Richardsbaai Karavaanpark
Nuwe forum onderwerpe
En wat is jou e posadres, Chrisbeachbum? Ek sal ook graag wil loer.
chrisenior@hotmail.com
Groetnis.
Dit is voorwaar 'n baie lekker plek om vakansie te hou oor Desember. Daar is baie vermaak vir veral die kinders en die park self is pragtig, die dorp is ook een van die skoonstes wat ek al gesien het en daar is oorgenoeg winkels om lekker rond te loop. Die strand en geriewe is ook netjies en skoon, daar is genoeg sekeruteits wagte aan diens op die hoof swemstrand. Die personeel by die kamp is ook tops en baie hulpvaardig en weet wat hulle doen selfs die winkeltjie op die perseel se pryse is van so aard dat jy kan sien hulle wil nie ryk word uit die verkoop van een brood nie maar is eersder daar om jou 'n rit dorp toe te spaar.
Kan iemand dalk vertel wat hulle tariewe is. Ek het al 'n versoek op hulle website gesit maar nou nog niks van hulle gehoor nie, dit was al verlede jaar....
Natasha
Skakel die Besprekingsdame: Tia - (035) 753-1971.
Se ook vir haar Chris stuur groete.
Miskien nog bietjie goeie raad: Bespreek so vroeg moontlik in die jaar, want hierdie plek is VREK populer, vernaam oor Desembermaande.
Jammer ek mors so "pampier".
Mooi bly.
Dit is die TOP kamp in RSA. Gaan beproef en laat weet asb. Daar is niks meer te se nie
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JM
- Romeo
- Christo de Wit
- Kampklong
- Perdeby
- Diederik
- JC
- John Cooper
- Rudo Mare
- Francois Malan
- ClaytonKleynhans
- Boats
- dracoza
- Hentie7
- Frikadel




.jpg)




.jpg)
Ek sleep 'n Suzuki Samurai met 'n Mercedes Benz Elite mobiele huis.
Hallo Johan
Ek het daar gekamp banaf die 22ste Nov. tot die 18de Januarie. Ek sal jou graag wil antwoord op al jou navrae.
Kyk gerus ook op my Facebook profiel vir 'n reeks foto's wat ek daagliks geplaas het oor een of ander gebeurlikheid van die daaglikse ontspanningsprogramme.(Gebruik my e-pos adres as soekfunksie).
Alternatief kyk gerus ook op die Facebook bladsye van Lekkerkampplekkesa, Wegsleep en Kampsa - Dieselfde inligting sal jy ook daar kry.
Vir enige ander navrae, gesels maar gerus.
Ek maak geen geheim daarvan nie - Dis die natuur-mooiste, geselligste en veiligste kampplek op ons hele kuslyn, met die mees hulpvaardige personeel waaraan jy kan dink.
Groetnis.