Ezemvelo natuurreservaat
Nuwe forum onderwerpe
Hans, ek was nog nie daar nie, maar dit lyk baie mooi daar en dis net 'n klipgooi van PTA af. Ek was op hulle website, maar het nie veel foto's van die kampeerterrein gekry nie. Is dit netjies. Het jy jou eie braai by jou staanplek. Is die ablusie geriewe goed. Wat kos dit per nag. Is die kragpunte naby. Kan jy self gaan stap of fietsry of dalk met jou eie bakkie ry in die reservaat sonder gidse.
Dankie.
Hi Mark, die ablusie blokke (daar is twee blokke) is oud, maar skoon, en daar is baie warmwater. Daar is braaiplekke met vier plekke, met ander woorde, een braaiblok vir 4 staanplekke, 60 staanplekke in totaal. Dit word elke oggend skoongemaak en almal is in werkende toestand.
Die plek is uitstekend vir stap en fietsry. Dit is heuwelagtig, so 'n redelike mate van fiksheid sal nodig wees vir die fietsers! Stap is ook 'n goeie keuse, maar dit is wyd daar.
Jy kan ook self in die reservaat ry, paaie daar is goed onderhou.
Ons het R 580.00 vir vier mense vir die naweek betaal. Ander fasiliteite is 'n swembad, putt-putt en 'n klein dammetjie vir hengel. Die dam het ook 'n foefieslide wat gereeld gebruik word.
Die ontvangs het 'n winkel ook in waar mens redelik goed kan regkom as die ys en brood ens klaar raak.
Groete
Hans.
Was ook al daar en het dit geniet. Daar is werklik plate zebra's, blouwildebeeste, sprinbokke en baie ander diere. Jy kan met n paadjie ry tot by die Wilger rivier en da oor n bruggie stap waar ons elande gekry het. Die dammetjie het redelik vis in maar dit is "catch en release"
Dankie vir die terugvoer Hans. Ek sal maar 'n plan moet maak om daar uit te kom. Hou daarvan om nuwe plekke te probeer, en met terugvoer soos die kan ek met gerustheid gaan.
Was Baaaie jare terug daar, in die kamp het 'n volstruis geloop en pla. So 10 jaar terug het die dikstof pad my afgesit om weer te gaan.
My oudste dogter was klein toe ons oppak het sy uit 'n blikkie koeldrank gedrink en die by was daar binne en steek haar toe op die verheemelte, wat 'n storie.
Daar is 2 paaie een net buite bronhorst spruit en die ander so 14 km verder. Het die tyd toe ons daar was gevind die verder pad was beter aangesien die ander een baie sinkplaat was. Bel hul gerus vvor die tyd en hul sal kan sê watter een die beste is. Staanplekke was in ons geval n klein probleem aangesien dit in Desember was en daar dubbel besprekings was. Daar was egter genoeg plek en ons het net aangeskuif aangesien die plekke nie baie goed gemerk was nie. Nogtans het ons dit geniet.
'n Bysteek op die verheemelte klink ongemaklik. Het hom al op die ooglid gekry terwyl ek op 'n motorfiets gery het. Was net so petalje, maar darrem nog nie in die mond nie. Sal maar die eerste kamp 'n gewone 2 nag kamp maak en die plek mooi uitkyk.
Dankie Hans. Ek was nog nooit daar nie. Sal moet plan sien om daar uit te kom. Dit lyk na 'n besonderse plek.
Jou fotos is baie mooi, hoor.
Lyk na 'n lekker plek .. wie kan die blom op die vierde foto identifiseer?
Hans, Riana noem dat daar twee paaie daarheen is...
Is dit beide grondpad en hoe lank is hulle onderskeidelik.. ?
Is een of beide die paai geskik vir 'n gewone pad wa..?
Die plek klink reg vir 'n naweek se wegbreek weg van die gewoel en gewerskaf af.
Groetnis
Goeie dag Danie, ja daar is twee paaie.
Die eertse afdraai vanaf Bronkhorstspruit in Groblersdal se rigting is 4 km uit die dorp na regs.Dit is dan nog sowat 20 km tot by die reservaat. Die pad is nie altyd geskraap nie en het ook baie klippe wat uitsteek in die pad. Plek-plek is dit sommer lelike slote en gate oor die pad. Heelwat sinkplaat dele.
Die tweede afdraai is sowatt 16 km uit die dorp op die Groblersdal pad. Dit is sowat 15 km grondpad en in baie goeie toetsand. As jy stadig ry sal dit nie skade doen nie. Daar is nie sinkplaat dele nie en geen gate en slote nie, ek kan nie sê hoe dit gaan verander na die reen begin val nie!
Daar was mense met Penta's en Swings en self 'n Exclusive.
Footloose, aanvanklik gedink dit is scadoxus (bloedlelie), maar blyk dit toe 'n berglelie (nerine angustiflolia) te wees.
Groete
Hans.
Hans , die bolplant met die rooi-pienk blomme is eerder 'n boophone disticha . Kyk op die webwerf : www.plantzafrica.com vir pragtige foto's . Dit word ook die kopseerblom genoem . Ek het al 'n paar keer probeer om die bolle ( by bulbs for africa gekoop ) aan die groei te kry maar hul hou nie van te veel water nie . Troetel nou die laaste oorlewende plant en wag angstig dat hy blom .
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Doepie
- Jakkals 007
- Hentie7
- Andre Beyleveld
- JC
- chrisbeachbum
- willie Rautenbach
- Danet
- Obie
- ClaytonKleynhans
- Harry Du Randt
- dracoza
- Christo de Wit













.jpg)


Ek sleep 'n bushwakka met 'n amabenzi gl
Hans , mensig maar julle is bevoorreg om die natuur so te kan geniet . Ek hou baie van die foto's , veral die plante . Nou tel ons net die weke af voor die volgende wegbreek ..... 7 in totaal . Die foto's is 'n goeie motivering om vas te byt .