KlipDraai
Nuwe forum onderwerpe
Ek het die naweek (self ñ lang naweek gemaak) ñ bietjie op KlipDraai gaan uitspan en was ek aangenaam verras.Die prys is baie billik,R150pn vir die eerste ses persone,geen dag besoekers word toegelaat nie tensy hulle by ñ kampeerder kom kuier.Jy sit wel binne ñ stad maar dit voel glad nie so nie,ek wil hom vir my self hou maar ek moet seker ook ñ bietjie deel ook.Probeer hom gerus.
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| IMG_0116.JPG | 150.75 KB |
| IMG_0065.JPG | 170 KB |
| IMG_0055.JPG | 126.22 KB |
| IMG_0053.JPG | 123.93 KB |
| IMG_0052.JPG | 137.24 KB |
| IMG_0036.JPG | 168.21 KB |
| IMG_0035.JPG | 141.73 KB |
Hel Kaas Kop dit lyk baie lekker daar.
Watse aktiwirteite is daar om die kinders mee besig te hou? ek kan op die fotos sien dat daar 'n swembad en putt-putt naab is, is dit al.
Hulle sal ten minste ook lekker kan fiets ry in die oord.
Kaas Kop, nou glo jy my as ek seg daar is BAIE mooi plekke in minder as 80km radius van my af. Waarom sal ek nou 200km sleep vir 'n naweek as alles hie om my is. Trielatatata! Lekker om 'n kamper te wees
Kan iemand asb vir my aanwysings gee na KlipDraai toe. Ek kan nie op hulle web tuiste inkom vir aanwysings nie.
Dankie
Lyk my hul is by www.klipdraai.com
Hul aanwysings is soos volg:
From Vereeniging/Sasolburg:
Take the R59 North towards Alberton, take the Verwoerd road exit and at the stop turn right. Carry on up under the bridge till the 4-way stop. Turn right into Viljoen avenue. Go over the next stop until Jean avenue is reached. Turn right into Jean avenue. Carry on with Jean avenue until the gate to Klipdraai is reached. (At the T-junction).
Hul het ook aanwysings vanaf Alberton/Johannesburg op dieselfde bladsy.
Hul GPS koördinate is:
S 26° 36' 38.61"
E 27° 59' 34.29"
[quote=Boats]
Kaas Kop, nou glo jy my as ek seg daar is BAIE mooi plekke in minder as 80km radius van my af. Waarom sal ek nou 200km sleep vir 'n naweek as alles hie om my is. Trielatatata! Lekker om 'n kamper te wees
Boats
Ek is nou nie so gelukkig soos jy nie ek moet 160km sleep om daar te kom maar hel dis die moeite werd.
Jacques
Daar is ook lekker klim en klouters ook op die terrein,en ja die kinders kan lekker fiets ry ook en sommer wild ook kyk.daar is ñ hele klompie springbokke,blesbokke,swartwildebeeste en rooibokke wat daar rond loop.Daar is ook ñ beach volley ball baan,springmatte en baie groot sand putte.My kinders het hulself gate uit geniet daar ek gaan sommer weer soontoe volgende naweek.
Baie dankie. Ons gaan definitief een dag uitry en kyk, en sommer 'n bespreking maak.
Groete
Rachel
Kaas Kop,
Dankie vir die inligting en foto's van Klipdraai en dit lyk na 'n rustige plekkie. Dit sal natuurlik weer 'n geworstel wees met verkeer vanaf Centurion solank 'n mens net die oord kan geniet.
Ryno
Loop Vrydag vroeg weg by die werk dan is die verkeer mos rustig,dan is jy sommer vinnig daar.Sien jou Vrydag op Klipdraai !!!!! (LOL)Ek sal daar wees, sal op die uit kyk wees vir daardie WIT Ford
Kaas Kop,
Ha-ha-ha as dit so maklik was sou ek daar gewees het. Met die besigheid wat nog stil is moet mens na jou sak kyk en my baas (pantoffel regering) sal dit nie eers oorweeg nie, dankie vir die uitnodiging.
Ryno
Ook maar lekker baie vir die vrou.......my bek is lekker groot wag laat myne my nou hoor dan is ek in die dog box.Sal ander dag mekaar raak kamp.
Ek kan beaam dat dit 'n baie lekker plek is. Het al 2 keer daar gaan kamp. Die grond is net 'n bietjie hard op sekere plekke.
Nee man moenie vir almal van die plek vertel nie, net nou sukkel ons om plek daar te kry.
Ons gaan hoeka die naweek bietjie saam met die klub daar kamp.
Mnr Venter
Was weer die naweek daar en hel dis lekker.
