Eiland
Nuwe forum onderwerpe
Praat onder korreksie, daar is nog net drie staanplekke wat geplavie is. Dit is 'n langtermyn proses wat hulle mee besig is. Gras is maar aan die skaars kant daar op die staanplekke.
Hi Stoffel
Ek het vir 13 jaar in Phalaborwa gewoon en ons het elke 3de maand by die Eiland gaan kamp. Ek het nog foto's van my dogter, 28jr. toe sy so 2jr. oud was en waar sy die vlakvarke gevoer het daardie jare.Intussen het ek getrek en woon in Gauteng.. daar gaan nie 'n dag verby, dat ek nie aan daardie omgewing dink nie!
My groot droom is ook om eendag (oor so 10 jaar) 'n Swaeltjie te word en ek gaan beslis vir ten minste 3 maande per jaar by die Eiland kamp. Tsipise is my ander groot liefde, ek het as 'n jong vrou eenkeer daar Rolbal gespeel saam met die pensioenarise, toe ons daar gaan kamp het, wat 'n belewenis ...
Ek gun die Swaeltjies hulle ou stukkie grond onder die son, laat hulle dit geniet, ek persoonlik dink dis BAIE veiliger vir die ouer mense om so te kamp, as om op plase te bly waar hul net nog 'n statistiek van 'n plaasmoord kan word.
Annemarie 
Jare gelede (mid 90's), toe Eiland nog 'n Aventura-oord was, was daar 'n klompie Club Prive-staanplekke wat bykans almal mooi gras gehad het. Ek weet nie wat sedertdien van daardie staanplekke geword het nie. Ek dink egter dat die groot probleem om gras op Eiland se staanplekke te vestig, word gekortwiek deur die feit dat mense (Swaeltjies) vir so lank as 4 maande in die winter daar staan. Dit maak dit uiteraard moeilik om grasperke te onderhou. Sommige van die Swaeltjies het egter die mooiste tuintjies rondom hulle woonwaens gehad - sommige het selfs groente geplant. Ene oom Louis (daar iewers van die Oos-Kaap) het elke jaar sy omliggende bure met groenbone voorsien wat hy van sy welige rankboontjies geplant het.
In die tyd toe ons gereeld vir die winter-skoolvakansie daarnatoe gegaan het (1994 - 1997), was ons maar toegerus vir die grondstaanplekke. Een van die dinge wat ons geleer het was om 'n grondseil onder jou grondnet te gooi. As jy net die grondnet gebruik, trap jy later die gedeeltes waar jy baie beweeg tot poeierstof. As jy net 'n grondseil gebruik, moet jy gedurig skoonvee. Met die net bo-op die grondseil val die sand deur die net en jy trap nie die grond so stowwerig wat deur die net kom nie.
'n Plastiekgieter met 'n lekker sproeikop was ook 'n standaard-item vir ons Eilandvakansies. Daarmee maak jy die res van jou "erf" kort-kort net so effentjies klam om stof te voorkom. En 'n blarehark vir al die mopanieblare wat voortdurend val.
Die grondstaanplekke kan egter in die somerreenseisoen in 'n lelike gemors ontaard indien dit baie reen. Ek het dit nie self ervaar nie, maar 'n vriend van my was een jaar tydens die Kersseisoen daar. Hy't vertel dat dit een modderpappery was. En boonop het die mopaniewurms die tent en karavaan erg bemors.
Ek het wonderlike nostalgiese herinneringe aan Eiland en droom daarvan om eendag self vir die volle winter daar te gaan uitspan.
Ek ken die oord van laaaank voor dit 'n Aventura-oord geword het, laat '60s.
Baie dankie aan almal en geniet julle Nuwe Jaar.
Het sopas vir 18 dae gekamp by die ATKV Eilandspa op staanplek A82.
Daar is negatiewe punte, maar die positiewe punte oortref dit by verre. Ek sal met die negatiewe punte begin. Ons het in Blok A gekamp heel op die punt so 200m weg van die ablusie blok op 'n "pizza slice" staanplek (dis op die draai) so ek het n bietjie probleme ondervind om my karavaan in te kry want ek was nie seker waar die grense lyne is nie, maar dit was uitgesort. Ek verstaan nou dat daar Club Prive staanplekke was want van die ouens se staanplekke was "movies" teenoor my staanplek. Daar is geen gras nie net 3 staanplekke het plaveisel, maar die oordbetsuurder (Tommie) het my laat weet dat dit wel n langtermyn plan is om almal te plavei. Dit het so 4 of 5 keer erg gereen dat jy net water sien vloei ek het vir die 1ste keer walletjies gegrou op vakansie, na die 4de keer se reen het ek uiteindelik die stryd gewen hoe om n wal te maak.
