Dinokeng Lodge

Tjaart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 61
Gebruiker van lyn af.

Was die afgelope lang naweek by Nikoneng Lodge anderkant Hamanskraal Regte bosveld atmosfeer, skoon Ablusie geriewe Bestuur heeltyd teenwoordig on te hoor of als reg is 'n rustige plek om te ontspan

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Tjaart,

Gee vir ons bietjie meer inligting en as jy het 'n paar foto's van die plek asb.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Die een?

www.dinokenglodge.com

 

Groete,

Jacques

 


 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Jacques,

Hulle sê nie veel op die web nie ?

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Netso Willem en ook net 'n paar fotokies.

Sou ook graag iets van 'n mede sleper wou sien?

 

Groete,

Jacques

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dit lyk baie belowend. Beslis 'n besoek werd.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Tjaart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 61
Gebruiker van lyn af.

Fotos van DInokeng

 

 

 

Kaas Kop
Diknek
Aangesluit: 20/11/2010
Inskrywings: 1128
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2011Sprite Splash met 'n 2007 Nissan Navara 2.5dci

Tjaart

Dankie vir die fodies lyk belowend,sal hom moet probeer.

 

 

 

 

Kamp lekker en gooi mielies

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Dankie Tjaart!

Dit lyk heel goed!!

 

Groete,

Jacques

 


 

Adri van Staden
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom-Suid Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Lexus

Dankie vir die foto's, Tjaart. Ons beplan 'n kamp daar, maar ek kan nie op die kaart op hulle webblad sien presies waar dit is nie. Was iemand onlangs daar? Hoe lyk die pad soontoe?

 In die bos ... moet julle vernag, karavane van die Dedaniete! (Jes. 21:13).

NicoPietersen
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 811
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1998 Jurgens Fleetline met 'n 2004 Hyundai Santa Fe Summit 2.7 V6

Adri, Hul gee GPS verwysings en as ek op dit kyk lyk dit my jy ry teerpad en dan so 2km grondpad na jy afgedraai het. Soos ek hul kyk, lê hul so bietjie verby die afdraaie vir Klein Sambane, Impala Bushveld Lodge en Tamboti Vreugde. Ek was nog self nie daar nie en sou graag verneem hoe jy die plek en die pad gevind het.

Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Bly op en beplan jou wraak!

Damduiker
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 26/09/2011
Inskrywings: 116
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors

Aangename kennis.

Ons was die naweek daar en ek plak 'n paar nuwer foto's.

Die staanplekke is nie gemerk nie, maar daar is oral geboude braaiers wat ongelukkig nie gediens word nie. Teen Sondagmiddag was daar al 'n groot hoop as. Gelukkig is die blad groot en ons kon die as eenkant toe krap.

So aan die einde van  die winter is daar geen gras nie - net baie groot skerp dorings! Onthou om vir boetie en sussie skoene met dik sole saam te vat!

Die enigste gebied wat na ons mening drie sterre verdien, is die ablusie. Let egter op dat die aantrekhokkie tussen die gordyn en deur net 50 cm wyd is en dan maak die stort se deur na buite toe oop.

Daar is 'n swembad (koud) en 'n kapel vir troues.

Die ablusie-gebou. By die mans: 2 toilette, 2 urinale, 2 wasbakke en 1 stort.

Die lapa met pooltafel, sokkertafel en braaiplek.

Die snoepie wat net op versoek oopgemaak word.

So 200 meter laer af loop 'n rustige riviertjie met kabbelende water.

Die saal by die swembad vir troues.

Die staanplekke is effens skuins. Maar die laaste 2 km. is 'n slegte grondpad en skud alles wat nie styf gepak is nie stukkend.

Damduiker
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 26/09/2011
Inskrywings: 116
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors

Tjaart wrote:

Was die afgelope lang naweek by Nikoneng Lodge anderkant Hamanskraal Regte bosveld atmosfeer, skoon Ablusie geriewe Bestuur heeltyd teenwoordig on te hoor of als reg is 'n rustige plek om te ontspan

Ek stem nie saam met jou "bosveld atmosfeer" nie. Elke nag speel iemand iewers ver (nie in die kamp nie) doef-doef musiek tot die son opkom. En Saterdagnag het daar iewers (ook ver) heel nag 'n groot hond geblaf. Dit is jammer, maar van die "hoorbare stilte" wat die eienaar belowe het tyens sy besoek met ons aankoms, was daar min te hoor.

Wie's aanlyn

Daar is tans 11 gebruikers en 52 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JC
  • willie Rautenbach
  • Danet
  • chrisbeachbum
  • Obie
  • ClaytonKleynhans
  • Harry Du Randt
  • dracoza
  • Christo de Wit
  • Hennievr
  • HennieBo

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.