Sugarloaf St Lucia ? ? ? ? ?

Cobus Schenck
Nuweling
Aangesluit: 24/05/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Boswa met 'n Nissan x-Trail

Het iemand onlangs daar gekamp?Wil graag weet in watter toestand die plek is en hoe veilig.Wil eerder na Cape Vidal, maar kry geen plek.

ferrari kamp
Ou hand
Aangesluit: 14/12/2010
Inskrywings: 230
Gebruiker van lyn af.
Plek: witrivier
Ek sleep 'n 1988 gypsey caravette 6B met 'n Isuzu KB250 D/cab D-teq

het ook n vriend wat daar wil gaan kamp desember,as iemand dalk kan help met inligting.sal waardeer dan kan ek dit vir hom deurgee

dankie  

 

maccie
Groentjie
Aangesluit: 02/05/2010
Inskrywings: 17
Gebruiker van lyn af.
Plek: kraaifontein
Ek sleep 'n 1983 Jurgens fleetline 4 met 'n Izulu kb300 d/k

jis cobus,ons was daar laas maand en die plek is veilig met wagte 24h.die babkamers is oud maar skoon.oppas net vir die aapies hulle is stout.julle moet ook maar uitkyk vir die slegte paaie in natal ons kon dit nie glo wat ons gesien het nie hier in die kaap ly ons maar n' beskermde lewe en ons ken sulke paaie nie.

groete,henry.

chrisbeachbum
Super sleper
Aangesluit: 04/10/2010
Inskrywings: 364
Gebruiker van lyn af.
Plek: Geen vaste adres - Meestal voltyds op toer, tans in Pretoria.
Ek sleep 'n Suzuki Samurai met 'n Mercedes Benz Elite mobiele huis.

Het ook al 'n paar keer daar gekamp en dit nogal geniet daar.

Persoonlik sou ek nie te diep in die oord wil ingaan nie, want die wagte is hoofsaaklik aan diens by die toegangshek.

Ek stem saam dat die ablusiegeriewe bietjie oudmodies is, maar kon nog nooit kla dat dit nie skoon is nie.

Soos oral op die Noordkus is die ape 'n groot probleem, maar as jy nougeset jou tentopenings stewig toemaak, behoort jy nie probleme te he nie. Ook baie "mongoose" aktiwiteite daar ook.

Dis 'n baie rustige oord omrede die pad daarheen by die karavaanpark se hek eindig.

Wees net versigtig om saans daar naby die hek te hengel of naby die water te waag, want daar is baie seekoei-aktiwiteite daar asook genoeg krokodille in die omgewing.

Maar, geniet dit daar.

Mooi loop.

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 43 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JM
  • Romeo
  • Christo de Wit
  • Kampklong
  • Perdeby
  • Diederik
  • JC
  • John Cooper
  • Rudo Mare
  • Francois Malan
  • ClaytonKleynhans
  • Boats
  • dracoza
  • Hentie7
  • Frikadel

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.