RUBY RIVER LODGE GROBLERSDAL

Annemarie du Plessis
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2011
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida
Ek sleep 'n Ek sleep niks my vriend sleep 'n Sprite Swing 2011 en my. met 'n Toyota Raider dubbel kajuit

 

Dag se aan al die mense wat terug gekeer het huis toe na 2011!

Ek wil vandag iets van my swaar gemoed afkry, en dit is die ondervinding wat ons beleef het by Ruby River Lodge, naby Groblersdal. Ons het vanaf die 24ste Des. 2010 tot die 1ste Jan.2011 daar gaan kampeer met ons spiksplinter-ruik -nog-nuut,  Sprite Swing (sleep permit nog op die agterste venster gesellotape en plasties nog op die matras) gaan kamp. Het al in Oktober bespreek en Deposito betaal met baie selfvertroue dat  Die plek nou die regte keuse was vir ons langverdiende Desember verlof. Ons het Ruby River se webblad deur gekliek en deur gelees, dit lyk sooo rustig daar langs die Olifants Rivier, kleinerige plek met grasbedekte kamp staanplekke ens. Met ons telefoniese navraag is daar vir ons belowe dat geen QUAD bikes en geraas geduld word nie. Ag salig het ons gedink dalk kan ons nog wakker gemaak word soggens met die geroep van 'n ou visvangertjie of ietsie......

Die dae gaan rustig verby, dis net onmoontklik warm, sonder 'n koeltekolletjie in die kampeerplek, maar wat dis mos maar DESEMBER en ons verwag hitte. Toe die 29ste Des aanbreek word ons wakker van 'n tamaai geraas, ek se vir die liefde langs my, Pieta ek het nie geweet Kayalami is so na aan Groblersdal nie. Ons grootste vrees word bewaarheid. Nuwe buurman het 'n Lorrie met 6 Quad Bikes wat hy langs ons Sprite kom staan maak. Die tente word gespits en die kindertjies kannie wag vir pappa om die monters van die lorrie af te laai nie. Dit word gejaag en "gewealy" tot 11 uur in die nag. Ek het nie geweet 'n mens kan met 'n Quad wat 4 wiele het, op 2 wiele tussen die tente en karavane jaag nie...en nog jou draaie kry nie. In die middag hitte span pappa en mamma en die jong Quaders in die swembadtjie uit met die Blacklabel enGLAS GLASSE WYN al om die swembad uitgestal. Jy moet vir jou 'n weg baan tussen die bier en wyn deur om ook in die swembad te kom.

Die 31ste breek aan en die pappa van die lorrie en Quads se matriek seun en sy 8 pelle daag op met die res.. Klein motortjies met HENGSE GROOT SUBHOVER musiek. Toe begin die party op volle dreef. Daar word geQuad en geDOEF DOEF DOEF, dat ons ou nuwe karavaantjie skoon rittel en skud.

Ons masjeer op na die Bestuur en kla steun en been. Met skouertjies opgetrek tot onder sy addamsapel se die mannetjie by bestuur, "JAMMER TANNIE ONS KAN NIE ALMAL GELUKKIG HOU NIE"  Die 1ste oggend van 2011 slaan ons tent en nuwe karavaan op om 5 uur die oggend, van die visvanger se geroep het ons niks gehoor nie. Maar ons ken elke smartlike liedtjie van DIE HEUWELS IS FANTASTIES, tot DIE ANTWOORD EN die TUINDWERGIES se woorde uit ons koppe want, dis so in GEDOEF ek glo nie ek sal dit gou vergeet nie.

Kortliks 'n vriendelike waarskuwing BLY WEG VAN RUBY RIVER LODGE, dit was 'n nagmerrie. En ons is ou kampers wat nie spesiale behandeling verwag nie, net 'n klein bietjie respek van ons mede kampers..

 

Annemarie

 Hak en ry.....

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Dankie Annemarie. die plek was nie op my 2011 lysie van kampplekke nie en sal nou defnitief nie op my lysie kom nie. Ek hou al die kommentare oor kampplekke dop en gebruik dit om my beplanning te doen.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Mmmm - ongelooflik hoe een groepie 'n hele kamp kan versuur.

Ons ry self met quads in die veld. In die kamp staan hy stil en ons start eers na ontbyt. Dan klim ons op en ry uit die kamp uit die veld in.

Dis jammer dat bestuur nie die gedrag vas gevat het nie, maar dalk 'n tikkie onregverdig om die hele oord vir altyd af te skiet oor een groepie besoekers op 'n stadium in tyd.

