De Rust
Nuwe forum onderwerpe
Ons was die afgelope naweek vir ons eerste besoek by De Rust, naby Hammanskraal. Ek vind nêrens 'n draad oor die oord nie, en is ook nie seker of dit nog in Gauteng val of al in Limpopo nie. Dit is net 40 km. van my huis af, daarom raai ek maar Gauteng - nes Nkwe.
Die oord is 4 maal oorstroom die afeglope seisoen en Jan en Anlie het duidelik baie moeite gedoen om die gras weer netjies te kry. Dit is 'n baie rustige oord (deels omdat kinders nie toegelaat word nie) en dit is aan die oewer van die Pienaarsrivier geleë. Tipies Bosveld, hoewel die meeste bome nie tipiese Akasias is nie, maar swart Karee (Rhus Lancia) en wit Stinkhout. Daar is staanplekke met baie skadu en ook met minder tot geen skaduwee nie. Oral is pragtige grasbedekking en almal is gelyk. Die ablusie is netjies en ruim. Daar is 'n staproete al op die oewer van die rivier en 'n swembad - weer eens 'n entjie van die kampeerterrein af t.w.v. stilte. Honde word toegelaat, maar onder streng voorwaardes. Die naweek was daar 6 gesinne (3 boswaens, 2 tente en ons gewone wa), waarvan 2 honde saamgebring het. Die honde het nooit gepla nie.
By jou aankoms ward jy persoonlik deur Anlie na die park geneem en sy help jou 'n staanplek kies waarvan jy hou. Hulle maak daagliks 'n draai om te verneem om alles wel is.
Die enigste negatiewe aspek is die pad soontoe. Die laaste sowat 5 km is grondpad, waarvan die eerste km. baie sleg is. Dit is sinkplaat en vol gate, maar sodra 'n mens afdraai op die privaatpad is dit goed met net hier en daar spoedwalle of dalk eerder stromwaterwalle - almal nie te hoog vir 'n sleepkombinasie nie.
Ek heg so 'n paar foto's aan.

Die park met die rivier wat links verby loop.

Ruim en skoon storte.

Ruim en netjiese badkamers.

