Karavaanpark naby Kruger
Nuwe forum onderwerpe
Anton.
As Nelspruit nie te ver van jou eindbestemming is nie kan ek Natures Gate aanbeveel. Dit is so 10 km voor Nelspruit langs die N4. Vir oornag is dit ideaal.
Groete.
Sien Andre het my voorgespring.![]()
Beste Anton Styger
Ek is oortuig dat ons al saam gekamp het inVSA naby Gonubie. Ek is net nie seker of ek nou met die Pa of een van die seuns gesels nie.
Wat 'n verrassing! Desember 2010 weer deur Burgersdorp gery VSA toe, en eers vleis gekoop.
Hoop daar is wildtuin oor om na te gaan na al die oorstromings.
Groete
Wessel Strydom
Ja, Wessel, jy gesels met die pa! Hoe klein is die wêreld tog! Hoop daar is wildtuin oor.
Dankie julle ander manne vir die vinnige reaksie. Dit gebeur altyd hier op die forum.
Groete
Anton
Anton
In hazyview is daar 2 karavaanplekke... Een by die Numbi Hotel en die ander een is Tranquile Nest Park.
Altwee baie nice, (by Tranquile Nest het jy jou eie privaat Ablusie geriewe) en dan kan jy ook sommer baie vroeg ingaan want dis maar 15km van die naaste hek af en dan lekker rustig deurry van Phabeni hek af tot by Krokodilbrugkamp.
Hoop dit help.
Groete
Marlo
Marlo,
Dankie vir jou antwoord.
Hoe lyk die pad van die N4 af Hazyveiw toe? Deesdae moet 'n ou eers kyk hoe lyk die pad, voor jy hom met 'n karavaan aandurf.
Groete
Anton
Anton
Waar mens van Nelspruit af afdraai Witrivier en Hazyview toe is daar geen Probleme op daai pad nie... pragtige teerpad met net voor Hazyview so 3 kleinerige potholes in die pad. Meer na die linkerkant van die pad toe.... maar dis al.. verder gaan jy heel gemaklik ry tot in Hazyview.
Ons was self nou so 3 weke terug daar gewees met ons boswa en het heerlik gekamp by Tranquile Nest... Al wat bietjie gepla het was die padgeraas wat naby die kampeerplekke is. Maar verder het ons lekker gekamp. Ek dink vir een aand se oorstaan is en ige van hierdie 2 kampe ideaal.
Geniet dit
Groete
Marlo
Anton,
almaal is reg , die plekke aan gewys kan nie verbeter nie ------- maar as jy naby krokidilbrug wil wees , wat ek persoonlik dink is die beste area in die park ,vernaam die S28 kan jy gerus Marlothpark karavan park probeer jy is dan so 15 km van krokedilbrug af.
as jy gaan, hoop ek julle geniet dit daar , laat ons weet hoe dit dan lyk na die baie en pragtige reen wat hulle gekry het.
Dankie vir almal se reaksie. Dis nou een ding van die Forum, vra en jy kry spoedig terugvoer!
Dan, Eric, die eerste oornag sal min of meer by die vaalrivier wees. Sal Koppisol reg wees?
Dankie
Anton
Beste Anton
Ek sal vir jou uitvind by my swaer wat in Marloth bly, maar ek is van mening dat mens 'n hele entjie slegte grondpad ry vanaf die N4 om by Marloth se kamp te kom.
Vandaar kan mens ook met grondpad, kortpad vat Komatipoort toe, om binne komati uit te kom. Die pad is gewoonlik beter as die wat jou terugvat N4 toe.
Groete
Wessel Strydom
Wessel,
Ek het verlede jaar skade aan die palma opgetel met lelike pad, onder andere die grondpad Silverstreams toe, so ek is redelik kopsku vir grondpad en vir paaie met verleggings en groot potholes, maar vind uit hoe dit daar lyk en laat weet my asseblief.
Groete
Anton
As jy in die Vaal wil oornag kan jy ook by Klipdraai in Meyerton oorstaan.
Dis slegs so 2 tot 3 km van die snelweg af met bitter min verkeer en goed.
Na my mening is Natures Gate by Nelspruit die mees geskikte vir jou.