Volgens die webwerf lyk dit na 'n mooi kamp. Gee ons asb meer terugvoer behalwe net oor die slegte ondervinding wat julle beleef het?

 

Groete,

Jacques

 


 

Mnr Venter
Super sleper
Aangesluit: 30/11/2010
Inskrywings: 358
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

Wel as mens na hulle webtuiste kyk en die aktiwiteite kan jy mos maar dink dat jy nie 'n stil tyd gaan he nie. Plekke wat quadtrails adverteer moet jy mos maar weet hulle gaan tussen jou deur ry. Jou gemiddelde biker/quadbiker se pitte is sy koppie is mos maar min. Jy moet hulle dophou, al start hulle eers na ontbyt is dit 'n ge rev ens. Hulle kan nie start en idle tot waar hulle wil wees nie, daai handjie op die petrol beweeg die hele tyd op en af. Selfde mentaliteit as die klomp wat "groot en belangrik" voel as hulle hulle musiek kliphard in die kar speel vir almal om te hoor. Nog nie volwasse geraak nie. Dink hulle impress die girls en ander ouens met hulle bikes en harde musiek, maar al wie hulle impress is die ander gomgatte.

Gaan na 'n top oord wat quads/motorfietse toelaat en jy sal sien jy mag nie ry of eers start tussen ander kampers nie. Jy moet jou goed sleep tot waar jy met hulle gaan ry. EN dit behoort vir enige ou 'n aanduiding te gee of dit aanvaarbaar is om jou quad selfs te start tussen ander kampers, al is dit na ontbyt.


JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

So wanneer kom ry jy saam met my quad Mnr. Venter?

Dalk tyd dat jy bietjie met die gomgatte meng?

 

Groete,

Jacques

 


 

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Ek sal nou nie sê dat alle quadbikers gomgatte is nie, maar daar is defnitief 'n paar warmkoppe onder hulle. Ek het ook 'n pyn met die ouens wat hulle quads so jaag en rev in die kamp gronde.

As hulle dit start en rustig sonder 'n gerev uit ry is dit nie 'n probleem nie, maar dan kry jy die PETROLHEADS wat as hy hom start dan moet hy vir jou wys hoe hy rev....................werk nie vir my nie.

 

Groete

Albert van Tonder

Sanaco
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 148
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Audi Q7, 4.2 V8

 Ons was nou al 'n paar keer by Ruby River Lodge, moet sê die plek het agteruit gegaan. Ek het dieselfde behandeling by die bestuur gekry die laaste keer wat ons daar was.

Ons het nie een keer gekamp nie, maar byna die hele oord uitbespreek met geleendhede. Ongelukkig het hulle dan ook die goggas begin toelaat om in die park in te kom met die quads. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek het my twee quads ook daar gehad, maar soos in die begin, is hulle bo by die hek afgelaai, by die baan wat daarvoor gebou is, soos die reëls sê ek moet doen!

Die plek was 'n juweel, let wel, WAS!

Jaco, Sanette, Rohan, Pierre en Zelne van Zyl 

In die Skuilplek van die Allerhoogste ervaar ons dag na dag die Nabyheid en Beskerming van die Here

Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 548
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Ai dit is jammer as die die bestuur slapgat is en nie die gomgatte kan vasvat nie. Ek wonder hoekom daar altyd een staanplek se kampers is wat alles opdons vir die ander.

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Ongelukkig is dit nie die eerste klagte van die aard waarvan ek hoor nie. Ruby River was altyd een van die beter oorde in daardie omgewing maar is tans besig om agteruit te gaan. Of dit net die bestuur is wat slapgat is en of die eienaar dit toelaat sal ons nie weet nie.

Ek het niks teen quad eienaars wat mede kampeerders in ag neem en op plekke gaan ry waar hulle niemand pla nie, maar wanneer daar met quads tussen tente en karavane rond gejaag word begin my bloed kook. Wanneer gaan een van daai quads iemand raak ry en wat gaan die eienaar dan se?

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1162
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n Ford Ranger 2.5 TDi

Annemarie,

Welkom op die forum.  Ek hoop dat jy nie net hierheen gekom het om ons te vertel van julle slegte ondervinding nie!  Snaaks genoeg, sal jy sien dat die meerderheid van mense wat kla oor oorde dit hulle eerste inskrywing is op die forum en met party van hulle ook die laaste.