Skaduryke staanplekke met rotstuine hier en daar. Elke staanplek het 'n kraan (met gruisklippies waarin grys water eker afgelei kan word!), 'n kragpunt , braaier (ploegskaar op 'n poot) en 'n asblik.
Lyk lekker rustig oom Adri. Dankie vir die terugvoer en die fotos.
Sal egter die park maar eers 'n rukkie moet oorslaan agv die rakkers wat nie toegelaat word nie.
Dit lyk rustig, dankie dat jy dit met ons gedeel het, het jy dalk vir ons kontaknommers asseblief?
This really looks great. The first time I ever went to Dragons Peak (also my first experienceof caravaning) with friends in their new caravan my first comment was....'I wish my folks had been caravaners when I was young.' Caravaning and kids seem maded foe each other.
However I love the bird life and the quiet of the country....natures noises so I really wish we had a park nearby in Natal with a river where kids are not allowed and where I could take my dog.
Sounds and looks like heaven
Maryna, ek sal later die nommers plaas - ma soek dit net gou. Anlie het vir my genoem wat hulle webadres is, maar ek kan nie onthou nie. Sal net-nou bel sodra ma die nommers gevind het.
John, ek kon nog genoem het dat die oord in 'n groot wlidplaas geleë is. Daar is genoeg spore en mis om te bevestig dat daar wild is, maar dit is nou so ruig begroeid dat ons net met die terugkom gisteroggend 'n rooibok gesien het. Daar is baie voëls! Daar is ook 'n gruisgat vol water en 'n mens sien teen sononder hoe wemel dit van die vissies in die water as hulle spring om muskiete en muggies te vang. O ja, vat maar 'n botteltjie smeergoed saam vir die muskiete.
Saterdagoggend was daar nie water nie, want die vlakvarke het die pyp oopgegrou en afgevreet. Gelukkig kon Jan vinnig die situasie beredder.
Omdat dit 'n wildsplaas is, is daar genoeg sekuriteit: toegangsbeheer, geëlektrifiseerde heinings, ens.
Ek was al 'n hele paar keer daar by De Rust, en dis heerlik!
Kontakbesonderhede:
0832827292 (Sel)
e-Pos: derust@mailbox.co.za
Faks: 0865181165
Dankie Cheetahs!
Hou net in gedagte dat hulle nie e-posbesprekings aanvaar nie! Hulle (Anlie) wil met jou oor die foon praat! So, bel maar vir 'n bespreking.
Ek het ook al daar gekamp en wou weer gaan.
Ek kon egter eers die Saterdag oggend wegkom uit PTA en sou so 11h00 daar wees. Met my navraag word daar toe vir my vertel as ek voor 13h00 inkom ek vir die vorige aand ook moet betaal. Nodeloos om dit te noem maar ek het nie gegaan nie en gaan ook nie weer nie.
Geniet julle die park maar. Ek het ander plek gekry waar ek meer welkom is.
Hi Almal,
De Rust was my en George se gunsteling park. Het elke jaar April vir George se birthday daarheen gegaan, dit was hemels. Alles wat hier genoem word is so waar. Anli en Jan is voorwaar wonderlike mense. Die enigste rede dat ek noem "was" ons gunsteling park is dat ek nooit weer daarheen sal gaan nie maar het my eie persoonlike rede daarvoor en dit het abslouut niks met die park te doen nie.
De Rust is en bly STUNNING !!!!!! Keep up the good work Anli en Jan en sommer groete aan julle twee ook.
Cheers vir eers
Hallo Adri as jy nog nie reg gekom het nie ek het so n rukkie terug iets wat lyk soos n advertensie in die kamplekke draad van De Rust in gegooi.
Groete Markus
Ons het die afgelope 7 jaar al omtrent 30 keer by de Rust gekamp - geniet die rustigheid elke keer! Wens daar was meer sulke kampe in die land - die meeste plekke deesdae is net te besig, te beknop, te remoerig, te vêr en te duur!
Ben (Benzan),
Moet nie sleg voel nie, sy het my ook afgejak oor dieselfde rede deurdat ons eers die Saterdagoggend kan opdaag. Haar woorde was net meer kras deur te se' dat hulle lewer nie 'n baremhartigheids diens nie. Ek vind dit al klaar baie ongeskik oor 'n telefoon wat nog wanneer mens daar is, sy kan defnitief vir mens meer ordentlik hul rede deurgee. Ek het nie 'n probleem om die nag te betaal wat ons nie opdaag nie, maar sy gee mens nie eers kans om klaar te praat nie. Ons het heelwat kere by ander oorde vir die eerste aand betaal (wat langnaweke met hoger tariewe behels) wat ons die volgende oggend eers daar opgedaag het.
Met haar houding oor die foon sit mens klaar af en daar is baie ander lekker kampplekke waar mens tuis voel. Ek geniet dit in elk geval meer waar kinders is.
Ryno.
Jy stel dit baie goed. Ek het ook die opmerking die dag beleef dat ek afgjak word maar wou dit nie so kras stel nie.
Ek dink nog steeds dis 'n mooi park en dit is goed as mense die park geniet. Vir my is dit egter 'n geval ek wil ook met 'n lekker gemoed kamp. Ek het by Kolobi Bush Retreat die ondervinding gehad dat die eienaar (oor die Paasnaweek) vir ons kom vertel dat ons kan maar die Maandag bly tot so laat as ons wil aangesien niemand inkom nie en nog net ons in die park oor is. Ek het lekker gebraai en eers 17h00 gery. Sonder enige koste. Nodeloos om te se. Ek gaan weer soontoe. Klein parkie met net 5 staanplekke maar tog goed versorg asook staproetes en 'n dammetjie waar jy kan vis vang. (soen hom en sit terug)
Ben(zan)
Vertel bietjie meer, waar is kalobi Bush Retreat en watter soort visse vang julle daar?
Ek is hard op soek na 'n kampplek waar ek swartbaars en / of forel kan vang met kunsaas.
Ek weet nie hoekom wil my kommentaar nie vandag laai nie. Hoop nie ek laai nou meer as een keer nie.
Kolobi Bush Retreat is net anderkant Nylstroom. So 10km grondpad. Jy kamp so half om die boer se huis. Ablusie geriewe is basies (sement sonder teels) maar skoon met warm water (gas).
Hy laat geen lawaai toe nie. Jy kan egter op die plaas stap en visvang alhoewel die dam aan die klein kant is. Ek het gesien toe iemand 'n Bass uithaal ('n meneer) en hom op die bek soen en weer loslaat.
Hy voer die nagapies (noem die voerplek (Wimpy) asook die bosbok wat in die nag kom kuier. Dan is daar die bosjaqusi ('n dam met 'n sterk pomp) as jy wil afkoel.
Ryno.
. Ek het by Kolobi Bush Retreat die ondervinding gehad dat die eienaar (oor die Paasnaweek) vir ons kom vertel dat ons kan maar die Maandag bly tot so laat as ons wil aangesien niemand inkom nie en nog net ons in die park oor is. Ek het lekker gebraai en eers 17h00 gery. Sonder enige koste.
Anlie het vir ons ook gesê ons kan Sondag bly so lank as wat ons wil. Sy het glo voorheen spottenderwys vir iemand gesê hulle mag nie voor 15:00 vertrek nie. Toe kom die dametjie later en vra mooi of hulle asseblief al 14:30 kan vertrek!
Cheetahs
Hier is Kolobi se web adres.
www.kolobebushretreat.co.za Nou loop ek voordat ek en jy afgeslag word omdat ons die draad skaak.
Adri. Dit is goed as jy lekker kamp by De Rust. Dit is 'n lekker stil park en netjies ook. Ek sal maar ander weivelde loop soek. Somtyds gebeur dit maar dat 'n mens aanstoot neem en dan beweeg jy maar aan.
Dit is waar Benzan. Ek het ook al elders so 'n stel afgetrap toe die ontvangsdame (engelssprekend, ens) allerhande nonsies kwytgeraak het en ek het net daar my alie gewip en vertrek. Dan soek 'n ou vinnig ander staanplek, hoor. Gelukkig is daar baie oorde in die Warmbad-omgewing. En ja, ek sal nooit weer soontoe gaan nie. Dit is maar hoe dit is! Ek hoop maar ons en die Du Preez's bly uit mekaar se hare uit!
Ja Nee, ons was ook eenkeer daar maar is nie te goed ontvang nie. Sal maar nie weer soontoe gaan nie.
Groete
Willie
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- Danet
- chrisbeachbum
- Obie
- ClaytonKleynhans
- Harry Du Randt
- dracoza
- Christo de Wit
- Hennievr
- HennieBo









.jpg)

CHRISTA

.jpg)
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5
Adri, lyk baie lekker en rustig daar!
Van sit en staan, bly le maar die lekerste!
Kamp Groete
Arie