VOETPLAATPARK

Hentie7
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n SPRITE SPLASH met 'n VW Caravelle 2,5 TDi of FORD RANGER 2,5 D/C

Het enige iemand al hier gekamp ? Indien Ja, lewer asseblief so bietjie komentaar, ons wil graag Desember daar gaan kamp.

Groete

Hentie

Machiel
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 577
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein
Ek sleep 'n 2005 Gypsey Regal Blue Series met 'n 2010 Isuzu Kb 300 Lx D/K

Hentie

Ons was so 3 jaar gelede daar gewees en die oord was heel gangbaar. Jy moet nie verwag om ATKV se staandaarde daar te kry nie. Die ablusies is maar redelik oud, maar was skoon en ons kon nie kla daaroor nie. Baie van die staanplekke het privaat ablusies. Die gewone oop staanplekke kry baie skaduwee en gras is derhalwe maar skaars gewees toe ons daar was. Selfs die onderste ry staanplekke teen die heining met privaat badkamers kry baie skaduwee en het dieselfde probleem met die gras wat nie daar wil groei nie. Ek verstaan egter van mense wat meer onlangs daar was dat die staanplekke waar die gras nie wil groei nie, nou geplavei is, maar dalk kan iemand wat meer onlangs daar was meer inligting hieroor gee. Blykbaar is hulle besig met 'n algehele opknappings/opgraderings aksie in die oord. Die bome is ook blyplek vir vrugte vlermuise en jy moet maar 'n ekstra seil bo-oor gooi om jou tent te beskerm.

Die oord het ook 'n swembad wat mooi skoon was toe ons daar was

Sekuriteit was goed toe ons daar was en die strand is lekker naby met goeie hengel plekke. Die voordeel is dat jy reeds oor die treinspoor ry om by die oord te kom en dus nie elke keer as jy wil strand toe gaan eers oor die spoor moet kom nie. Die treinspoor is egter direk langs die oord en kan steurend wees vir sommige mense.

Daar is ook 'n lekker kuier/eetplekkie op die strand by die oord se ingang en die kos was puik. Bannana Beach net langsaan (binne stap afstand as jy oor die spoor deur die bosse tap) het ook 'n puik strand met 'n goeie winkel en restourant/Pub waar jy lekker kan kuier.

Soos ek gesê het, ons was drie jaar gelede daar en dinge kon dalk verander het, miskien is daar iemand anders wat meer op datum inligting kan verskaf.

Groete Machiel

Cheetahs vir altyd

<

Janwillem
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 467
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pinetown

Alles nog presies soos Machiel dit stel, ek slaan hom aan vir sekuriteit, vir my baie belangrik.

Johan van der Bank
Nuweling
Aangesluit: 06/01/2012
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Caravette 5 met 'n Ford Territory

Hallo kampers 

Graag gee ek terurvoer na my kamp by die oord gedurende Desember 2011, Baie lekker,staanplekke se plaveisel is grooter gemaak. Ablusie baie beter nadat vloere geteel is.

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 44 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Kampklong
  • deonhitchcock
  • Perdeby
  • WilleWillemien
  • JM
  • Romeo
  • Christo de Wit
  • Diederik
  • JC
  • John Cooper
  • Rudo Mare
  • Francois Malan
  • ClaytonKleynhans
  • Boats
  • dracoza

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.