Sondela - Dankie aan die Oord Bestuur !!!!
Nuwe forum onderwerpe
Was enige van julle die naweek by Sondela???
Wel, ons was daar en het ongelukkig n rakker gehad wat te veel gedrink het Vrydag aand en toe in sy voertuig geklim het en begin rondjaag het op die plaaspad oppad na die Farmyard.
Hy was so dronk dat hy sy sump stukkend geslaan het en op die ouend sy enjin stukkend gery het want n enjin loop mos nie sonder olie nie.....lol
Een van die kampers het hom probeer vasvat, maar hy was bietjie aan die groot kant.
Gelukkig het die bestuur die ou uitgegooi en ons kon verder lekker kamp. Die oord is fantasties met eindelose goed om te doen vir jonk en oud. Sal definitief weer terug gaan.
Dag Eben
Bly om te hoor wat jy te se het. Ons gaan twee weke in Desember daar staan. Ons was nog nooit daar nie, en jy weet ma hoe voel n mens op n plek waar jy nog nooit was nie. Biekie skrikerig.
Eben
Het julle biekie foto's ? Gooi asb.
Hi Louw,
Ons was so drie weke terug by Sondela gewees, privaat badkamers is effens aan die klein kant, met n stort, toilet en wasbak. Dis netjies en skoon.
Hulle was besig om die een ablusie block oor te doen toe ons daar was en dit het ook puik gelyk al was dit nog nie heeltemal klaar nie.
Groete Clint
Middag Ebenhaeser
Baie dankie vir die mooi kommentaar. Ons vra weereens onverskoning vir die ongerief van vrydagaand, maar soos jy gese het ons die gas vrydag aand al verwyder, was nie maklik nie,maar hy is af.
Ons het die week die eerste van privaat ablusies op onderhoud gesit om te verseker dat ons reg is vir desember. Die ander ablusie blok is klaar met sy opgradering.
Ek sien uit om amal die desember te sien wat vir ons kom kuier. Onthou maar die hoed en die sonbrand room.
Bosveld groete
Christine Swart
Sondela Karavaan park Bestuurderes
Dit is goed om te hoor daar is 'n oord wat mense vasvat, maar die outjie moes seker van PROLONG gehoor het dan was die engin nog heel.
Groete
Dag Hennie,
Sou nogal n goeie praktiese toets gewees het, want daar is darem stof ook betrokke op daai grond pad.
Daai 30 km/h het seker soos 300 gelyk, en die man het net getraai. . . . shame, sy lyf schumacher gehou, en nou is sy "pitstop" langer as beplan.
Nee wat, Sondela bly maar my spog oord. Hulle doen net alles reg. ![]()
Groete,
Jacques
Jacques stem 100% met jou saam! Ons gaan elke winter vakansie terug vir ten minste 10 dae en het altyd nog net lekker gekamp. Dankie Sondela.
Deon,
Geniet Sondela. Dis lekker daar.
Bly om te hoor daar is nog bestuur wat onbeskofte mense summer uitsit. Ek hoop al die ander oorde lees hier. Het ook onlangs op `n ander oord skouers geskuur met sulke rammatjie uitnek karakters wat wil maak en breek soos dit hulle pas. Die eienaars bly in die oord maar skitter ongelukkig in hulle afwesigheid.
Eben,
Hoe was jou Desember vakansie by Sondela?
Ek gaan February soontoe vir 'n naweek - sien baie uit!
Kampgroete
Johan
@ Johan,
Ek was daar in November. Uitstekende oord. Kyk bietjie hierna:
http://www.facebook.com/media/set/?set=a.10150481320939976.427163.691234975&type=3
Hi Johan
Ons het so 15 dae nou daar spandeer. Het laas donderdag terug gekom. Die oord is puik. Baie om te doen vir almal.
Net 2 probleeme wat ons gekry het.
1. As jy gaan kamp vat vir jou 50 blikke Doom saam. Die plek is verveil met die vlie. ( Dit het ons twee dae vroer laat huis toe kom.)
2. Die braaiers wat daar is, is biekie klein. Hulle werk oraait maar is biekie klein.
Verder was dit baie lekker .
Dit is goed om te hoor daar is 'n oord wat mense vasvat, maar die outjie moes seker van PROLONG gehoor het dan was die engin nog heel.
Groete
Klink my daai ou was self goed GE-OLIE
Dis goed om te hoor dat die bestuur dinge vasgevat het (miskien bietjie glibberig gewees op daai stadium)
"n Mens hoor te veel van kampe waar die ouens wild raak en die bestuur vee hulle g@tte aan klagtes af.
Vriendelike kampgroete
Haai Deon
Ek is bly julle het julle vakansie geniet hier by ons. Ons is bewus van die vliee, en die weer het ook nou nie baie lekker saamgespeel nie, maar ons is besig om oplossing te soek so natuurlik as moontlik. Ons is ook bewus van die braai's wat bietjie klein is, ons nuwe braaiers het juis vandag hier aangeland.
Ons hoop om jou en jou familie weer vinnig te sien.
Groete uit 'n baie warm bosveld
Christine Swart
Karavaan Park en Kamp Bestuurderes
Sondela Natuur Resevaat
Dit is die tipe terugvoer wat 'n mens van die oorde verwag.....
Dankie Christine!!!!
Sien uit na ons volgende kamp by Sondela !!!!
