Elangeni
Ek het in n vorige Weg Sleep n stukkie oor Elangeni gelees op die ingewing van die oomblik vir n week in Desember 2010 bespreek.
Elangeni is n 3 ster oord so 18 km vanaf Waterval Boven op die N4 na Nelspruit. die kamp le teen die Elandsrivier waar n visserman n paar visse gevang het. Die visvang plekke is egters skaars omdat die rivier redelik toegegroei is met riete.
Daar is n koue swembad en n speletjies saal waar die kinders die meeste van die tyd deurgebring het terwyl dit so gereen het. n Noodwinkeltjie by ontvands met brood plaasmelk ys koeldrank ens.
Die eienaar verbeter nog voltyds aan die oord en was besig om n rolstoel badkamer en wasgoed wasmasjiene te voltooi.Die badkamers is silwerskoon maar redelik ouerig en altyd genoeg warm water.
Die enigst groot nadeel is die N4 wat so 200m vanaf die kamp verbyloop. Van die kampers het gese die voertuie pla hulle maar was nie steurend vir my nie.
Die eienaar was byna permanent in die kamp besig en het gereeld kom gesels en hoor of als reg is. Vir ons was dit n heerlike nat week en die kamp verdien sy sterre.
Snags het n wag met n hond die kamp patrolleer.
Kampplekke is nie gemerk nie. Die bome vorm die meeste van die plekke en n mens kamp waar jy wil.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- dracoza
- Romeo
- ClaytonKleynhans
- Hentie7
- Adri van Staden
- Frikadel
- Francois Malan
- Boats
- JM
- Lein Claassens
- WilleWillemien
- Ebenhaeser
- Harry Du Randt
- willie Rautenbach
- Doepie
- Jakkals 007
- Christo de Wit


