Badplaas - Lekker

GerrieLouw
Groentjie
Aangesluit: 07/03/2011
Inskrywings: 28
Gebruiker van lyn af.
Plek: The Reeds Centurion
Ek sleep 'n Penta 1995 met 'n GWM Steed 2.8TCI DC

Gits, wat n lekker ervaring was Badplaas nie. Ons was daar van 16 tot 22 Desember 2011

Eerstens die roete: Omdat ons nog nooit gekamp het op Badplaas nie het ons besluit om twee roetes te ry. Die roete soontoe het ons Centurion > Machadodorp > Badplaas gery en die roete terug was Badplaas > Carolina > Centurion. Die pad kondisie op die roete Badplaas toe was heel aanvaarbaar met die slegste stukkie in Machadodorp self. Die pas net na Machadodorp was nogals angswekkend met die mis wat ons gekry het.

Die pad terug van badplaas af was ook in n goeie kondisie vir karavaan sleep. Geen slegte slag gatte enigsins.

Badplaas self: Die personeel by ontvangs was vriendelik en het ons vinnig gehelp

Die grondpaadjies by die kamp terrein was nogals sleg gewees met steil opdraendes en die pad wat dongas het saam met al die reen. Al die staan plekke het voldoende koelte en ons het in Blok B reg teen die waterval gestaan. Die ablusie blokke was altyd skoon en daar was altyd warm water. Daar was stilte in die kamp area elke aand van 8PM af, jy kon n naald hoor val - Baie lekker. Kinders het met fietse in die paaidjies gery en ons was glad nie bekommerd dat iemand met doef doef muskiek in die paadjies ons kinders nie sou sien nie. Daar was nie sulke elemente in die kamp area met sulke cruise doef doef musiek nie.

Swem area: was nogals verbaas om al die witmense daar te sien, baie min ander kleuriges, dit was nou lekker gewees. Almal was goed gedra en die vermaak by die swembad area was baie goed gewees. Daar was lewens redders by al die swempoele gewees.

Daar is hobbels, en n supertube en ook n klein slide by die kiddies se swembad. Die warm water bad was so 34grade celsuis gewees en was nogals lekker in die aand. Verder, die koue swembad was maar die gewildste gewees.

n Mens loop nogals n steil build op en af na die swem area toe, lekker oefening.

Die ATM masjiene was darem elke dag werkend met n "outage" so nou en dan maar dan was hulle weer werkend in die middag.

Die een ding by badplaas is die drink water, vat maar jou eie saam of koop drink water by die winkel op die oord, die drink water is vuil en nie rerig geskik vir drink en so nie. Jy kan die water egter kook en dan gebruik, onthou dan net om die aanpaksel in die Urn of ketel skoon te maak na die tyd.

Alles en Alles was dit nou baie lekker by Badplaas. Ons gaan nou van die 2de tot die 9de Warmbad toe, dink nie ons sal na dese van Warmbad hou vergeleke met Badplaas nie.

 B & Bs is vir sissies

Diederik
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 99
Gebruiker van lyn af.

Hi Gerrie ons het nog net eenkeer daar gekamp en het dit net so geniet sal self ook weer terrug gaan. Die binne huis swembaddens is heerlik net warm maar ook die buite geriewe. Ek was nog nooit in Warmbad se oord self nie meestal by Klein Kariba, Mabalingwa, El Rancho en Sondela. Laat weet wat jy dink van die oord.

Kamp Groete

Diederik

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Gerrie, dagsê. Ek het net gehoor dat oor naweke dit maar donker word by Warmbad. Ek moet sê, ekself het hom besoek so 3 keer per jaar in die jare 1984 tot so 1990 rond, sien verander van die "ou" oord tot die amperse hedendaagse nuwe oord, en baie van my / ons voorstelle met betrekking tot die kampeer area en paadjie na die swemgeriewe was ge-implimenteer destyds. Ons het hom drie  weke plus paar dae besoek in Desember, week na 10 dae in Julie en dan ook oor paasnaweke vir 5 tot 6 jaar.

