Happy Wanderers
Nuwe forum onderwerpe
Dagse mede kampeerders,
Ek kyk nou deur al die kampplekke wat al besoek is aan die suidkus, beplan weer n besoek.
Ek sien nerens praat iemand van die juweel van n park nie, dit is n baie ou kamp plek maar is so gevestig en die bome omhels jou omtrent. Die staanplekke is in twee dele (links en regs van ingang), die linkerkantse staanplekke is agter die woonstel blokke maar die regterkanste staanplekke het n lieflikke uitsif oor die see. Nader as dit kan jy beswaarlik kry op die kus.
Daar is n restourant en winkel op die perseel wat alle basiese benidighede het en daar word ook gas hervul. Die oord personeel is baie vriendelik en behulpsaam.
Sal weer gaan, maar soek nou n plekkie om te besoek op die noordkus.
Groete,
LeonV, hoop Eben gaan foto's opsit en dit gaan julle lus maak om Natal se Suidkus te besoek, dan is dit nogal naby vir ons en kan ons weer kuier!
Christa
Hello Julle,
Eben jy is innie kol oor Happy Wanderers.Ek het met my 1e besoek aan die suidkus daai plek "ontdek" & in 25jr se tyd gereeld daar gaan vakansie hou- eers met baba's in die chalets-later met wa en ook al daar oornag op pad vannie kaap af huis toe. Met of sonder die wa.
So naby die see kan mens nie aldag kry nie. Rocky Bay is amper net so naby aan die water en ook 'n lekker plek om te gaan rus.
Groetnis.
Ek sal kyk waar die fotos is en van hulle oplaai,
Groete,
Eben
Hoe ver is jy van die see af as hulle (die ontvangs) se jy het n see uisig?
(Die ontvangs was nie vreeslik behulpsaam nie.)
Groete
Leon
Hello Leon,
Van die staanplekke wat see uitsig het, is so ongeveer 15-20 meter van die strand af, die see n verdere 30-40 meter.
Al wat ek kan se, is dat dit letterlik op die strand is, net n ry bome wat so bietjie wind keer van die see se kant af, maar jy kan darem die see mooi sien op sekere staanplekke.
Ja ek het ook al voorheen ondervind dat daar so n half ongeskikte mens daar werk, maar dit kry jy maar oral.
Die ablusies is mooi skoon, maar was met my laaste besoek maar aan die ou kant.
Laat weet as ek jou met meer inligting kan help.
Groete,
More Eben
Het jy toe Foto's opgelaai, ek kry nerens ordentelikke fotos van Happy Wanderers nie?
Groete
Hi Ouens, was een van julle al by Caravan Cove? Ons gaan einde April soontoe vir die eerste keer (my eerste keer in Natal) en wou weet of iemand die plek ken en my meer kan vertel.
Dankie Groete
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Perdeby
- John Cooper
- Kampklong
- Rudo Mare
- JC
- Diederik
- JM
- Francois Malan
- ClaytonKleynhans
- Boats
- dracoza
- Romeo
- Hentie7
- Frikadel









Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Toyota Hilux SRX
Eben,
Moenie net praat van mooi plekke nie, sit foto's ook by asb.
Geniet elke kamp asof dit die laaste kamp is.