Toer deur Botswana, Caprivi en Zimbabwe in die Winter
Nuwe forum onderwerpe
Hi Almal
Ek en my vrou wil baie graag in die winter maande 'n toer deur Botswana, Caprivi en Zimbabwe onderneem. Ons sal met 'n Nissan hardbody 4x4 met 'n sleepwaentjie wat 'n tent bo - op het reis. Kamp sal ons eerste opsie wees maar sal ook in gastehuise of wat ookal bly.
Beplan voorlopig om die volgende roete te volg:
Vertrek vanaf Springs - Stokpoort- Francistown- Caprivi- Kasane- Vic-valle- Milibizi- veerboot na Kariba- Mana poele- moontlik na Cabora Basa- Oostelike hooglande van Zimbabwe- Huistoe.
Kan julle asseblief help met 'n paar voorstelle vir redelike staanplekke en ander ordentelike, maar nie duur blyplekke. Ons sal alle ander raad en voorsorg maatreels hoog op prys stel.
Indien iemand sou belang stel om saam te toer is julle welkom om te se.
Groetnis
Louis en Felicia
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Danet
- chrisbeachbum
- JC
- Obie
- ClaytonKleynhans
- Harry Du Randt
- dracoza
- Christo de Wit
- Hennievr
- HennieBo


