Bass Lake Lodge

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

So was ons by Bass Lake Lodge vir 9 nagte en weereens was dit heerlik.

By ontvangs word jy gegroet met ‘n glimlag deur Engela wat jou staanplek vir jou uitwys en dan word daar ‘n koeldrankie aan gebring.
Die staanplekke is groot met gras, wat biekie tweede gekom het na die Desember reen en vakansie maar nogsteeds groen. Die ablusie geriewe was pragtig en is voortdurend deur ‘n span werkers skoon gehou, en hulle werk is vererger deur die reen wat amper elke dag uitgesak het.
Die swembad is pragtig met groen gras daarom. Die lapa met wegneem etes kiosk was welkom terwyl boeta homself geniet het by die swembad. Daar was ook ‘n kinderprogram aangebied wat die jonges uit pa en ma se hare gehou het.
Daar is ‘n kafee wat die nodigste het, van ‘n tandeborsel tot braai hout en Daniel wat jou help is altyd vriendelik met sy strikdas geklee.
Ek en boetta het langs die water gestaan en visvang terwyl ‘n paar hengelaars die manne die een na die ander uit gehaal het.
Graag wil ek vir die eienaars Leon en Melene, wat saam met ons gekamp het asook die personeel bedank vir ‘n wonderlike ervaring.
Dit was nou rerig ‘n lekker kuier en ons sal beslis weer gaan.
JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Baie dankie vir die terugvoer JC - ek gaan DV naweek van 27/28/29 Januarie daar kuier (vir die eerste keer).

Sien baie uit - so baie al van hulle gehoor.

Het die grondpad soontoe gepla?

Kampgroete,

Johan

 Kamp is koning.....

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

Hi Johan

Die grond pad is nie puik nie maar as jy mooi stadig ry en die spoed berge, "speed humps" mooi bekruip is dit nie sleg nie. Ek is ook nie mal oor grons pad ry nie maar die is darem nie te erg nie, dit is omtrent 3km.

Hoop jy geniet dit daar.

Groetnes

Jaques

kids_camping
Groentjie
Aangesluit: 17/11/2011
Inskrywings: 23
Gebruiker van lyn af.
Plek: Montana, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Isuzu 2.8 dt Frontier 4x4

Hi,

Baie dankie vir die terugvoering. Ons gaan ook vir die eerste keer daar kamp, naweek van 13/14/15 Januarie.

 

Groetnis

Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

Ons is die naweek by Bass Lake - sal kyk of ek paar fotos kan plaas en terugvoer gee. 

Kom 12H00!!!!!  Ek wil ry!!!!

Geniet die naweek!!!

Groete
Ken

 

Vrystater
Super sleper
Aangesluit: 04/03/2010
Inskrywings: 488
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kameeldrif-Oos
Ek sleep 'n Sprite Super Sport met 'n Colt Rodeo 2.8TDI

Magtig!  Wat 'n lekker ervaring!!

Ek wil graag met julle deel die bitter lekker naweek wat ons by Bass Lake gehad het.  Dit is 'n nuwe oord wat maar bietjie meer as 'n jaar bestaan.  Die uitleg, gereiewe (VERAL die geriewe), gasvryheid ens ens is uit die boonste rakke.  Vandat jy daar aankom voel jy sommer tuis met Engela en haar span wat uit haar pad sal gaan om dinge vlot te laat verloop en dit vir JOU so lekker as moontlik te maak.

Die grondpad soontoe van ongeveer 2.5km is heel skaflik.  Spoedwalle is hoog maar geleidelik so ons kon darem ry.  Met die aankoms word jy verwelkom met 'n yskoue lemoensap wat goed afgegaan het so met die opslanery deur.  Staanplekke (dink it is 40) is baie mooi gelyk met koelte op die meeste.

Mense maar die geriewe - dit is so netjies dat my vriend later gesê het hy voel skoon skuldig om met plakkies daar in te loop.  Dieselfde met die opwas geriewe - skoon en ALTYD warm water omdat hulle van groot gasbottels gebruik maak.

Die winkel voorsien in alle behoeftes en is die hheldag oop.  Die swembaddens (3) wissel van 'n "kiddies pool" tot 'n groot swembad.  Vanuit die swembad kyk jy in die veld waar die rooibokke en rooihartbeeste wei - idilies!  Daar is ook 'n kiosk as jy iemand anders sal kos wil eet.

Braaiers word verskaf en word soggens nie net leeg gemaak nie maar gewas so ook die vullis dromme.

Vir die hengelaars is daar twee GROOT damme vir bass vang.  Ek was maar ongelukkig maar daar het blykbaar die naweek 'n outjie 'n 2.5kg bass gevang.  By die boonste dam is die lodge waar werksessies ens gehou word waar jy ook kan oornag.  Vir die fotograwe is daar ook groot geleenthede met die bome/stompe in die water wat die mooiste spieelbeelde in die agtermiddag maak.

