Koro-Koro

Echo3
Nuweling
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.

Hi Almal,

Wil net trugvoering gee oor Koro-Koro oor Desember. Ons het vir 'n week daar gaan kamp oor kersfees. As gevolg van werk verigtinge het ek eers 12 Desember in SA trugekeur en bel toe vir Koro-Koro om uitevind of daar 'n plekkie is vir ons. Adele het plan gemaak en vir ons laatweet ons kan kom.

Ek weet nie of julle weet maar hulle oftevel Oom Willie, het 'n nuwe boskamp met 6 staanplekke gebou agter die chalets met 'n ablusie blok met 3 badkamers, toilette  en porta-potti fasiliteit. Regtig mooi en modern. Die staan plekke is fantasties, mooi gras en koelte van die boome wat wel skaduwee gee. Daar is ook gruis vir die tent om op te staan met mooi groen gras om dit, so dan word die grass beskerm. Ons het seker elke dag reen gekry en nooit was daar water plasse om die tent nie.

As ons nou weer gaan is dit waar ons weer wil staan, hulle het dit die haak en steek kamp genoem. Dit is regtig lekker rustig daar.

Dankie Koro-Koro, jy sal ons weer sien.

A true freind is someone who says nice things BEHIND your back! - unknown

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi,

Dankie vir die inligting. Ja Adéle hulle is aangename mense, ons van die ander Forum gaan juis daar saamtrek in Maart.

Duncan,

Wil jy nie die draad "edit" en dan hom skuif na "Terugvoer oor kampplekke > Limpopo " nie asb. ewant as die Modderadder dit skuif wan is daar altyd 'n stertjie wat hier agter bly.  As jy dit doen sal jy sien bo soos waar jy hom geskep het kan jy dit verander na die regte plek.

Thanks

Echo3
Nuweling
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.

Hi Willem,

Daarsy! Hopelik is ek trug teen Maart en sal daarvan hou om vir julle te kom groet.

Groete

Duncan

A true freind is someone who says nice things BEHIND your back! - unknown

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Maak so Duncan

Pieter van der Walt
Diknek
Aangesluit: 30/09/2010
Inskrywings: 744
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boskruin - Randburg
Ek sleep 'n Regal Blue Series met 'n Ford Ranger 3.0 TDCi XLE Double Cab

Ons het oor Paasnaweek op Haak-en-Steek # 5 gestaan en was ek aangenaam veras met die plek. Ons het baie lekker gakamp. Met die aankoms is ons vriendelik ontvang en dit nogal in die kroeg en het sommer dadelik met die medekampers begin kuier. Petrus en Johannes ( Nie desipels nie) het ons kamp sommer chop-chop maak staan. Kyk daardie twee manne weet van. 

As ek kan raad gee vir die wat wil gaan en wat lief is vir voëls, neem so ietsie saam om hulle te bederf...daar is baie van hulle. Ek het 35 verskillende spesies om een slag by ons woonwa getel. As ons laat was in die oggend met die vrugte het hulle behoorlik begin roep.

 Adele en Sweis baie dankie vir n lekker naweek en vir julle gasvryheid.

We are not here for a long time, but for a good time

Wie's aanlyn

Daar is tans 15 gebruikers en 47 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Lein Claassens
  • Frikadel
  • JC
  • WilleWillemien
  • Ebenhaeser
  • dracoza
  • Harry Du Randt
  • willie Rautenbach
  • Doepie
  • Jakkals 007
  • Francois Malan
  • Christo de Wit
  • Hentie7
  • Andre Beyleveld
  • Danet

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.