kaskop,
ek bly al ek weet nie hoe lank in die vaal driehoek nie , en vir die eerste keer kom ek te hoore van n plek met die naam van klipdraai ( meyerton ) om presies te wees 17km van my huis af.ek het saterdag 22/1/11 n bietjie gaan loer hoe dit daar lyk . was ek verras toe ek sien al die geriewe baie netjies die ablusie van die beste ( glo vir my ek was al by baie plekke in ons land) die kinders kan hulle self baie geniet by die sandput, klimramme, swembad (2) die staanplekke die groenste gras redelik boom beskutting braais ,ag ek kan wragies nie allesbeskryf nie ( langs die kliprivier vir die manne wat hengel )en glo my as jy sondag is daar tot n klip kerk waar n ou kan belei ( net n ou grappie) maar wat waar is ,is dat daar troues en onthale plaas vind.
My kamp en forum friende gaan maak gerus n lekker kamp naweek daar by klipdraai. glo my julle sal dit geniet. ( en ja kaskop jy is binne n ,dorp maar jy weet dit nie so afgesonderd is dit daar.)
Ek gaan daar kamp die naweek van die 5de Feb.
Wou al lankal gegaan het maar toe was daar nog amper niks so dit sal lekker wees om nou te sien hoe dit al ontwikkel het.
Hoe lyk die reen situasie daar in die vuildriehoek. Gaan ons 'n nat naweek daar he? Die 1400 Datsun se tyres is bietjie glad. dink julle ek gaan gly daar binne die kamp?
Ag nee Oom Venter jy bly mos in Nigel?
Daai datsun van jou het seker turbo op met groot tekkies agter so jy salnie probleme hê nie.
Hier is die weer voorspelling vir die naweek in die Vaaldriehoek
Kaas Kop, ek het in die week daar in en uit gery en moet seg dat die eienaar baie moeite doen. Pragtige plek. Die enigste wat kwel is die gelykheid van baie vd staanplekke. As jy jou karavaan nie reg laat staan gaan jy darem vir jou jack hoor. Verder heel skaflik vir die prys ek dink
Dit is maar net my 2c
kaskop,
ek bly al ek weet nie hoe lank in die vaal driehoek nie , en vir die eerste keer kom ek te hoore van n plek met die naam van klipdraai ( meyerton ) om presies te wees 17km van my huis af.ek het saterdag 22/1/11 n bietjie gaan loer hoe dit daar lyk . was ek verras toe ek sien al die geriewe baie netjies die ablusie van die beste ( glo vir my ek was al by baie plekke in ons land) die kinders kan hulle self baie geniet by die sandput, klimramme, swembad (2) die staanplekke die groenste gras redelik boom beskutting braais ,ag ek kan wragies nie allesbeskryf nie ( langs die kliprivier vir die manne wat hengel )en glo my as jy sondag is daar tot n klip kerk waar n ou kan belei ( net n ou grappie) maar wat waar is ,is dat daar troues en onthale plaas vind.
My kamp en forum friende gaan maak gerus n lekker kamp naweek daar by klipdraai. glo my julle sal dit geniet. ( en ja kaskop jy is binne n ,dorp maar jy weet dit nie so afgesonderd is dit daar.)
Jy moes verby my gery het want ek het die naweek daar gekamp
Boats
Ja die staan plekke is nie gelyk nie maar dit help baie met die afloop na die rivier toe.Sondag 23/01/10 was daar ñ groot wolk breek oor die oord en daar het nie regtig damme water gevorm nie alles het weg geloop rivier toe.
Nog ñ bietjie terug voering oor die oord is dat die eienaar eers komende winter nog ñ swem bad gaan in sit en later aan nog ook ñ super tube.Hy beplan ook ñ 9 putjie golf baan.Op ñ ander draad het ek ook gelees van manne wat klae oor die 10 AMP brekers en voorstel dat daar 15 AMP brekers eerder moet wees(ek dink dit was onder die gradering van oorde)hier het die eienaar 20 AMP brekers in gesit en niks trip nie.
Crips dalk sien ek jou daar
Sal lekker wees
Jaada hier op die forum gaan ook (my pa)
Ons het 'n ekstra staanplek bespreek as jy nie plek kry nie 
gaan met die baas praat vanaand sal jou dan laat weet
laat hulle honde toe (klein een)

