Nylstroom Lodge (Vakansie oord)
Nuwe forum onderwerpe
Goeie dag mede Vakansie gangers . . . ek wil graag vir julle vertel van ons vakansie die Desember by n plekkie genaamd Nylstroom Lodge. Ek , my vrou en ons 11 maande oue dogtertjie was opsoek na die ideale weg breuk plek wat net genoeg het om te doen maar ook genoeg offer om nie te doen nie (vir rus doeleindes). Wat ons gekry het was heelwat meer as wat ons verwag het, bo en behalwe van die meer as billike verblyf pryse was die gas vryheid en die persoonlikheid van die nuwe eienaars so oorwelmend dat hulle ons definitief weer in 2012 sal sien. Die eienaar Oom James en sy vrou het my verstom met hul behulp saamheid en maak nie saak wat die probleem was nie, was hul altyd daar : as die hout te nat was het Oom James kom help, as ons vergeet het om iets te kry in die dorp was Oom James hul daar om help, As die waaier probleme gegee het dan het Oom James kom help, as ek hulp met enige iets nodig gehaat het , maak nie saak met wat nie, Oom James hul was daar . . . Apart van die bo genoemde het ek toe eers daar uitgevind dat die Lodge ook karavaan staan plekke het plus n paar Quad trails en track, so volgende jaar vat ek definitief beide saam. Daar is self catering units daar wat alles het wat n mens sal benodig. Hulle warm en koue water bronne was ideaal vir die somer se nag en dag swem tuie en na n lekker dag se rond speel het ons rustig samet Oom James en sy seun by die Lodge se kroeg gaan sit en n drankie geniet. Ek stel definitief die Lodge voor aan enige vakansie gangers maak nie saak of jy n pensionaris is of wil gaan rond speel met jou 4x4 of quad nie, die Lodge het meer as genoeg vir almal . . . So daarmee wil ek afsluit, gaan kyk gerus na die webtuiste (http://www.nylstroomlodge.co.za/) of gaan kyk na die plekkie vir jouself , jy sal nie spyt wees nie. Aangeheg is net so paar kikies, die res los ons vir die verbeulding . . . Groette Mike
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| 2011-12-26_16.22.53.jpg | 140.92 KB |
| 2011-12-28_17.43.32.jpg | 100.73 KB |
| 2011-12-28_17.52.38.jpg | 104.62 KB |
| 2011-12-28_16.01.24.jpg | 129.63 KB |
Welkom Mike,
Was die nuwejaars naweek by Silver Rocks en het daar verby gery en gewonder of hulle staanplekke het, sal dit in gedagte hou.
Willem
Het julle Silver Rocks geniet?
Ja beslis, ek het terugvoering gegee onder Limpopo, net jammer van die vlieë wat so lastig is maar hoop volgende keer as ek die Fendona in gepak het sal dit beter wees.
Dankie, ek sal na jou terugvoer gaan kyk.
Dankie vir die terugvoer Mike!
Ek soek juis na goeie kamp en kwad plekke.
Groete,
Jacqus'
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- Frikadel
- Boats
- ClaytonKleynhans
- JM
- Lein Claassens
- WilleWillemien
- Ebenhaeser
- dracoza
- Harry Du Randt
- willie Rautenbach
- Doepie
- Francois Malan
- Jakkals 007
- Christo de Wit
- Hentie7
- Andre Beyleveld






Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel
Mikevz,
Welkom op die forum en dankie vir jou terugvoer. Ons sal beslis gaan inloer.
Groete
Johnny & Rachel
Germiston