Positives: Die oord is prentjie mooi met al die geboue wat nuut oorgedoen is, jy kan sien dat Tommie by Natalia was, want dit het dieselfde cladding as Natalia. Die gras is altyd mooi gesny rondom die swembaddens en daar is genoeg spasie vir n vol oord rondom die swembaddens. Winkel is ten volle toegerus met alles wat jy wil he selfs rolletjies. Lekker draai roomys teen slegs R5.
Ek beveel ATKV Eilandspa aan vir enigiemand, maar wees gewaarsku teen die hitte, dit is nie jou maaitjie nie. Temperature het n gemiddeld behaal van so 38 grade teen 12h00 en so 24 in die aande. Hoogste was 42 in die skadu, dis die rede dat ek al teen 10h00 in die oggende al n koue goue begin drink het.
Thomas.
Ek het op A75 gekamp vanaf 18/12 tot 5/1. Ek stem saam met jou oor die oord. Baie lekker vir kinders. Myne het tot omtrent 11 uur saans deswem en ge "J" board.
Ek was ook bang vir die hitte. Nie soseer bedags nie, maar snags. Toe sit ek aircon in my karavaan. Lekker gaslaap in die aand.
Ek was net teleurgesteld in die restaurant. Het na 75 min uitgestap toe my ontbyt nie kom nie. Mense wat geboek het vir die kersete was ook nie beindruk nie.
Die badkamers was ook bietjie besig met die vol kamp. Die een toilet by A blok wat meestal buite werking was het dinge nie maklikker gemaak nie. Die porta potjie skoonmaak plek se drien was ook konstand geblok. Tommie het gese dat die groot reen wat hulle gekry het die dreine verstop het.
Met die laaste groot reen het ek redelik genip toe die water in die voor begin opstoot. Gelukkig het dit nie oorgespoel nie.
Ek sal weer soontoe gaan, maar dan net in Jun / Jul. Ek was Jul laasjaar daar. die temp by die swembad was toe 32 grade. Snags was bietjie koeler teen 8 tot 12 grade..
Hi Edward (buurman)
Ek het vergeet van die toilet (het gedog dis dalk ekke een oggend wat die ding verstop het,,,hehehehehe). Ek was nie 1 keer by die restaurant nie het meestal Take Aways bestel wat baie lekker was. Ons was by die kersete gewees R90/persoon vir n bord boerekos is dalk n bietjie baie, maar darem baie smaaklik. Wat my daar uit wou kry was die hitte in die saal, maar Tommie het belowe dat hulle aircons gaan insit en die hele saal gaan oordoen.
Ek dink nogsteeds dit is n wonderlike oord met verskriklik baie potensiaal, gee dit nog so n jaar of 2 en alle probleme gaan uitgesorteer wees.
Ek was ook daar van 17/12 tot 3/01 op F272 heel bo in die hoek en sal verseker weer gaan. My staanplek was seker maklik 20 meter lank met bos om my. Die kleedkamers is nog nie oorgedoen nie maar silwerskoon en die krag het so bietjie gelol, maar oom Chris het dit gou uitsorteer.
Ek kan nie glo julle manne sê niks oor die wurms nie! My tent moet nog gewas en herseel word soos dit bemors is.
Die restaurant se diens ontbreek heeltemal, maar ek was met vakansie en die voorbereidingstyd - nadat jy bestel het - was so 4 koues wat jy self moet gaan haal in die yskas anders ontwater jy!
Die wegneemetes was puik en spotgoedkoop! Die kersete was ook baie lekker ten spyte van die warm saal.
Die kinders geniet dit ongelooflik en die glybaan is 'n wenner. Daar is daagliks programme om die kleinspan besig te hou en in die aande is daar 'n "After dark" waar tieners van 22:00 tot 02:00 hulle self kan besig hou onder toesig in 'n saal met aktiwiteite.
Tommie en die bestuur was heeltyd sigbaar, by die kampplek en die swembad.
Die vakansiedae kon ons almal swembad toe gaan want geen dagbesoekers word toegelaat nie! Dagbesoekers word net toegelaat as hulle by jou, wat daar bly, kom kuier.
Ek sal verseker weer gaan!!
Wil net vir my mede Eilandspa kampers se, dit was ek wat die "aanval" gekry het by die Vreesfaktor. Dit was alles deel van die sports gewees om die mense n bietjie bang te maak. So bietjie acting van my kant af het my n mooi Coca Cola sak besorg.