Die ander ding wat my ERG beindruk het is die stilte.  Mense na 8 in die aand kon jy 'n speld hoor val het.  Dis ongelooflik!  Ek het nog nooit so iets beleef nie!

Koste is R650 vir die naweek maar darem ry jy nie sover nie en ook weinig tolhekke indien jy 'n Gautenger is.

BESLIS 'n plek wat my weer sal sien!!!

Groete
Ken

 

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 442
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Dankie Ken. Ek het al so paar keer gewik en weeg om te gaan, maar met die terugvoer sal ek met gerustheid 'n naweek daar boek.

Groete.

Mark.

 

kids_camping
Groentjie
Aangesluit: 17/11/2011
Inskrywings: 23
Gebruiker van lyn af.
Plek: Montana, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Isuzu 2.8 dt Frontier 4x4

Soos genoem was on die naweek van 13 - 15 Jan daar. Heerlik onder die bome 'n staanplek gehad.

Wat 'n wonderlike rustige naweek.  Kan alles beaam wat Vrystater gese het. Die kinders is opgelaai met 'n trekker en sleepwa, die hele oord deurgery!  

Die Saterdag het dit verskriklik gereen, maar dit het skaars opgehou of die werkers was besig om skoon te maak.  Engela en haar span verdien VOLPUNTE.

Bass Lake, sien jou weer!

AanhegselGrootte
IMG_0010.JPG 107.47 KB
IMG_0020.JPG 143.87 KB
IMG_0027.JPG 167.95 KB
IMG_0049.JPG 195.09 KB

Groetnis

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Het hierdie afgelope naweek daar gaan kamp (vir die eerste keer)(27-29 Jan 2012).

Een woord: PUIK!  Ek het nog nie gekamp by 'n plek met beter badkamergeriewe nie. Engela is eenvoudig uitstekend.

Hulle sien ons gou weer!

Johan

 Kamp is koning.....

Hester Kruis
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 136
Gebruiker van lyn af.

Die terug voer is net fantasies. Kan nou nie meer wag om daar te gaan kamp nie. Ons gaan volgende naweek 10-12 feb soontoe. Ons gaan sommer al Donderdag want is van die gelukkige "werkloses" (pensionarise) wat voor die tyd kan gaan.

 

Tjopper
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 69
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randfontein

Hi almal

Het iemand dalk 'n webadres van Bass lake Lodge. Ek het dit ge-google en het 'n paar gekry, is net nie seker of ek die regte een beet het nie

Groete

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 759
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Tjopper wrote:

Hi almal

Het iemand dalk 'n webadres van Bass lake Lodge. Ek het dit ge-google en het 'n paar gekry, is net nie seker of ek die regte een beet het nie

Groete

Hi Tjopper,

Hier is vir jou die link:

http://www.basslakelodge.co.za/exclusivecamping.html

Groetnis

Mag die voorspoed jou verveel......

Annalie Hall
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/01/2012
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Welkom
Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L

Lyk na 'n pragtige plek. Hoe vêr is die visvang dam van die kampplekke? Wat beloop die kostes daar? Hoe vêr van Johannesburg is die plekkie in water rigting.

Jammer vir al die vrae, maar lyk na baie mooi plek vir 'n rustige naweek.

'Because outside is the new inside'

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Annalie,

Dit IS pragtig daar! Ek was in Januarie daar vir 'n naweek - kan dit vir almal aanbeveel.

Daar is 2 groot damme, reg lans die kampplek. Ek het R325 per nag betaal.

Die oord is min of meer 34km vanaf die Zambesi afrit op die N1 Noord uit Pretoria.  Hang af van waar in Jhb jy kom, van Sandton af is dit seker omtrent 60km tot by die Zambesi afrit.

Kampgroete,

 

 Kamp is koning.....

RvJ
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 87
Gebruiker van lyn af.
Plek: Suid van Loftus

[quote=JohanL]

Het hierdie afgelope naweek daar gaan kamp (vir die eerste keer)(27-29 Jan 2012).

Een woord: PUIK!  Ek het nog nie gekamp by 'n plek met beter badkamergeriewe nie. Engela is eenvoudig uitstekend.

Hulle sien ons gou weer!

Johan

Johan jy kon dit nie beter gestel het nie stem 110% saam met jou stelling.

 Kan net nie wag dat die bome groter word op sekere staanplekke nie is my enigste kommentaar 

Nogmaals dankie aan die bestuur vir die manier wat die oord bedryf word

Kamp Groete

Wie's aanlyn

Daar is tans 10 gebruikers en 51 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Danet
  • chrisbeachbum
  • JC
  • Obie
  • ClaytonKleynhans
  • Harry Du Randt
  • dracoza
  • Christo de Wit
  • Hennievr
  • HennieBo

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.