Thaba Monate

Karel Bietje
Groentjie
Aangesluit: 22/02/2011
Inskrywings: 22
Gebruiker van lyn af.
Plek: Benoni
Ek sleep 'n 2003 Jurgens Fleetline ( my droom) met 'n 2000 Mitsubishi Colt 3.0 V6 D/cab 4x4

Hi Almal!

Ons gaan die naweek 18-21 Maart 2011 na Thaba Monate toe. Was al van te vore daar in 2007 en het baie lekker gekamp maar daar was heelwat verbeterings gedoen intussen en hulle het nou 'n kamp a,b en c. Sal julle al die terugvoering gee na die naweek hou duim vas dat alles nog beter is as die voorige keer.

 

My hart is waar my karavaan is!

Noddy
Ou hand
Aangesluit: 17/11/2010
Inskrywings: 293
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsy Royale 1994 met 'n Nissan 4.0 Pathfinder 2005

Plaas bietjie fotos ook asb

Noddy

Die Bosveld Roep

Karel Bietje
Groentjie
Aangesluit: 22/02/2011
Inskrywings: 22
Gebruiker van lyn af.
Plek: Benoni
Ek sleep 'n 2003 Jurgens Fleetline ( my droom) met 'n 2000 Mitsubishi Colt 3.0 V6 D/cab 4x4

Sal so maak noddy!

 

My hart is waar my karavaan is!

Karel Bietje
Groentjie
Aangesluit: 22/02/2011
Inskrywings: 22
Gebruiker van lyn af.
Plek: Benoni
Ek sleep 'n 2003 Jurgens Fleetline ( my droom) met 'n 2000 Mitsubishi Colt 3.0 V6 D/cab 4x4

Hi julle almal!

Soos belowe terugvoering van Thaba Monate. Dit was baie lekker en die oord het heelwat uitgebrei van 2007 af. Ons het eers 8uur vrydag aand daar aan gekom as gevolg van verkeer ons het 4 en 'n half ure gery van benoni tot by Thaba Monate. Met ons aankoms is ons oorweldige deur 'n span van werkers wat kom help opslaan het en tjoef tjaff was die tent op nog voor die koffie koud was.Daar is 3 Kampe a,b en c. Kamp A en B is gerieflik vir mense met karavane en die stands is gelyk en breed jou buurman is ver genoeg dat jy nie sy garlic asem hoef te ruik nie en heelwat klein boompies vir skeiding.Daar is nie veel koelte bome nie so vat maar daai silwer seil saam die bosveld son kan lekker warm raak.Daar is genoeg gras op die stand en jy hoef nie te worry om op grond te staan nie. Die ablusies voel ek is bietjie in die min kant vir al vir die dames hulle moes bietjie ry staan vir 'n shower of toilet veral op 'n besige lang naweek. Die ablusies is goed op gegradeer maar skoonmaak was nie so gereeld nie so hang af wanneer jy gaan stort verwag maar die voorige ou se verlore koekie seep. Die warm water swembad is groot maar was aan die koel kant gewees die water tempratuur was so 25-27 grade. Dit was heelwat warmer in 2007 so dit was so bietjie teleurstellend veral omdat die naweek so bietjie in die koel kant was, jy moet ook 'n redelike entjie ry om daar te kom maar vir die fikse en fiets ry mense kan die kar maar by die karavaan bly. Die koue water swembad by ontvangs is mooi skoon en netjies.Die klein swembad in kamp A is lekker vir die kleintjies as pa en ma bietjie rustig by die karavaan wil verkeer met ook trampoliens en 'n speel parkie. Kamp C is baie naby aan die warm swembad en ontvangs maar is meer geskik vir off road karavane en tente die pad is bietjie grof en rof veral as jy jou nuwe wa wil mooi oppas en alles in die kassies wil hou. My hoogte punt is die wilds ritte wat jy self kan doen en ons het sowat 9 ure die naweek op wilds ritte spandeer. Dis alleenlik toegaanbaar met 'n bakkie of SUV met 'n hoe ground clearance. Daar is ook plek plek 4x4 hindernisse en wie lus is en 4x4 het kan hulle aandurf nogal lekker om te speel. Ons het ook die roete in die aand gedoen en wat 'n belewenis dis asof die bos tot lewe kom na donker. Die koedoes het reg voor ons kom eet en ons moes wag by die voet oorgang vir Nyala's terwyl hulle rustig die pad kruis teen die bakkie. Uile het in die bome gepronk terwyl paddas die nagtelike koor voltooi het. Die restaurant kan gerus uitprobeer word en daar het ek die lekkerste stuk rump steak nog geeet maar smaak verskil so gee dit gerus 'n probeer. Die personeel was vreindelik en altyd behulpsaam om te help. Ek sal die oord aanbeveel as jy wil besig gehou word of vir 'n lang tyd wil kamp daar is genoeg om te doen. Die oord was maar aan die kuier kant en soms moet jy maar so bietjie dozi en kurt verduur as hulle harder begin sing as die bottel klippies nader na einde se kant toe staan. Daar was niks uitspattig nie maar as die gekuier bietjie teveel raak vaar die bosse in en gaan verloor jouself tussen diere en moeder natuur. Hoop dit help en geniet die kamp!!

As enige iemand foto's soek laat weet my ek stuur gerus sukkel om dit op te laai.

 

My hart is waar my karavaan is!

Frans - RDP
Nuweling
Aangesluit: 18/06/2010
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort

Karel, dit klink sommer bakgat!. Stuur asseblief daardie skakel, dit is altyd lekker om fotos te kyk van kamp... veral as jy moet werk :)

Karel Bietje
Groentjie
Aangesluit: 22/02/2011
Inskrywings: 22
Gebruiker van lyn af.
Plek: Benoni
Ek sleep 'n 2003 Jurgens Fleetline ( my droom) met 'n 2000 Mitsubishi Colt 3.0 V6 D/cab 4x4

Sorry wil fotos op laai maar bly die boodskap kry

"Validation error, please try again. The file you attempted to upload may be too large. If this error persists, please contact the site administrator."

my fotos is al so klein jy kan net net sien wat aangaan dalk doen ek iets verkeerd sal opsit sodra ek kan.

 

My hart is waar my karavaan is!

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Karel,

Gebruik jy die vierkantige blokkie net bo waat jy die boodskap sktyf met die berg en son regs bo of gebruik jy aan die onder kan waar "Laai aanhangsele en foto's"  ?

As jy die onderste een gebruik (dit is waar ek ook probleme kry gebruik dan die boonste een.

Ek sien jy het die "Error" boodskap geplaas, hoe het jy dit gedoen ?

Ek het ook netnou gesukkel elke keer gesê "Incorrect File Type" en later het hy hom gevat.

Claressa
Groentjie
Aangesluit: 27/01/2011
Inskrywings: 17
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Was iemand dalk onlangs by thaba monate?  Wil graag in oktober soontoe gaan maar twyfel?

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 18 gebruikers en 47 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Adri van Staden
  • JC
  • ClaytonKleynhans
  • dracoza
  • Frikadel
  • Francois Malan
  • Boats
  • JM
  • Lein Claassens
  • WilleWillemien
  • Ebenhaeser
  • Harry Du Randt
  • willie Rautenbach
  • Doepie
  • Jakkals 007
  • Christo de Wit
  • Hentie7
  • Andre Beyleveld

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.