olifants river loge
Nuwe forum onderwerpe
Ek het die naweek by olifants river lodge gekamp was baie lekker gewees, Saterdag aand beleef ons toe n hewige storm, en ons tent skeur, die personeel het tydens die storm rond beweeg om te kyk of almal okey is en het vir ons n rondawel aan gebied vir die nag, hulle het regtig moeite gedoen om om te sien na almal wat daar gekamp het
Ek sal dit nie eers orweeg om daar te gaan kamp nie, dit is so 12km grond pad.
Hi Elsabe,
Wat sleep julle? die pad is nie so sleg as jy baie, baie stadig ry nie. Dit is 'n grondpad - ek het nog geen grondpad gesien wat so glad ry soos 'n teerpad nie. Soms wil mens te vinnig ry en jy sal dan jou wa beskadig. Ons het lekker gekamp by die oord.
Groete
Nico
Ons het lekker gekamp by die oord.
Groete
Nico
Nico ek sien al lank hul advertensies en is nogal lus om soontoe te gaan.
Sal dit moontlik wees om 'n klein "Inflatable" boot met 'n motor daar te gebruik?
Indien wel weet jy dalk hoe ver is die rivier bevaarbaar?
Sal bly wees om terug voer te kry,
Dankie
Hi Arie,
Ek dink dit sal moontlik wees om die inflatable te gebruik. Die rivier is redelik breed by die kamp.
Jammer, maar ek het nie werklik opgelet of die rivier diep of lank genoeg is, toe ons daar gekamp het nie. Daar is wel trap bootjies te huur by die oord.
Hoop dit sal help. Ek het ook nie die naweek fotos geneem nie.
Groete
Nico.
Leeu, baie dankie vir die terugvoer, sal die plek nou beslis op my lys sit om die jaar te besoek!
Arie, dis nou 'n puik tyd om te gaan, al die "gemors" is weg gespoel met die reen, en jy kan van die ou Middelburg pad af tot daar "raft" en 'n paar goeie "rapids" trotseer.
Pas net op vir die brug se parte wat dalk nog soek is...

waar is die oord, en kan mens visvang daar?
Arie, dis nou 'n puik tyd om te gaan, al die "gemors" is weg gespoel met die reen, en jy kan van die ou Middelburg pad af tot daar "raft" en 'n paar goeie "rapids" trotseer.
Pas net op vir die brug se parte wat dalk nog soek is...