Dis teen die N4 en kan jy vroeg die volgende oggend verder met die N4 na Krokedilbrug ry.
Die N4 tussen Nelspruit en Malelane het baie skade gekry met die onlangse verspoelings.
Maak seker van sy toestand teen die tyd dat jy dit wil gebruik anders sal jy dalk maar Skukuza en Onder-Sabie langs moet ry.
Tranquil Nest is puik maar die kleur van my geld is verkeerd om hulle tariewe te kan bekostig.
Anton
Wessel js.
goeie dag aan almal.
wessel ek stem saam met jou oor die grond pad vanaf Maroth tot by die n4 ( darem nie so sleg nie , meskien sanderig ja.) maar nou die goeie nuus vra asb. jou swaer of die pad wat vanaf Marloth verby Ngwenya lodge gaan al geteer is .ek en my vrou was laasjaar september 2011 daar toe was hulle druk besig om die pad te bou . ek glo dit behoort mei maand klaar te wees , dan isal die probleme op gelos wees.
Hi Anton
Daar is ook n karavaan park in Komatipoort as jy net wil oorslaap!
Dankie vir almal se terugvoer. Die prentjie begin nou vorm aanneem.
Groete
Anton
Beste Anton, Eric
Terugvoer van my swaer is as volg;
Eerste ingang vanaf Nelspruit is ongeveer 6km grond, waarvan toestand kan wissel tussen baie goed tot sleg, hang af wanneer laas geskraap. Hy ry die stukkie gereeld met sy Penta, net stadig.
Die ander pad, voor Ngwenya verby is steeds onder konstruksie, die teer taak vat baie langer as verwag. Baie verleggings, baie trokke en konstruksie werk, dus hy beveel aan om weer met "1ste" pad terug te ry N4 toe, en dan teerpad om na Komatipoort.
Hy gaan April weer soheentoe, en sal of via my, of self terugvoer gee op die forum.
Anton, die pad kan sekerlik nie slegter wees as die ene VSA toe nie. Daar het ons ook maar stadig (<20km/h) ingekruip soms.
Groete
Wessel
Dankie Wessel. Ja ek het al vergeet van VSA se paadjie!
Groete
Anton
Sien op Google Komatipoort het ook 'n karavaanpark. Weet iemand iets van die park?
Anton
Anton
Ons het al daar oorgestaan. Dis n munisipale karavaanpark, dus moet jy nie baie verwag nie.
Toe ons laas daar was was daar 'n sekuriteitswag aan diens gewees maar mens voel maar nie te gemaklik nie. Dit het vir my gevoel dis net TE naby Mosambiek en almal sien jy staan daar... ook van die pad af is dit oop. Daar is wel omheining rondom die park.
Ek sal veel eerder in Hazyview gaan oorslaap die aand en dan vroeg by Phabeni ingaan. Dan vermy jy ook sommer daardie ekstra tolhek by Malelane... hy kos al oor die R40.
Dan het jy die hele dag in die park en kan jy rustig aanry tot by jou kampplek.
Hoop dit help.
Die paaie van die N4 af Marloth Park toe is albei baie sleg op die oomblik en ek sal nie met my karavaan op hulle ry nie al ry jy baie stadig. Die N4 is nie so sleg beskadig soos almal se nie. Die Karavaan park in Komatipoort is heel skaflik en is 11km vanaf Krokodilbrug.
Dankie vir die raad, elke bietjie word waardeer.
Groete
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Boats
- Francois Malan
- JC
- dracoza
- ClaytonKleynhans
- Rudo Mare
- Romeo
- Hentie7
- Frikadel
- JM
- Lein Claassens
- WilleWillemien
- Ebenhaeser
- Harry Du Randt
- willie Rautenbach
- Doepie





.jpg)


Ek sleep 'n Spilkatdop met 'n Draad Karretjie
Hi Anton,Probeer gerus Naturesgat in Nelspruit ons begin Desember 2011 daar oor gestaan toe ons by Krokedilbrug in is Onder Sabie toe.
Kamp groete
Andre
Ons het net een lewe laat ons hom geniet
Andre & Hannetjie
Ons sleep n 1985 Jurgens Exclusive LT met n 1998 Nissan Hardbody 3000i