Serengeti - Globlersdal / Marble Hall
Nuwe forum onderwerpe
Ons was die naweek daar. Die staanplekke was op lekker dik, groen gras en duidelik afgemerk. Daar is ablusie blok vir elke 25 staanplekke. Dit het amper gevoel of mens die geriewe vir jouself het, want daar was gewoonlik niemand anders as mens daar kom nie.
Die bestuurder het vir ons die staanplek gaan wys. Die tarief was R150 per dag en R20 pp as mens op wildsrit wil gaan. Die voerplekke is naby die draad en mens sien gereeld diere daar ook.
Van Pretoria af het ons Middelburg om gery. Die Moloto pad is besig en die pad oor Bronkhorstspruit is baie nou. Dit hang af wat mens sleep, ons het karavaan gesleep. Die laaste 3 km tot by kamp is grondpad en mens moet maar stadig ry, maar dit is nie so erg nie.
Ons sal beslis weer gaan. Ons het R70 pp vir Sondag buffet betaal en dit was lekker boerekos en amper te veel om te eet.
Serengeti
Nog n paar van Sirengeti
ons was 2 naweke terug by serengeti en ons love it
Ons is gereelde kampers by Serengeti. Ons geniet dit baie. Moenie hierdie jaar se musiek en bierfeeste mis nie. Daar is met elke fees kunstenaars wat daar optree - gratis. Na elke 3de naweek wat jy gekamp het, kry jy 'n naweek gratis. Kry jou kaart by ontvangs. Elke keer wanneer ons daar kom vir 'n kamp kan jy die vooruitgang sien. Lekker kamp
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JM
- JC
- ClaytonKleynhans
- Boats
- Francois Malan
- dracoza
- Rudo Mare
- Romeo
- Hentie7
- Frikadel
- Lein Claassens
- WilleWillemien
- Ebenhaeser




.jpg)


Miekie, enige fotos?
"Tommorow is promissed to nobody"