Fotos van staanplekke

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi almal,

Ek weet nie of dit julle al oorgekom het nie, maar ek is altyd spyt dat ek nie fotos geneem het van die hele kampplek nie, want net oor 'n rukkie dan kry ek plek by 'n oord en dan kan ek nie onthou of die staanplek koelte het of nie. 'n Mens wil nou ook nie rondloop tussen die karavane en links en regs fotos neem nie, netnou wil iemand jou hof toe vat (voel jy meng in op hulle privaatheid). Die beste sal natuurlik wees om te neem wanneer die oord leeg is, want 'n ou wil mos maar net eintlik die staanplekke afneem.

Kan enige iemand miskien vir my fotos stuur/ plaas van staanplek no 69 by Natalia? dis ongelukkig die enigste staanplek oop vanaf 3 Jan 2012? of selfs inligting gee oor die staanplek.

Groete

Nico

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5704
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Daardie selfde dink het ons ook al oorgekom, Leeu.

Ons maak notas in 'n boekie van die nommers, in watter rigting die staanplekke wat die beste is en min of meer hoe vêr hulle van die ablusieblok is. Hoeveel % koeltebedekking daar is en min of meer hoe groot hy is.

En weet jy wat, Leeu? Wanneer ons nou weer besluit om terug te gaan na daardie oord is die boekie weg. Nêrens te vinde nie.

Ja, die fotonemery kan dalk vir mense 'n lastigheid word, soos ons nou kan sien op die ander draad wat daaroor handel, maar ek sou voorstel, indien moontlik, om 'n foto van die staanplek te neem wanneer hy oop is.

Die meeste oordeienaars is ook besonder hulpvaardig wanneer dit kom by vrae oor hierdie aangeleentheid. Hulle help waar hulle kan indien mens se bespreking vroeg genoeg gemaak is.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Leeu,

Jamer ek het nie foto's nie maar weet egter dat die meeste van die onderste staanplekke redelik baie koelte het, maar wag daar is mense wat gereeld soontoe gaan en hulle sal beter inligting kan gee.

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

 Hi Willie, ek verwys ook na al die ander staanplekke in die oord waar jy al gekamp het. Dit sal nice wees as mens die rekords kan hou op 'n databasis.

Groete

Nico

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

 Dankie Willem

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Leeu,

Ek het vir Natasha 'n e-pos gestuur want hulle gaan gereeld Natalia toe, kskien kan sy beter terugvoering gee.

Ek het so databasis wat ek gebruik (ongelukkig nie koelte ens. nie) vir die plekke waar ons was.  Dieprobleem is ons gaan amper elke keer na 'n nuwe plek en die inligting raak dan oud en nie meer lekker van toepassing nie.  Ek het egter selfs hier gevra vir die kampers om deel te word maar soos met die meeste inligting will almal dit hê maar is nie bereid om terugvoering te gee nie.  So my inligtings bron is / het amper dood geloop.

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dis nogal jammer, almal kon baat vind by die idee.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Het ook so gedink.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Leeu wrote:

.........  Kan enige iemand miskien vir my fotos stuur/ plaas van staanplek no 69 by Natalia? dis ongelukkig die enigste staanplek oop vanaf 3 Jan 2012? of selfs inligting gee oor die staanplek.

Nico,

Hier is Natasha se terugvoering oor die staanplek.

"Ons staan gewoonlik op #70. Jy kan vir die persoon se dat 69 'n mooi gelyk staanplek is. 2 jaar terug toe ons daar was was daar gras en geen bome nie. Dit is by die ablusieblok"
 

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

 Hi Willem,

Baie dankie vir die terugvoer, ek waardeer baie.

Groete

Nico

Wie's aanlyn

Daar is tans 13 gebruikers en 43 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • John Cooper
  • Kampklong
  • Rudo Mare
  • JC
  • Diederik
  • JM
  • Francois Malan
  • ClaytonKleynhans
  • Boats
  • dracoza
  • Romeo
  • Hentie7
  • Frikadel

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.