Diamanté naby Cullinan

Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

Ek het vanoggend by 'n kollega van die plek te hore gekom.  Lyk baie netjies en naby vir Gautengers.  Was iemand dalk al daar?

Vind hulle op die web by www.diamanteoord.com

Groete
Ken

 

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 759
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Hi Ken,

Was jare terug daar vir 'n naweek en dit was ok maar ook nou nie so wonderlik nie.  Weet gladnie hoe dit deesdae daar lyk nie.  Dit is so naby 'n mens kan seker eendag gou ry en gaan kyk?

Groetnis

Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Die fotos op die website lyk nice. Die eienaar sal net seker moet maak dat sy sekuriteid daar reg is. As ek na sy aanwysings kyk is dit maar redelik in "leeu"wereld gelee.

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1919
Gebruiker van lyn af.
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

 WAT IS DIE PRYSE

 

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4703
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Miskien moet mens eers as dagbesoekker gaan en kyk hoe dit daar lyk.

Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

@Shark - geen idee - stem met Wilsur - dis naby genoeg om te gaan ondersoek.  Sal kyk of ek die naweek gou daar kan gaan draai.

Groete
Ken

 

Crips
Ou hand
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 181
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sunnyridge, Germiston
Ek sleep 'n 1981 Sprite Sprint met 'n LandRover Defender TD5 D\C

Hier is nog 'n lekker kamp plek nabu Cullinan maar jy moet verkieslik nie met 'n platkar en karavaan gaan nie.

http://www.somabula.co.za/

Geen krag en net 3 staanplekke en 'n gas stort, dis nou as jy regtig wil wegkom van die stads geraas

Kamp Groete

Chris de Wet

Eric Buitendag
Groentjie
Aangesluit: 19/01/2010
Inskrywings: 40
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Super Sport '93 met 'n Mahindra Bolero 2.5TD DC

Hallo,

Het iemand dalk al gaan loer hoe lyk dit of dalk sommer daar gaan kamp.

 

Groete,

Eric

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

 Het self jare gelede daar gekamp. Twee van my vriende het die plek bestuur.  Archie en Daan. Arckie is die oggend van 3 Januarie 2012 oorlede in die Eugene Marais hospitaal. Ek sal more vir Daan bel en hoor wat daar aangaan.

John Cooper

Tommy Bezuidenhout
Nuweling
Aangesluit: 19/07/2010
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ons het vir 'n paar dae in Desember daar gaan kamp - Vrydag 16 Desember het jy 'n flitslig nodig gehad - al die dagbesoekers!  Die Saterdagoggend het 'n paartjie daar aangekom en naby ons opgeslaan - die middag het die drank lekker begin praat - en toe begin die stoele waai', sommer een teen die man se kop, en moes ons almal hoor van hom en Debbie!

Was vreeslik gewees en dit ten aanskou van ons kinders.  Die personeel het met die mense kom praat, en het hulle toe in die donker opgeslaan, en mekaar steeds sleg gesê.

Maar wat die kamp betref - vir die prys wat ons betaal het kan ons seker nou nie 'n 5ster oord verwag nie - dit was heel lekker om maar net bietjie te gaan rus.  Groot probleem is die dagbesoekers wat heeltemal begin oorneem.  Het sommer hul voertuie kom parkeer waar ons kamp, en het een Mnr besluit agter ons karavaan is 'n lekker plek om siek te word!

 

willie Rautenbach
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Nissan hardbody

Hi John,

Kon jy toe uitvind wat daar aangaan??

Groete

Willie

Wie's aanlyn

Daar is tans 10 gebruikers en 51 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JC
  • Danet
  • chrisbeachbum
  • Obie
  • ClaytonKleynhans
  • Harry Du Randt
  • dracoza
  • Christo de Wit
  • Hennievr
  • HennieBo

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.