Ek het vir Junie hierdie jaar probeer bespreek by die Eiland d.m.v. hulle webblad wat op ons voorblad pryk. Ek het 'n "besprekingsnommer" gekry en niks verder nie. Toe ek eindelik bel en vra wat gaan aan, moet ek hoor hulle bespreek slegs per telefoon, nie per internet nie. EN NOU IS HULLE VOL BESPREEK VIR JUNIE!
Nou sit ons en wag vir 'n kansellasie. Big G, julle sou nie dalk gaan nie? Ek sien jy staan so makik jou plekke elders af ... 
Was Julie 2010 vir n week daar. Eiland het my hart gesteel. Die vermaak wat die oord aanbied is uit die boonste rakke en skep ook 'n lekker atmosfeer.
Die weer was perfek: Geen reen, matige temperatuur. Warmste klere benodig is 'n "Drimac".
Daars ook minder gemors wat kom kamp, want dis te ver van Gauteng om sommer gou in te val vir 'n nag. Om die swaeltjies se staanplekke te sien is vermaak op sy eie 
Thomas,
Ek was die ou met die Springbok "cooler" net links van jou! Ek sou 'n regte aanval gekry het van al daai goed!
....Nou sit ons en wag vir 'n kansellasie. Big G, julle sou nie dalk gaan nie? Ek sien jy staan so makik jou plekke elders af ... 
Jammer oom A3 - kan nie hier help nie!!
Beteken daai besprekingsnommer wat gegee is vir die internet bespreking dan nou niks nie?
Groetnis
Daars ook minder gemors wat kom kamp, want dis te ver van Gauteng om sommer gou in te val vir 'n nag.
???? Hoe bedoel neef dan nou??......versigtig wees..............ek ken groot ouens hier in gauteng....
het daar gekamp so 6 maande nadat atkv oor gevat het.moet se dat daar toe al n groot verskil was teenoor die ou park.toe kon ons net n blok A,B,C kamp.
tommy het n groep jong manne goed vas gevat een oggend by die swembad wat hulle nie kon gedra het voor die vrouens en kinders nie.Hy duld nie nonsens nie.
my kinders het dit baie geniet ,veral die glybaan,perd ry en putt putt
ons het dit regtig baie geniet en sal dit aanbeveel,wees egter gewaarsku soos hierbo vermeld,dit word bloedig warm daar.ons het selfs klein bosbokkies gekry teen ons wa
groete
Die kommentaar hierbo lyk regtig meer positief as negatief. Ek het as n kind saam met my ouers in die 80's daar gekamp.
Sal baie graat die Oord weer wil besoek, net om te sien hoe dit daar is. Kan enige iemand dalk se of die oord aktiwiteite vir die kinders het in Oktober? Ek oorweeg dit om vir die Oktober Skoolvakansie te gaan.
Ek sal ook graag wil weet of sekere staanplekke aanbeveel kan word. ons is twee families wat dalk gaan. Ek met n Sprite Swing, Vol Tent en Add a Room, dan het ons n Jurgens Penta met n Vol Tent. So spasie sal nice wees, en gesamentlik staan natuurlik.
Enige rekomondasie?
eben.
hulle staanplekke is rerig groot. die staanplek wat ek desember gehad het, A75, kon maklik 2 karavane en tente met voertuie vat. A, B & C blokke is waar jy wil wees met kinders. D,E & F is te ver. oktober raak al weer warm, so maak voorsiening vir silwer seile. ons het temp gehad van tot 39 buite en 49 binne karavaan sonder aircon aan. gelukkig het ek vir my 'n a c ingesit voor ons af was. bedags was nog fine. ek het net agtergekom my yskas het 'n bietjie gesukkel om te werk as on uit was vir die dag en die ac afgesit het.. toe los ons dit maar aan.
verder sal jy lekker kamp. ek dink nie die wurms is dan al daar nie. ek sukkel nou nog om die deel van my tent en die multi room wat nie onder die silwer seil was nie skoon te kry.
doen jou bespreking nou anders gaan jy nie plek kry nie.
groete.
Dankie vir die terugvoer.
Is n Grondseil ook noodsaaklik vir die sand? Ek het net die Nylon Tipe met die gaatjies. Wat die Silver Seil aanbetref, is ek besig om met Romeo een te reel.
Eben,
Daar is vermaak vir kinders elke skoolvakansie, het persoonlik met Reyno daaroor gesels, asook langnaweke. Blok C het baie skadu asook A, maar daar is plekke in Blok A wat maar yl is. Ek sal aanbeveel dat jy 'n soliede grondseil vat wat jy onder jou normale grondseil sit, dit hou die meeste stowwerigheid weg.
