Soek plek soos Scottburgh in Natal

Shaun
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 43
Gebruiker van lyn af.
Plek: Krugersdorp
Ek sleep 'n 1993 Jurgens Expo met 'n 2003 BMW 330I of 2008 Corolla 2.0 D4D

Hi Almal

Ons probeer plek kry by Scottburgh vir so 2 weke in Maart maar die plekke wat beskikbaar is is nie so lekker nie.Amal agter teen die trein spoor.Ons gaan nou al die afgelope 5 jaar soontoe en verkies die staanplekke op die see. Dit is maar net makliker om met die kinders strand toe te gaan.

Kan iemand my dalk sê of daar 'n ander oord is wat met Scottburgh vergelyk van toegang tot die see en strand betref. Ons hou nie daarvan om eers deur hekke en oor trein spore te stap voor mens by die see uitkom nie.

Baie dankie sover

Groete

Shaun

 

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Shaun, probeer Rocky Bay, hy is bietjie stroom-op, Durbs se kant toe, Park Rynie omgewing, oppas ôk maar vir die wind!!!

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Frans Pretorius wrote:

Shaun, probeer Rocky Bay, hy is bietjie stroom-op, Durbs se kant toe, Park Rynie omgewing, oppas ôk maar vir die wind!!!

Altyd egte kampgroete.

Frans

@Frans,

Eintlik so bietjie stroom-af, Pennington se kant toe.

@Shaun,

Probeer ook Happy Wanderers, hulle is ook and ie "regte" kant van die trein spoor, maar ongelukkig nie op die strand nie. 

Heelwat verder Noord kan jy ook probeer by Richardsbaai karavaan park, sover ek verstan is hulle ook op die strand.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Rocky Bay is goed en die standaard ook goed. Probeer ook Ifafa so 60 kilos verde af kaap se kant toe. Klein maar puik.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Ifafa is daar ook nie spore en paaie nie. reguit strand toe met 'n winkel en eetplek op die perseel.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Ou Jacques, stroom op of stroom af, wat maak dit nou tog saak so tussen pêlle!!!!

Vanag Scottburgh Suidwaarts kry jy Umzinto, dan Park Rynie met parke soos Caravan Cove , dan Rocky Bay, dan H dan Happy Wanderers, en dan Kelso en DAn eers Pennington!!!!!

Ek was nou Oktober weer by Corian's Pennington, en ken die dorpies redelik, Vanaf Park Rynie is dit seker 10km na Rocky Bay, en dan omtrent 30km na Pennington, rofweg geskets.

Ek hoop dit maak sin, maar dit is hoe die paadjie loop.

Ons verkies natuurlik iets bietjie weg van die see en die wind, en daar is Corian's weer uitstekend.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Frans Pretorius wrote:

Ou Jacques, stroom op of stroom af, wat maak dit nou tog saak so tussen pêlle!!!!

Oom Frans,

Ek kon dit net nie weerstaan nie. hehehehehehe

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Nee, is maar reg!!!!! Ek sal jou ander dag weer bymekaarmaak en oprol!!!!

Die wind het my in elk geval so deurmekaar gewaai toe ons daar was, jy het nie meer geweet watter kant is die windkant, en watter kant is die afdraande kant nie!!!!! Dit is vandaar my besluit om karavaankamp te Suidkus vaarwel te roep en eerder maar in ooekoms in ander verblyf tuis te gaan!!!! As man vier keer in 12 dae kans kry om veilig te braai, en drie keer kans kry om op die strand te loop is dit ook nie lekker nie!!!! As jy koue een wil vat dan waai die wind hom uit jou keelgat!!!! En ons was in redelik beskutte park!!!!! Nee, wat, om jou lewe tussen daai donderde ag, askies honderde lorries deur te sukkel en dan nog weg te waai is nie meer my idee van rus nie!!!!!

Askies as ek so negatief is, normaalweg doen ek dit nie!!!!

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 44 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JM
  • Romeo
  • Christo de Wit
  • Kampklong
  • Perdeby
  • Diederik
  • JC
  • John Cooper
  • Rudo Mare
  • Francois Malan
  • ClaytonKleynhans
  • Boats
  • dracoza
  • Hentie7
  • Frikadel

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.