Jy weet daai "ek sal die oord wys, ek gaan registreer op al die forums wat ek kan en vir die mense vertel van my slegte ondervinding"

Indien ek verkeerd is, jammer daarvoor, skop my slaan my, doen net wat jy wil.  Moet my net nie vloek nie want dan gaan jy met Nikki te doen kry! 

Groete

Piet Pretorius

 

'n Hele week se kamp in slegte weer is nog steeds beter as een dag op kantoor!

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

JacquesR wrote:

Gee ons asb meer terugvoer behalwe net oor die slegte ondervinding wat julle beleef het?


 

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Interesant dat ons maar altyd moet veralgemeen??? Ek ken baie ouens wat quads ry en baie van hulle is beslis nie gomgatte nie, maar ja daar is beslis ook van hulle wat seker wel gomgatte is.

Alhoewel ek nie self een ry nie respekteer ek hulle tot een individie vir my die teendeel bewys en dan is ek net teen hom/haar en nie almal nie. Ek het self vir my kleinkinders quads gekoop met die voorwaarde dat hulle net op die aangewese plekke met hul ry. Maar ek het ook 'n nuwe intrekker in ons [baie stil] straat, wat op Sondae sy super bike en al hul quads "tune" - lyk my hy glo dat hoe meer jy die ding ref terwyl hy op sy stand staan sal alle foute hul self regmaak, sien hom nooit iets verstel nie, die goed word net geref tot vervelens toe!!

As hul nou goed warm is na so uur se geref word daar in die straat heen en weer voor my huis op en af gejaag tot groot ontsteltenis van my honde - gevolg - een helse geraas!!

Mnr Venter - om te se alle quad ryers is gomgatte is net so verkeerd as om te se alle kampeerders is barbare omdat een of twee hulle nie kan gedra nie.

Terloops, om 'n quad te ref is dit nie die "regterhandjie" wat op en af gaan nie maar net die regter duim wat vorentoe en agtertoe gaan, kyk mooi en jy sal sien daar is 'n verkil tussen 'n bike en 'n quad!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Dankie vir die waar woorde Arie!

Hier is 'n fotokie van my en my gomgat gesinnetjie!

 


 

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Jacques

Julle lyk darem nie vir my na te "bad" gomgatte nie.   En daai een op die rooie lyk vir my geensins na 'n gomgat nie.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

He he - dankie Stoffel!!

Lekkue ek sê vir jou my tjomma!

 


 

Annemarie du Plessis
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2011
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida
Ek sleep 'n Ek sleep niks my vriend sleep 'n Sprite Swing 2011 en my. met 'n Toyota Raider dubbel kajuit

Hello julle, dankie vir al die kommentaar. Ek is jammer as ek laat blyk het die Quad ryers is Gomgatte, dis nie die geval nie, want dan is die jong outjies met hulle musiek seker Raasgatte? Nee daar was wel mense wat baie sag tewerk gegaan het met hulle bikes ens. Ek blameer die Bestuur van die kamp ten volle dat hulle nie eens een keer die moeite gedoen het om te kom kyk hoe dinge in die kamp verloop nie. Glo my ons was nie die enigste mense wat gekla het nie, daar was wel ander. Ons het nie een keer gesien dat Bestuur 'n draai maak en kyk of alles wel is nie.

Annemarie

 

Annemarie

 Hak en ry.....

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Ek sal nie daai een op die rooi fiets 'n gom gat noem nie.....................sy klap jou dalk dat jou gat soos gom op die pad vas sit.

Jy sê nie vir 'n vrou sy is 'n gomgat nie.

 

Groete

Albert van Tonder

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Annemarie, ek sien nerens in jou skrywe dat jy na "gomgatte" verwys nie, teendeel ek glo jy het rede om gegrief te voel en jy het niemand te na gekom met jou geregverdige kritiek nie.

Verder aan op die draad moes mense [weereens] veralgemeen en almal onder die selfde kan skeer - dit is so verkeerd!!!

Ek het jare terug gelees van 'n Afrikaanse Predikant wat met kinders gelol het - ek kan mos nou onmoontlik die stelling maak dat alle Afrikaanse Predikante pedofielle is???

Swak mense kry ons ongelukig op alle vlakke in die lewe net so in alle rasse en geslagte! Gelukig is daar darem ander mense [ook op alle vlakke, geslagte en rasse] wat goed opgevoed is en ander mense in ag neem.

