Bivane Dam.
Nuwe forum onderwerpe
Willem die boskampe lyk soos my tipe plek - gaan beslis nog die jaar daar 'n draai maak! Lyk na die idiale plek om so bietjie "Witwater" te ry met die Rubber Duckie!
Arie, my goeie ou vriend, Terry Kent, het my oor die naweek van die plek vertel. Die water is silwerskoon en jy vang GROOOOT Swartbaars daar.
Willem, ek is soos Oom Oubaas vang nie vis - vir dieselfde rede as wat hy gegee het [sal nie weer dit noem - party ouens is bietjie fyngevoelig!] Buitendien my vrou laat my toe om by die huis te drink [lol]
Eintlik is ek maar net te dom om vis te vang!!
Maar daai boskamp lyk vrek lekker en dit witwaters lyk ook goed - mal daaroor om in die witwaters te roei of met 'n rubber duck daar deur te jaag!
Die lyk na 'n juweel van 'n plek. Bootry lyk uit die boonste rakke.
Wat wel opvallend is, is die tarief struktuur. Geen 'get rich quick' oor vakansie tye en lang naweke nie.
Ek het so 'n jaar terug daar in die chalets gebly. Die plek was baie netjies en skoon (die dam ook). Die karavaanpark by die dam is maar plat met min skadu.
Ons was daar vir 'n familiefees en het ongelukkig nie 'n draai kon maak om die boskamp te sien nie. Neem asb net kennis daar is 'n hele entjie grondpad wat maar sleg was toe ons daar was. Sal dit BAIE stadig vat as ek wel my woonwa soontoe sou sleep en selfs dan kan dit dalk skade kry.
Maar padtoestande wissel mos maar - dalk is dit intussen geskraap.
Frits
Het een van julle dalk intussen hier 'n draai gemaak?
Was daar dalk intussen enige forumiet by hierdie plek? Sal graag wil weet hoe is die vangste daar?
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- JM
- Francois Malan
- ClaytonKleynhans
- Boats
- dracoza
- Rudo Mare
- Romeo
- Hentie7
- Frikadel
- Lein Claassens
- WilleWillemien
- Ebenhaeser



.jpg)

.jpg)


Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0
Dit lyk puik Willie!
Ek hou dop met belangstelling vir terugvoer...
Groete,
Jacques