Was weer terug vir een week so in 1996 of '97, en het toe maar besluit om nie weer te gaan nie. Jy moes wag tot dagbesoekers uitgaan 17:00 om te kon plekkie kry in die swembad. Die Onderdakgedeelte het ook duur geword om gesin te kon neem, en, naweke was dit donker. Teen daardie tariewe wou jy nie by die wa sit tot laat vanmiddag nie!!! Ons het toe van 1991 Kroonpark toe gegaan, wat baie nader was, tot sy verval. Het weggebly vir paar jaar, en toe weer een besoek gegee, maar weereeens finaal gegroet. Dit het absoluut vervalle geraak.

Dis verblydend dat Badplaas redelik behoue gebly het, maar onsself sal nie weer so ver sleep nie, dalk maar eendag in ander verblyf tuisgaan.

ALTYD EGTE KAMPGROETE,

Frans

 

 

 

Diederik
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 99
Gebruiker van lyn af.

More julle sien Frans praat van Kroonpark wat vervalle geraak het toe ek kind was het ons gereeld Aliwal Noord Spa toe gegaan oor Desember nog in die aande op geloop in ry toe om te fliek nou is dit n "Bly Weg" maak mens skoon hartseer want dit was n wonderlike plek.

 

Diederik

Kamp01
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 14
Gebruiker van lyn af.

Ons was self oor Desember by Badplaas.  Ons het self in Blok B gestaan naby aan die waterval. Vir die eerste week het dit goed gegaan todat ons sonde met die bure gekry het. Ons moes hulle een oggend 02:00 vra om asb hulle musiek sagter te sit aangesien ons teen daai tyd nog nie 'n oog toegemaak het nie.

Op Kersdag kuier ons by vriende in Blok A en sien toe 'n staanplek wat oopstaan. Ons besluit toe om die boswa op te slaan en te skuif na Blok A. Dit het weer goed gegaan tot die aand van die 30ste. Weereens nuwe bure gekry wat tot laat in die oggend ge-kattermaai het. Dit was 'n gedrinkery, soveel so dat die een persoon oor my add a room waar my kinders gele en slaap het, geval het. Sy makkers het daar gestaan en lag. Dit was 'n gevloek en 'n geswets weer tot vroeg in die oggend. Hulle het ook nie sag gepraat nie maar was uitbundig en hard. Ons het op 'n stadium die sekuiriteit ge-kontak wat daar verby kom loop het maar nie iets aan die saak gedoen het nie.

Die volgende oggend in die badkamers het dit gelyk of 'n mini atoombom die een toilet getref het. Dit was waglik om die minste te se. Tipies van iemand wat te veel gedrink het en nie die toilet in tyd kon haal nie.

Ons het opgepak en die bestuurder aan diens by die oord ingelig oor wat gebeur het.

Verder is dit 'n lekker oord maar ek sal nie wees soontoe gaan nie. Daar is ander oorde watse sekiriteit sulke ongewenste mense sumier van die oord weg jaag.

Jakkie Coetsee
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/03/2012
Inskrywings: 70
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal, Mpumalanga
Ek sleep 'n 1987 Wilk Topaz met 'n 2007 Nissan Navara 2.5 Dci

Ons is so 150km van Badplaas af en het al menigte male op die ingewing van die oomblik soontoe gery vir die naweek. Gaan kamp met die tente of leen gou die Swaer se Penta. Het dit nog elke keer net geniet.

Lekker mense wat daar kom kamp, en daar is altyd mense wat bereid is om te help tent opslaan en skottelgoed was. As familie het ons my 30ste verjaarsdag daar gaan vier, twee staanplekke langs mekaar gekry en heel naweek heerlik gekuier, selfs my ouers wat al die pad van die Kaap af gekom het bespreek nou elke keer as hulle hier is met vakansie 'n naweek daar.

Vandat die abulisie blokke opgradeer is, is daar ook nou altyd warm water.

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 19 gebruikers en 53 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • dracoza
  • Romeo
  • ClaytonKleynhans
  • Hentie7
  • Adri van Staden
  • JC
  • Frikadel
  • Francois Malan
  • Boats
  • JM
  • Lein Claassens
  • WilleWillemien
  • Ebenhaeser
  • Harry Du Randt
  • willie Rautenbach
  • Doepie
  • Jakkals 007
  • Christo de Wit
  • Andre Beyleveld

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.