Geen idee nie, ons "kinders" bly by die huis.
Ek kort 'n vakansie weg van hulle af.
Dis vir die naweek van 4,5 en 6 Feb?
laat hulle honde toe (klein een)
*&^@^$%
()*^@*%*&#$&@$(
)(@^^$*&@&&)(@*_)@(_)@
*(&@%&^$&^%*&(**)
(@*^(*@^(*@&
@&*^%&@^%*@&%*&@^(@^)(*&
hier gaan ons alweer
het jou Mnr V
So sak ons toe af na Kliprdraai vir die naweek. Die park was vol, twee karavaan klubs was daar en ons het lekker gekuier.
Teen R150/nag is dit 'n bargain. Baie gras. Weet nie hoe lang die gras gaan hou as die plek gewild raak nie. Nie baie skadu nie.
Negatiewe.
Van Vrydag aand tot Sat aand was die krag meer af as wat dit aan was. Dit kan seker verwag word van 'n nuwerige kamplek wat uitbrei, en die kamp is redelik vol. Wat bietjie kommerwekkend was is toe die probleem "uitgesort" was het bestuur vertel iemand het 'n tentpen deur kragkabels geslaan. Nou hoe laag moet die kragkabels onder die grond wees om dit raak te slaan met tentpen? Hoe veilig is dit? Ook toe die krag uitgesort is, was dit definitief nie 220V nie.Waaiers het duidelik teen halfspoed geloop en ek wonder of sekere elektriese toestelle nie skade kan kry nie. Ysmasjiene, yskaste het definitief nie normaal gewerk nie. Self die storte en wasbakke se krane het jou geskok as jy aan hulle gevat het. Hoop hulle gaan iets vinnig aan die krag doen want ek hoor hulle gaan nog ekstra 250 staanplekke maak voor paasnaweek. Daar is tans plek vir so 80 karavane.
Staan plekke word nie geallokeer nie en jy kan baie ver van kragbokse(wat maar min is) staan. 30m kragdraad kan te min wees. Die paar staanplekke naby rivier is mooi en meer afgesonder, maar bietjie skuins. Die grond is nie te hard nie, maar daat is baie klippe, so jy gaan hard slaan en baie penny buig.
Ablusies is mooi. Die groot hoof ablusies is goed ontwerp, maar die kleiner ablusies deur die oord het iemand nie baie mooi gedink toe dit ontwerp is nie, baie onprakties.
Swembaddes is baie mooi en skoon en groot genoeg. Daar is Putt Putt baan. Net 9 putjies sommer so self gebou met hier en daar 'n hobbel of baksteen in jou pad. Nou nie die mees inoverende baan wat ek al gesien het nie. Maar teen R20/persoon/kind per 9 putjies wat jou seker 10min vat om te speel, raas iemand se koppie bietjie. Daar was baie mense die naweek, maar niemand het gespeel nie.
Maar oor die algemeen baie lekker kamplek vir naweek wegbreek. Hulle werk nog baie aan die plek en ek glo dit gaan net beter raak. En teen R150 gaan jy nie sommer iewers beter kry nie.
sal dit die naweek uitkyk
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Christo de Wit
- Jakkals 007
- Hentie7
- chrisbeachbum
- Doepie
- Andre Beyleveld
- JC
- willie Rautenbach
- Danet
- Obie
- ClaytonKleynhans
- Harry Du Randt
- dracoza





.jpg)



.jpg)



.jpg)





Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel
Dankie Kaas Kop. Ons het juis gewonder hoe dit daar lyk. Beslis 'n besoek geregverdig.
Rachel
Groete
Johnny & Rachel
Germiston