Villa Spa
Nuwe forum onderwerpe
Ek het vir ons die Comfort sleepwa gekoop en vertrek na Illovu.Ons was vanaf 23-12-2010 tot 12-01-2011 by Villa Spa ingeboek. Dit is baie mooi, veilig en skoon, maar bly weg van staanplek nommer 41 af, want die staanplek, glo my, is warmer as warm! Ons kom mos van die noord kaap en ken hitte en dat ek moet see toe gaan om nog warmer te kry, sal ek in my lewe nooit weer doen nie. Twee sye van staanplek 41 is toe, daar is geen skadu tot en met 16:30, die terrein is ongelyk en die inwoners sê daar kom nooit mense na staanplek nommer 41. Ek bedoel as jy van vêr af kom en lank bespreek, behoort jy ingelig te word oor jou staanplek, wat daar is en wat nie! 
pierre
jammer om van jou ervaring te hoor,jy kon met die bestuur gaan praat het,hulle is mense wat omgee vir die kampers en sou beslis probeer het om jou te help.ek staan altyd op 33 en al hoekom ek by villa spa kamp is rede dit baie veilig is en die bestuur hulle hande op alles het.
tassie ek glo jy sal lekker kamp daar,net 40 staan plekke met skoon ablusies.lees gerus die draad "villa spa dankie"
groete
Baie dankie vir die terugvoer, ons sien uit om Villa Spa te besoek.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- WilleWillemien
- Kampklong
- Perdeby
- JM
- Romeo
- Christo de Wit
- Diederik
- JC
- John Cooper
- Rudo Mare
- Francois Malan
- ClaytonKleynhans
- Boats
- dracoza





Ons het plek gekry vir die Desember by Villa Spa. Pierre sal jy bietjie meer inligting gee, hoe lyk die ander staanplekke. Hoe ver is dit van die naaste strand. Die badkamers, hoe lyk dit ens.
Kyk ook na Wavecrest en Caravan Cove. Enige inligting van die karavaan parke sal waardeer word.
Groete