Mbizi Terugvoer - 18/03/2011 tot 21/03/2011
Nuwe forum onderwerpe
Ons was die afgelope naweek by Mbizi vir die eerste keer.
Met al die negatiewe kommentaar op die forum was ek n bietjie skepties gewees, maar kan voorwaar se dat ons n fantastiese naweek gehad het.
Die staanplek was in n uitstekende kondisie, die ablusie was silver skoon en daar was meeste van die tyd iemand aan diens om die ablusie skoon te hou, veral met n vol oord.
Die geriewe is regtig uit die boonste rakke en daar is baie vir die kinders om te doen.
Enigste kwale:
Die swaar reen het die elektrisiteit toevoer beinvloed en ons was sonder krag vir n rukkie gedurende Saterdag middag. Niks ernstig nie.
en
My vrou het ons "Gate Pass" in die asblik gegooi, so dit het my ongelukkig R50.00 gekos vir n vervangings een. Reels bly reels, en ek het nie n ophef daarvan gemaak nie.
Ons sal definitief Mbizi weer besoek.
Thanks![]()
Beste Lesers,
Ons het by Monateng Safari Lodge/karavaanpark gaan kamp vanaf 18/03/2011 - 21/03/2011.
Ten spyte van die reen - het ons lekker gekamp- Die staanplekke is redelik ruim - alhoewel nie afgebaken nie en maak seker jy is vroeg - anders kry jy geen braaier. Dit het ek darem vooraf geweet.
Die oord kan egter gerus gaan leer (by Mbizi, Atlanta en ook Tambotie Vreugde) hoe om die ablusie blok wat daar is - netjies te hou - ons het geen warmwater een van di oggende gehad nie. Modder net waar jy kyk - en slegs 1x se skoonmaak in die oggend en in die laat middag. Mens kan verstaan die plek sal nie altyd 100% skoon wees met al die reen nie - maar dit wat ons ondervind het hierdie naweek - aikona! Dit werk nie so nie.
Groete,
Christa
Ek moet eerlik sê ons kamp ook lekker by Mbizi.
Dit was nou wel ons eerste ervaring met Mbizi, maar dit was wragtig n lekker ervaring.
Staanplek 54 by Mbizi het my naam op !!
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- ClaytonKleynhans
- JM
- JC
- Lein Claassens
- Frikadel
- WilleWillemien
- Ebenhaeser
- dracoza
- Harry Du Randt
- willie Rautenbach
- Doepie
- Jakkals 007
- Francois Malan
- Christo de Wit
- Hentie7
- Andre Beyleveld
- Danet








'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4
Wat beloop die tariewe nou by Mbizi per nag, ons was so 5 jaar terug daar en het ook lekker gekamp.
Groete
Albert van Tonder