeel was vriendelik en die diens uitstekend
In vergelyking met Twee Rivieren defnitief n trappie of twee beter ons sal weer gaan kuier
Groete
Anto, My beswaar / klagtes was die instandhouding van die gras perke.Die gras was meer as enkel hoogte en selfs veel hoër teen die ablusie mure en rondom die paaltjies. Ek het nie soseer 'n probleem gehad om op die gruis te kamp nie. Ek is seker vol nonsies maar netjiese tuine is deel van my werk en ek kyk ongelukkig altyd met dieselfde oog na alle publieke tuine en parke
Groetnis
O, Ja ! ! Ons is juis DV begin September (ons boek die 9de September in) by 2 Rivieren en gaan dan verder na Nossob en Mata Mata. Ons gaan in ons tentjie kamp by laasgenoemde twee kampe. Ek hoop om plek te kry om die karavaan by 2 Rivieren te los tot ons weer terug kom. As ons uitkom gaan ons vir 'n paar dae Oranjerus toe en dan weer terug deur Namkwaland
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JM
- Kampklong
- deonhitchcock
- Perdeby
- WilleWillemien
- Romeo
- Christo de Wit
- Diederik
- JC
- John Cooper
- Rudo Mare
- Francois Malan
- ClaytonKleynhans
- Boats







.jpg)






Wilson, ongelukkig moet ek met jou saamstem. Jou opsomming is akkuraat.
Vriendelike groete uit die Noordkaap.
Dries