Ek glo ook dat mens ook nie te gou moet kla nie [en ek se geensins dit is wat jy gedoen het nie] ongelukig kry jy mense wat heeldag sit en kyk as sy medemens/kampeerder erens 'n fout maak en dan moet hulle dadelik daaroor gaan kla en moan - partykeer moet ons ook maar geduldig wees en die ander so bietjie toelat om uitbundig te raak en hulself voluit te geniet, om so nou en dan uit te haak is net goed vir mens se senuwees?

Ek los maar my buurman met sy geref en gejaag in die straat, dit is darem net so twee ure per week, ek gebruik nou daai tyd om my honde met die trokkie veld toe te vat sodat hulle lekker kan rondhardloop. Sodoende hoor ek nie die ou nie, my honde geniet dit baie en kry oefening, en my buurman geniet sy geraas - nou is almal happy!

Jaques, ek het dan nog altyd lyk my 'n wanindruk van "gomgatte" gehad - julle lyk vir my na heel ordentlike mense wat hulself geniet?!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1162
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n Ford Ranger 2.5 TDi

JacquesR wrote:

He he - dankie Stoffel!!

Lekkue ek sê vir jou my tjomma!

 

Nee wat Jacques julle lyk darem vir my net na klein gomgatjies op groot quads nie grotes op klein quads nie!

Ek verkies nog maar twee wiele.

Lekker bly.

Piet

 

'n Hele week se kamp in slegte weer is nog steeds beter as een dag op kantoor!

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Netso Annemarie - dis ons agbare Mnr. Venter wat met die Gomgatte begin het.  

Ek sal nog graag wou hoor wat jy nog vir ons kan vertel van die oord? 

 

Allas - jy praat soos 'n man met baie ondervinding. Toe sy swanger was, was ek baie versigtig en gehoorsaam.  

Dankie Arie!  

Netso Piet! Daai 700cc KingQuad is 'n bees hoor!! Skreiend om te beleef wat die masjien kan doen. 

 

Groete,

Jacques


 

Annemarie du Plessis
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2011
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida
Ek sleep 'n Ek sleep niks my vriend sleep 'n Sprite Swing 2011 en my. met 'n Toyota Raider dubbel kajuit

Hi Jacques, jy hou aan vra wat ek nog kan vertel ne? Wel die omgewing by Ruby is regtig mooi, ek hou van die Bosveld en ja jy kan maar se dis die begin van die bosveld doring bome ens. Verder gaan ek nou vir julle vertel wat met Pieter , my vriend, gebeur het een middag (dis nou voor die Gommies en die Lawaai Gatte  ons kom versuur het. Dit was baie warm en ek het myself met my waterverf en kwaste sit gemaak op 'n lekker Campmaster stoel (dis nou een van daardie met die sakkies en plekkies en houertjie vir my glas koue wit wyn, die wyn is net om die inspirasie en motiveering en talent vir skilder aan te wakker....)      Pieta sit so entjie nefens my onder 'n sambreel, toe daar so 'n pienk Uno motortjie, stadig by ons verby ry en voor Pieta stilhou. Die swartman leun toe so uit by die venster, stoksiel alleen in sy Unotjie en hy vra vir Pieter in die suiwerste Afrikaans: "Jy lyk soooo alleen, kan ek maar so bietjie daar by jou kom sit en gesels"?  Ek lag toe so dat ek van die koue voggies heel oor my waterverf prentjie stort.  Ek sal nie vir julle vertel wat Pieter se antwoord was nie.

Ons het 2 Jetski's waarmee ons baie Mosambiek en Bronkhorstbaai toe gaan. Maar die keer het hulle by die huis gebly want, ons was lus vir kampeer en nie watersport nie. So ja as ons op hulle karjakker op die dam en see is ons seker ook maar 'n klompie "NAT GATTE" of wat se ek?

 

Annemarie

 

Annemarie

 Hak en ry.....

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ons het lank terug (April 2006) lekker daar gekamp met die Quads.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Dankie Annemarie!

Hoe lyk die ablusies? Genoeg warm water?

Hoe lyk die staanplekke?

En die swembadarea? Ook warm swembad?

 

Gomgat aan Natgat groete,  

Jacques

 


 

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Jacques, het so 18 maande terug daar gekamp en dit baie geniet, die "gomgatte was nie daar daai tyd nie!

Ablusies was altyd skoon en netjies, nooit 'n probleem met warm water gehad nie, en soms baie lekker ge-eet by die restaurant, mooi uitsig van die dek oor die rivier.

Ons het ook baie lekker op die water gespeel met die kayaks, nie vreeslike witwater nie maar op my en my vrou se ouderdom soek ons in elk geval nie meer die "grade 5' of meer witwater nie!