Jy moet gaan jy sal glad nie spyt wees nie.
Hi Oom A3
Oom kan my bespreking koop vir die Junie vakansie - ons het bespreek vir 3 weke - maar as ek kyk na al die goeie opmerkings gaan dit Oom 'n paar rand kos.
............................... Sommer 'n grappie - ek hoop almal is nou lekker jaloers - sal kom terugvoering gee. Ons neem 'n 100% grondseil saam wat groter is as die hele karavaan, nadat die tent en die rally opgeslaan is. Sal laat weet of dit darem gehelp het vir die grond.
....Nou sit ons en wag vir 'n kansellasie. Big G, julle sou nie dalk gaan nie? Ek sien jy staan so makik jou plekke elders af ... 
Jammer oom A3 - kan nie hier help nie!!
Beteken daai besprekingsnommer wat gegee is vir die internet bespreking dan nou niks nie?
Groetnis
Gerrit, nee die nommer word deur 'n rekenaar toegeken, maar die kantoor weet nie daarvan nie of kyk nie daarna nie. As jy daar bespreek, kry jy 'n nommer en dan gebeur daar niks verder nie. As jy weer navraag doen, kry jy weer 'n nommer en dan gebeur daar weer niks verder nie. Lyk my hulle moet die opsie van hulle webblad af verwyder.
Nonna: Ag dêm! Amper maak jy my bly!
Ons het nou maar vir 'n langer tydperk in die Willetuin bespreek en ook 'n dag of drie by Swadini. Sal maar voregtydig vir 2012 by die Eiland bespreek.
ThomasK
Ek ou Frik en Loiis moes jou dra.... Sien jou weer Desember 2011
Kom nou net terug van n heerlikke tydjie op Eiland Spa. Man was dit nou weer vir jou n rusplek vir die siel. Die weer het ook weer sy kant gebring en sonnige temperature tot so hoog as 36 is gemeet.
N pluimpie vir al die vriendelikke personeel, regoor die oord, altyd behulpsaam waar nodig.
Nog n punt om van vermelding te maak was die nuwe "gerestoreerde" ablusie blokke, dit lyk soos jou eie badkamer en word so netjies skoon gehou regdeur die dag.
Die aktiwiteite rondom die bad was ook rustige vermaak.
Een klein probleem, as die swaeltjies intrek dan trek hulle in, en bedoel trek hulle in. Sommige van die klub se lede (sal nie nommers noem nie) is maar baie nors en vriendelikheid sal rerig nie veel kos nie. Hulle moet ook net besef die plek behoort nie aan hulle nie, daar is ander kampeerders ook. Hulle moet onthou kinders is kinders en sal kinders bly tot hulle ook eendag swaeltjies genoem word.
Die natuur reservaat langsaan moet liewer vermy word, op n drie ure trippie het ons slegs twee bobbojane en een Sebra gesien, duidelik is daar fout met die bestuur van die pragtige reservaat. (Deur Limpopo raad bestuur, nie Eiland.).
Groete,
Ons het Sondag terug gekom van Die Eiland en ek stem saam met alles wat Eben se. Dit was wonderlik gewees ons het regtig baie uitgerus.
Ek wil net se dat ons deur die kamp gery het met ons fietse en NERENS is daar staanplekke met gras nie, vir al die navrae daaroor.
Groete
Ek stem saam geen gras by die staanplekke nie, maar die ander voordele maak op vir dit, en daar kan op die grond vuur gemaak word.
Gaan die jaar weer vanaf die 26 Des. daar wees.
Rymond,
Baie geluk met jou eerste "posting" sederd jy in Feb. aangesluit het.
Net 'n vinnige vragie?
Ons beplan om moontlik in Feb 2012 vir 2 weke Eiland toe te gaan en wil net weet wat die gemiddelde temperatuur is. Het nie aircon nie, net waaiers en wil darem ook nie die vetjies was ons so hard aan werk uitbraai nie.
29°C gedurende die dag en 18°C in die aande
*Informasie volgens www.saexplorer.co.za
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Lein Claassens
- WilleWillemien
- Frikadel
- JC
- Ebenhaeser
- dracoza
- Harry Du Randt
- willie Rautenbach
- Doepie
- Francois Malan
- Jakkals 007
- Christo de Wit
- Hentie7
- Andre Beyleveld
- Danet
- Obie





Hak en ry.....














nee Andy. meestal nog grond. ek het wel 'n paar geplaveide plekke gesien.