Kan jy dalk n foto plaas vir ons hier van hoe die nuwe braai's lyk. Stel baie belang om te sien hoe julle dit verander het.
Dit is die naweek my en Mamma se beurt om die nuwe privaat badkamers tegaan toets. Die wa is gereed en wag net vir 14H30 dan val ek in die pad. Hoop nie die vliee gaan pla nie, ek vat maar my blikkie Doom saam.
Groetnis
Pieter
@ Pieter,
Kan jy dalk vir ons fots plaas van die nuwe ablusieblokke en die braai's na die naweek?
Geniet julle wegbreek.
Dankie
Hi Hennie
Ek so sal so maak
Hi Hennie
Ek so sal so maak
![]()
Deon / Christine,
Is daar 'n rede agter die groot hoeveelheid pes van vliee?
EN ja, gooi die foto's. Ek was nog nie voorheen daar nie.
Karbols
Daar is baie diere op die plaas en die perde stalle is bo teen die kampterein. Hulls het baie reen gehaad. Ek het bo teen die perde stalle gestaan so by ons was dit baie erg maar almal het maar biekie gekla van die vlie. Ek het wel gesien dat daar n paar vlie vangers op was by die stalle. Ek dink as ek reg kon onthou 6. Ek sou ding dat hulle wel bewis was van die probleem en moes al einde november somer 40 van daai vlie vangers die wereld vol gesit het.
Maar behalwe vir die vlie, baie baie nice plek.
Ons was Paasnaweek laasjaar daar gewees en die vliee het gelukkig toe nie so baie gepla nie. Hulle was daar maar was darem hanteerbaar gewees.
'n Wenner bly maar altyd Citronella lampies. Jy kan hom maar dag en nag brand en dit jaag meeste van hulle weg. die braafstes moet dan maar die Doom en die plak kom trotseer. Ek waarborg nie hulle lewens nie....
Hier is die fotos van die Privaat Badkamers soos belowe. Bietjie klein, maar hulle doen hulle ding. Ek het ook n foto geneem van die braai wat by ons staanplek was. Daat het wel n kloppie nuwe braais wat by die Kiosk gestaan wat van halwe 44 galon dromme gemaak is wat teen n eksta koste gehuur kon word.
Toe ons Vrydag daar arifeer was dit net na n hewige donderstorm en alles was modder en die kamp het op sy kop gestaan. Maar die ontvangs was vriendelik en die Joshep en mater het ons tent sommer in minute maak staan. Nie lank nie toe het een van die personeel kom verskoning maak oor die reen. Mens sal nou sweer hulle het beheer daaroor. Ons het verduidelik dat ons belowe om dit nie teen hulle tehou nie. Saterdag oggend was die kamp al amper droog en hier om en by 09H00 het die transformer wat die woonwa park met krag voorsien die gees gegee. Weereens het die betuur kom verskooning vra en vir die hele kamp n gratis aandete (potjie) aangebied vir die nare omstandighede.
Oral het hulle "Vlieetraps" op gerig om die vliee te probeer beheer, en ek dink dit het goed gewerk.
NOU DIT IS MOS DIENS!
Sondela sien my verseker weer.
@Pieter, dankie vir die terugvoer en fotos.
Middag Amal
Jammer ek antwoord nou eers,was die week nie op die oord nie.
Die groot rede vir die vliee is maar die temp en klimaat, ons kry een oomblik baie warm en dan verspeol ons van al die reen. Dit dra toe dat die vliee vinniger uitbroei, daar is ook nog die feit dat dit is baie naby aan die stalle en die plaasverf ook. Ons het klaar twee voorkommings metodes in plek.
1. Ons het sulke baie klein perdbytjies wat die larwa van die vliee aanval
2. en dan het ons die redtop flycatchers
Ons bekyk nog ander metodes ook.
Die braaiers op die fotos is nog die ou braaiers, die nuwe groot braaiers is ons nog besig om te nommer en te verf.
Baie dankie vir amal se terugvoer, ons waardeur alle kommentaar.
Bosveld groete
Christine Swart
Karavaan park en kamp bestuurder
Sondela Natuur Resevaat
Middag Christine,
Ons het iewers vroeer op die forum gepraat oor julle tye op 'n Sondag wat mens moet uit.
Ek kom more na jou toe vir die naweek - sien baie uit!
Jy het gese ek kan jou kontak dat ons Sondag langer kan bly (nie 11h00 uit nie). Ek vat jou nou op jou woord! 
Sien DV more,
Johan
Was toe die afgelope naweek daar - vir die eerste keer.
PUIK.
Badkamers van die beste, bladsye vol aktiwiteite. Beste grondpad waarop ek nog gesleep het.
Dankie Christine - ons sien julle weer!
Johan
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Frikadel
- JC
- Francois Malan
- Boats
- ClaytonKleynhans
- JM
- Lein Claassens
- WilleWillemien
- Ebenhaeser
- dracoza
- Harry Du Randt
- willie Rautenbach
- Doepie
- Jakkals 007
- Christo de Wit
- Hentie7
- Andre Beyleveld




.jpg)










Ek sleep 'n Jurgens Penta 2008 met 'n 2005 Isuzu KB 300 Tdi 4x4 Double Cab
Eben,
Hoe lyk die nuwe privaat badkamers en karavaan staanplekke?
Groete
Louw