Caravan Cove

Annalie Hall
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/01/2012
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Welkom
Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L

Hi,

Wie was al by Caracan cove in Park Rynie Scottburgh? Ons het plek bespreek vir die einde van April 2012 en het gewonder of daar van ons mede forumiete al daar was.

'Because outside is the new inside'

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Ek het al daar deurgery en geloer maar nog nie daar gekamp nie. So met die deurry het dit goed gelyk. Ons kamp gewoonlik by Rocky Bay net verder af om die draai.

Laat weet hoe was dit as julle terug is.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Annalie Hall
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/01/2012
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Welkom
Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L

Wou graag Rocky Bay toe gaan, maar was reeds vol bespreek

'Because outside is the new inside'

Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Ifafa is ook lekker. Op die strand sonder heinings en paaie. Ek dink tog as ek so kyk kan Caravan Cove lekker wees.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Annalie Hall
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/01/2012
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Welkom
Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L

Ons wil die Saterdag 5 Mei die Sharks se game teen die Highlanders gaan kyk in Durban, so wil nie te ver van Durban af wees nie.

'Because outside is the new inside'

Francois Schutte
Ou hand
Aangesluit: 08/08/2011
Inskrywings: 160
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n BMW X5 3.0D

 Was al daar n paar jaar gelede toe was  dit heel lekker en skoon. 

Bulle Bo !!!

Annalie Hall
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/01/2012
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Welkom
Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L

Kom nou ouens, was niemand anders al daar of in die omgewing nie???

'Because outside is the new inside'

JurieV
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 23/06/2010
Inskrywings: 104
Gebruiker van lyn af.
Plek: Birchleigh; Kempton Park
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n Mazda BT-50 3.0 CRDI Double Cab SLE

 Annalie

Ek was nog nie self daar nie, maar my goeie ou woonwavriend was Desember 2010 asook Desember 2009.  Hy kan natuurlik nie uitgepraat raak oor die plek nie.  Hy het vir ons plek bespreek vir desember 2011, maar ons het toe daarteen besluit omdat die tarief binne seisoen net te hoog was.  Maar volgens hom is dit 'n baie mooi park, goeie ablusies, lekker dinge om te doen vir die kinders.

Ek hoop dit help

 

 

Jurie

Annalie Hall
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/01/2012
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Welkom
Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L

Dankie Jurie,

Dit klink belowend!

'Because outside is the new inside'

Roelof Colyn
Nuweling
Aangesluit: 02/02/2012
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: Amanzimtoti

HI ANNALIE

EK BLY IN AMANZIMTOTI EN HET ONLANGS MY EIE WA AANGESKAF, EK WAS IN JANUARIE BIETJIE OP VERLOF EN HET EENDAG 'N DRAAI GAAN RY BY 'N PAAR KARAVAAN PARKE AF TEEN DIE KUS ONDER ANDERE, ROCKY BAY, SCOTTSBURGH, CARAVAN COVE, HAPPY WONDERERS EN EN EN

VAN DIE PARKE IS BAIE MOOI MAAR AS EK BAIE EERLIK MOET WEES WAS CARAVAN COVE MY TOP KEUSE VAN ALLES WAT EK DIE DAG GESIEN HET, BAIE BAIE GROEN GRAS MET BAIE GROOT BOME EN BAIE NETJIES, EK HET DIE TANNIE BY DIE HEK SOMMER ;N GROOT KOMPLIMENT GEGEE TOE EK KLAAR DEURGERY HET.

EK KAN NIE SIEN DAT JY KAN FOUT MAAK MET CARAVAN COVE NIE, ELKE KAMPEERDER HET MAAR SEKER SY EIE VOORKEURE EN NAKEURE EN EIE BEHOEFTES WAT HY IN 'N PARK WIL HE MAAR AS EK VANDAG MOET STAANPLEK KIES VIR MYSELF TUSSEN AL DIE PLEKKE WAT EK DAAI DAG BESOEK HET KIES EK CARAVAN COVE VERSEKER.

EK HET ONGELUKKIG NOU NIE MY "FILE" BY MY NIE MAAR EK HET BY ELKE PARK 'N KAART VAN AL DIE STAANPLEKKE GENEEM EN SOOS EK DEURGERY HET, HET EK GEMERK OP DIE KAART WATTER STAANPLEKKE SOU EK VERKIES AS EK DAAR WIL GAAN STAAN EENDAG.

EK HOOP JY KOM REG

GROETE

ROELOF

 

Ek sleep 'n 2004 Sprite Splash met 'n Mahindra Scorpio DC 

Annalie Hall
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/01/2012
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Welkom
Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L

Baie Dankie Roelof, ons het staan plek 59 gekies, want die dame het gesê dis op 'n teras en ons sal 'n see uitsig van daar af hê. Loer bietjie op jou kaart of jy dalk ook dit gemerk het.

Groetnis

'Because outside is the new inside'

Roelof Colyn
Nuweling
Aangesluit: 02/02/2012
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: Amanzimtoti

HI ANNALIE

 

EK SAL BIETJIE GAAN KYK, MAAR VOLGENS DIE PARK UITLEG LYK NO 59 NIE SLEG NIE HOOR

Ek sleep 'n 2004 Sprite Splash met 'n Mahindra Scorpio DC 

Wie's aanlyn

Daar is tans 12 gebruikers en 43 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Rudo Mare
  • JC
  • JM
  • Francois Malan
  • ClaytonKleynhans
  • Boats
  • dracoza
  • Romeo
  • Hentie7
  • Frikadel
  • Lein Claassens
  • WilleWillemien

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.