ATKV Natalia

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Vandag terug na n heerlike lang naweek in Illovo. Ons was baie gelukkig na 'n kansellasie en het op die teras gekamp op staanplek 113. Daar was net een staanplek tussen ons en 'n wonderlike see uitsig. Die kamp is in 'n puik kondisie en het sommer klaar plek bespreek vir die Junie/ Julie skoolvakansie (staanplek 12). Moet nou net kyk of ek verlof sal kan vat oor die tydperk.

Die ablusies is oud maar netjies en skoon. Die karavaanpark beskik oor 24 uur sekuriteit, 2 swembaddens , mini golf , speel kamer en restaurant.

Ons het dit baie geniet.

Groete

Nico

Riana Roos
Nuweling
Aangesluit: 15/05/2011
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

Ons was die langnaweek vir die eerste keer by die Atkv oord by Natalia.  Die kinders het dit baie geniet maar die kampeerders rondom ons was nogal 'n probleem.  Die eerste nag het mense half 12 in gekom en met 'n hengse kabaal kamp opgeslaan, en vandaar af nooit ophou lag nie.

Die ablusiegeriewe was altyd skoon ten spyte daarvan dat die kamp stampvol was.

Die laaste aand het ons bure agter en regs van ons weer 12 uur kamp begin afslaan.  Het julle al gehoor hoe klink 'n tentpaal in die middel van die nag???  Ek dink die oord bestuurder moet gee kampeerders in  en uitlaat na 10 uur in die aand nie. DIe ondervinding was baie sleg aangesien die mense glad nie sag probeer praat het of enige iemand in konsiderasie probeer neem het nie.

Wat van 'n etiket boek vir kampeerders.

Groete

Riana

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Riana,

Baie welkom hier op die Forum, glo jy gaan dit geniet hier tussen ons.

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Hi Nico

Ons gaan elke jaar Junie/Julie Natalia toe, ons is weer die jaar vir die skool vakansie daar, ons staan op staan plek 57, ons moet bietjie by mekaar uitkom.

Ek ry al die dag as die skool sluit.

 

Groete

Albert van Tonder

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi Albert,

Ons sal mekaar daar ontmoet, klink goed. Ek is net bietjie bekommerd dat die wind gaan pla. My wa het net 'n rally tent en die wind ruk hom baie rond. Ek sal maar die nodige toue saambring. Ek hoor by iemand wat al daar gekamp het dat die wind tente geskeur het wat onder gestaan het en geen tent gepla het op die terras nie? Miskien dra julle kennis daarvan. Ek sou eerder gedink het dit is andersom, die terras staanplekke is baie hoër en kyk uit op die see?

Dis 'n puik oord, hoe lank gaan julle staan Albert? (ek hoop net die werk is nie baie nie, sodat ek verlof kan vat)

Groete

Nico

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Riana, welkom op die forum!!! Ja, daardie gedrag van mense wat jy oor kla, sulkes kry jy ook, het geen respek vir die medemense nie, ek glo ook mens moet sulke dinge dadelik, way jy daar is met die oordbestuur opneem, of dan met jou terugkomslag per brief of e-pos jou klagte lug. Ek glo altyd daarin om sulke sake met die hoogste gesag op te neem, maar nie neerhalend of bakleierig nie. Mens kom baie verder deur ordentlik jou saak te stel, en jou voorstelle te maak oor tye wat meer aanvaarbaar is. In die meeste gevalle weet hulle nie van sulke optredes nie, en as dit onder hulle aandag gebring word, kan aan die saak gewerk word. Hopelik het julle dit darem andersins geniet.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi Riana,

Moet sê, dis die eerste oord waar ek die snaakste gedrag by kampeerders waargeneem het. Soos jy reeds genoem het, mense pak die wa die vorige dag en haak sommer sy kombinasie, reg om te ry die volgende oggend.

Ons het ook 'n klein bietjie gepak die vorige aand, maar het 'n klein off road karavaan en laai nie so baie soos met 'n gewone wa nie. Ons het toe die aand gaan slaap en my vrou het wakker geword, so 01:30 die oggend om toilet toe te gaan. Sy maak my toe wakker en toe ons buite kom sien ons ander kampeerders om reg te maak om te ry. Aangesien my dogter ons gevra het om so vroeg as moontlik te ry, besluit ons toe sommer om ook te pak, gelukkig geen pale nie, dit was net die grondseil en die wa wat gehaak moes word. Ek het darem om ons die ander kampeerders die vorige aand gewaarsku en klaar verskoning gemaak dat ons vroeg wil ry. Dis die eerste keer dat ons so vroeg ry en sal dit nie sommer weer doen nie. Hoop nie dit was ons wat julle gepla het nie?

Ek weet nie of dit ander mense pla nie, maar dit grief my verskriklik as ander mense jou sit en dophou sodra jy stop om kamp op te slaan, miskien omdat ons van ons privaatheid hou, en ek bedoel nou nie om met ander 'n geselsie aan te knoop nie. Ek trek dan gewoonlik my bakkie tussen ons en hulle. Die staanplekke by Natalia is darem maar baie naby aan mekaar en die paaitjies baie smal, hoop ek kry geparkeer as ons Jullie gaan kamp.

Groete

Nico

Eben die kampeerder
Ou hand
Aangesluit: 06/04/2011
Inskrywings: 177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg Mpumalanga
Ek sleep 'n 2011 Gypsey Romany met 'n 2012 Ssangyong Korando 2.0 CRDi AWD AT

Leeu,

Ja, ek dink jy sal seker geparkeer kry, maar jy se tereg, die staanplekke is baie opmekaar. Dit pla somtyds n bietjie, want n mens moet regtig jou opslaan beplanning reg he om alles in te pas.

Groete,

Eben die kampeerder

MARLA
Nuweling
Aangesluit: 27/06/2011
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n My baba met 'n Met my man se kar

Ons gaan die afgelope 5 jaar al in die Junie/ julie vakansie Natalia toe en dit bly tops.  Mooi so

Leeu
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 130
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi Marla,

Was julle weer die Junie/ Julie daar gewees, en hoe was dit? Baie Forum lede was daar gewees?

Groete

Nico

Brolloks
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Ons was saam met Marla en JM daar die laaste week van die vakansie.  Dit was heerlik - ons gaan die langnaweek weer! 

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2156
Gebruiker is aanlyn
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

Brolloks, bly om julle daar te kon ontmoet. Puik plek. Net baie stil buite seisoen. Ons was 5 waens op 'n stadium. Buite seisoen naweek was daar die Vrydag-aand 'n klomp jong raasgatte maar die omies het hulle vinnig stil gemaak.

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 13 gebruikers en 45 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JC
  • ClaytonKleynhans
  • JM
  • Boats
  • Francois Malan
  • dracoza
  • Rudo Mare
  • Romeo
  • Hentie7
  • Frikadel
  • Lein Claassens
  • WilleWillemien
  • Ebenhaeser

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.