Kon ook die "inflatable" so 2 kilos stroom op vat, moes maar versigtig wees, heelwat klippe/rotse in die water, maar nogal heel lekker om stroomaf te gaan deur die bietjie witwater!

Daar is waarskuwing bordjies vir krokodille, maar ons het in die 6 dae net een gesien vanuit die kayak op die oorkantse oewer - glo nie hulle sal 'n groot probleem wees nie.

Kan jou niks se van die Quad baan nie, ek is soos Piet, verkies maar die twee wielle ding, so ek was nooit by die quads nie. Te oordeel aan die ouens se gesigte as hulle terugkom het dit gelyk of hulle dit baie geniet het!

Hoop bogenoemde help so bietjie!

Groete van die "armgat" aan die "gomgatte" en "natgatte"

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ah - baie dankie Arie!

Dit klink goed!!

 

Gat-groete,  

Jacques


 

Annemarie du Plessis
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2011
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida
Ek sleep 'n Ek sleep niks my vriend sleep 'n Sprite Swing 2011 en my. met 'n Toyota Raider dubbel kajuit

Hello Gomgat Jacques,  die Ablusie geriewe is goed by Ruby daar is heeldag deur warm water want, hulle stook die "donkies" goed. Die groot swembad by die Onthaal area en Kapel is baie mooi en redelik groot, maar dit is so 'n entjie weg van die Kampeer area, so 'n mens is dalk so 'n bietjie Lamgat as jy heen en weer stap van waar jy kamp. Die ander 2 swembaddens by die kampplek is bitter klein, veral die een. Ek het dit nie gewaag om daarin te gaan nie want, ek vertrou nou maar eenmaal nie die 20 Dikgat mans en vrouens wat vir 4 ure aaneen in die bad sit en broei met 'n dop in die hand en nie een keer 'n draai gaan loop nie........?

Koelte vir jou tent en karavaan is daar glad nie, die son het ons behoorlik om 9 uur soggens uit die karavaan en tent gebak, dit raak aardig Warm gatterig daar.

So 'n kort opsomming: Jy kan met jou Dikgat in die klein swembadtjies gaan sit en 'n lekker Natgat kry en afkoel met jou dop in die hand. ...Jy kan na die Groot swembad toe stap en Lamgat terugkom... Jy kan darem jou Vuilgat gaan skoonwas in die ablusie met lekker warm water....

Ek hoop dit beantwoord jou vrae, maar dit klink vir my jy is 'n Nuusgierige gat, so hoekom gaan maak jy nie BUITE SEISOEN 'n draai daar nie, (klein hondjies word ook toegelaat, die stout gatte...) en gaan kyk self.

Groete Annagat

 

 

 

Annemarie

 Hak en ry.....

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hehe - dankie Annemarie!

Ek dink hierdie is nou die gat-ste draad op die hele forum!!  

Mmmm - bang vir die hondjies - ek kamp nie lekker saam met die dierekinders nie...  

 

Groete,

Jacques

 


 

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Ek hoop Annamarie gaan nog n ou-gat word op die Forum

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Perdeby, as ek so haar "tong in die kies" inskrywings lees, sou ek se sy is klaar Ougat!?

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Deewee
Super sleper
Aangesluit: 11/02/2010
Inskrywings: 314
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

Skuus ek skrik nou eers wakker, seker maar 'n gatslag...

Hier is so paar foto's van die quad baan.

Hulle het die speel plek, en dan 'n "flat track". Ons het so 2 ure gespeel, en toe maar buite die oord verder gaan speel. Ek is nie gebou vir spoed nie.

 

Is die glas half leeg, of net twee keer groter as wat hy moet wees?

Annemarie du Plessis
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2011
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida
Ek sleep 'n Ek sleep niks my vriend sleep 'n Sprite Swing 2011 en my. met 'n Toyota Raider dubbel kajuit

Goeie dag almal, dankie vir julle antwoorde, ek het net begin dink ek maak dalk 'n gat van myself met al die gekla.  Bly om te sien ander mense het ook 'n goeie sin vir humor...

 

 

 

Annemarie

 

Annemarie

 Hak en ry.....

Wie's aanlyn

Daar is tans 14 gebruikers en 45 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JC
  • ClaytonKleynhans
  • Boats
  • Francois Malan
  • dracoza
  • Rudo Mare
  • Romeo
  • Hentie7
  • Frikadel
  • JM
  • Lein Claassens
  • WilleWillemien
  • Ebenhaeser
  • Harry Du Randt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.