Deewee, dankie - sal beslis daar 'n draai gaan maak!
Sonet jy kan daar visvang dis ander kant Middleburg
Google die plek alles is op hulle tuisblad
Dankie baie Shark ek sal gaan loer, ek google so in die laaste tyd ek gaan een vanni dae vol kennis oor kamp plekke wees as ek so aangaan. 
Vir mense wat van Johannesburg N12 of Pretoria N4 se kant af kom sal Middelburg toe moet ry deur die Tolhek op die N4. Die brug op die OU Witbank / Middelburg pad is laas naweek verspoel en sal buite werking wees vir ten minste 6 maand.
Gaan die naweek vir die eerste keer die oord besoek. Hoe is die oord en is die badgeriewe darem skoon, dit is nogal belangrik . Sleep Explorer 4x4 karavaan met Hilux 4x4 hoop die stukkie grondpad is nie te erg, bakkie en karavaan het darem die Kgalagadi paaie oorleef in Sept 2011 behalwe die Jockey wiel van karavaan het gebreek.
Dankie
Jane
Die badkamers is baie netjies, was weer daar gewees in Januarie, het
ook pertritte vir die kinders, en die grondpad is nie so erg nie, lekker kamp
Ons was so tydjie gelede daar gewees. My eerste vraag was ook of mens daar kan visvang en watter tipe vis vang mens daar? Ek was verseker dat daar van die kant van die rivier gevang kan word. Woonwa gepak en die pad gevat Olifantsrivier Lodge toe.
Daar aangekom moes ek baie mooi kyk waar mens nou eintlik visvang. Wel, dit was nou nie wat ons ingedagte gehad het nie. Tensy die regte vlieghengel toerusting gebruik word bedoelende 'n bootjie dan sal daar seker verder rivier af gevang kan word. Die ape en perde was nogal lastig en gevolglik was ons ervaring glad nie so aangenaam nie. Inteendeel dit was maar telleurstellend, soveel so dat ons voor die tyd opgepak en huis toe gegaan het.
Die grondpad was sinkplaat toe ons laas daar was. Alles skud behoorlik los. Nee wat, Olifantsrivier Lodge sien my nie weer nie.
HET LANK IN MIDDELBURG GEBLY EN GEREELD DAAR GEKOM. MOOI KARPE DAAR GEVANG. GAAN STAP AL LANGS DIE REVIER OF OP DIE BERG BROODBOME MAAR KYK NET ASB VISVANG KAN DALK NIE MEER GOED WEES NIE AGV STEENKOOL OOPGROEFMYNE WATERBESOEDELING.HUUR OOK N KANO DAAR. LEKKER DAAR GEVRY EN GEDANS TOE EK JONK WAS.
MAAR GAAN KYK EN LAAT ONS WEET ASB.
LEKKER GROETE UIT DIE NOORDE
Sien hier doen jy dit ook nog, het jou nou net op die ander Forum geandwoord.
Johan,
Ek sien jy kom/is ook van die army kalieber. Ja ek het jou hard en duidelik gehoor.
LMGA
In rekenaar of e-pos terme skree jy as jy met HOOFLETTERS tik, dag ek sê maar net
Ons was so tydjie gelede daar gewees. My eerste vraag was ook of mens daar kan visvang en watter tipe vis vang mens daar? Ek was verseker dat daar van die kant van die rivier gevang kan word. Woonwa gepak en die pad gevat Olifantsrivier Lodge toe.
Daar aangekom moes ek baie mooi kyk waar mens nou eintlik visvang. Wel, dit was nou nie wat ons ingedagte gehad het nie. Tensy die regte vlieghengel toerusting gebruik word bedoelende 'n bootjie dan sal daar seker verder rivier af gevang kan word. Die ape en perde was nogal lastig en gevolglik was ons ervaring glad nie so aangenaam nie. Inteendeel dit was maar telleurstellend, soveel so dat ons voor die tyd opgepak en huis toe gegaan het.
Die grondpad was sinkplaat toe ons laas daar was. Alles skud behoorlik los. Nee wat, Olifantsrivier Lodge sien my nie weer nie.
Was laasjaar by Olifants River Lodge en het heeltemal teenoorgestelde ervaring gehaad, ek het nie eers geweet daar was ape nie?!
Dalk het te naby aan die perde gaan kamp? Het hulle gladnie gehoor nie so ek kan nie verstaan hoe kan 'n perd lastig wees as hy in 'n kamp is nie?
Die badkamers is baie netjies en ek hou van die manier hoe hulle gebou is.
Die grondpad is maar sinkplaat pad maar as jy stadig ry rn kyk waar jy ry behoort dit nie 'n probleem te wees nie.
Ons het lekker daar gekamp!
Ek sal gou soek vir 'n paar foto's.
Hier is 'n paar foto's, ek dink my pa het nog van die badkamers ens.
Sal dit ook kry en kom opsit.

Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Boats
- JC
- Francois Malan
- dracoza
- ClaytonKleynhans
- Rudo Mare
- Romeo
- Hentie7
- Frikadel
- JM
- Lein Claassens
- WilleWillemien
- Ebenhaeser
- Harry Du Randt

.jpg)

Hallo Alida
Hoe lyk die pad soontoe? Ek het gehoor die grondpad is maar baie, baie sleg en jou hele karavaan ruk uit mekaar uit. Is dit so?
Dankie
ELSABE WOLMARANS