Roaming van selfone

Obie
Diknek
Aangesluit: 04/06/2010
Inskrywings: 674
Gebruiker is aanlyn
Plek: Zeerust
Ek sleep 'n Gypsey Caravette 6B met 'n Hyundai Santa Fe 2.2 TDI

Dagse almal

Ek soek dringend hulp en advies. My seun vertrek volgende week na Swaziland en wil graag roaming op sy selfoon plaas/aktiveer maar verneem ek dat dit 'n baie duur storie is. Iemand het my vertel dat dit baie goedkoper sal wees as hy te Swaziland 'n nuwe simkaart koop en aldaar roaming aktiveer. Is dit wel so?

Hy het 'n Blackberry selfoon en wil meestal net BBM boodskappe na ons en natuurlik sy meisie stuur. Kan die roaming slegs geaktiveer word vir BBM en of sms'e

 

Hoop al julle manne en manninne wat gereeld oorsee is kan help

Groete

Obie

Johan K
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 649
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeespoort

Die goedkoopste is om net die SMS/MMS (is MMS = BBM?) roaming diens te aktiveer. In Vodacom se geval weet ek jy doen dit deur "Roam on" na 'n spesifieke nommer (kontak jou diensverskaffer vir die nommer) te sms net voor jy die RSA verlaat. Daarna kan jy slegs SMS'e stuur en ontvang. Sodra jy terug is in die land, sms jy dan weer "roam off" na hierdie nommer, en jy is weer terug op normale dienste.

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Nico, my foon het permanent international roaming op, ek het vroer baie rondgereis oorsee vir my werk. As ek reg onthou het ek net vir Vodacom geskakel en hulle het dit opgesit, ek is baie seker dit was verniet, en ek twyfel of dit my iets maandeliks op my rekening kos? Ek is seker as dit ekstra was sou ek dit al gekanseleer het.

Ek weet as ek bel van die buiteland af is dit nogals duur - ek stel voor jy kontak Vodacom en vind uit by hulle. 

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Oubaas
Super sleper
Aangesluit: 23/05/2011
Inskrywings: 526
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nigel

Ek stem saam

Obie
Diknek
Aangesluit: 04/06/2010
Inskrywings: 674
Gebruiker is aanlyn
Plek: Zeerust
Ek sleep 'n Gypsey Caravette 6B met 'n Hyundai Santa Fe 2.2 TDI

Johan

BBM staan vir Blackberry Messaging. Jy betaal R59 per maand en dan het jy internet en kan jy soveel as jy wil boodskappe via Blackberry stuur na 'n ander Blackberry. Dis amper soos die Mixit waarvoor die kinders so lief is(en wat ek haat) Dit is dus nie die gewone SMS soos ons dit ken nie. Ek het so pas email van Eddie in Botwana gekry en stel hy voor dat Jaco te Swaziland vir hom 'n simkaart van die plaaslike netwerk aldaar kry wat dan goedkoper sal uitwerk. Maar julle ken mos kinders, wil nie graag nuwe nommer kry nie want dan kan al die girls hom nie bel nie!!!

Groete

Obie

Coetzee Swanepoel
Groentjie
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek was so 3 maande gelede Mosambiek toe. Het ook my roaming laat aktiveer. Het twee oproepe van plus minus 5 minute gemaak, en twee foto's probeer mms (waar ons 'n koue langs die strand drink ...). Het opgemerk dat die mms sukkel om deur te gaan, maar die goed sukkel mos partykeer en dan eventueel gaan dit deur.

My rekening was die daaropvolgende maand R3 300 (gewoonlik R900), en op navraag het ek uitegvind dat dit data is wat my rekening so opgejaag het. Wees baie versigtig as julle data probeer stuur, want die buurlande se tariewe is baie duur!

 

My 2 sente ....

Solank ons kan braai ....

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Roaming bestaan uit 2 onkostes, lokaal en internasionaal.

Indien iemand jou skakel terwyl jy land-uit is, betaal hy die gewone SA tarief, en jy betaal die internasionale tarief.  Dus betaal jy nogsteeds al bel iemand jou.

Dit is 'n baie duur storie, en pasop vir data.  met die kwalitiet kameras wat die fone mee uitkom deesdae is die gemiddelde grootte van 'n foto 4MB.  Dit kos 'n pophuis vol geld om so baie data internasionaal te stuur.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

HappiCamper
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1608
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
met 'n Volvo XC60 D5

Kyk na die link

http://www.vodacom.co.za/vodacom/services/International+Roaming/Data+Roa...

Ek sien niks waar hulle melding maak van BIS en hoe dit werk met roaming nie. Ek dink die beste is om met sy diensverskaffer dit uit te klaar, want BIS is so ver ek weet nie netwerk gekoppel nie.

Ek stem saam as dit hond duur is as jy gaan bel, oproepe ontvang en data.

Groete
Keith
_________________________________________________________
Live today as if it were your last day!

 

Obie
Diknek
Aangesluit: 04/06/2010
Inskrywings: 674
Gebruiker is aanlyn
Plek: Zeerust
Ek sleep 'n Gypsey Caravette 6B met 'n Hyundai Santa Fe 2.2 TDI

Dankie aan almal se insette. Millie en Jaco gaan maar vanmiddag Mafikeng toe ry waar daar 'n Vodacom shop is om uitklaring te kry oor hoe presies alles werk. Die groot probleem is dat sy selfoon op haar naam is en is sy vrek bang sy kry een maand 'n rekeningkjie van so R3000-00 !!!!

Groete

Obie

oomgert
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 787
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley Pretoria.
Ek sleep 'n Boswa met 'n Pajero 3.2 DiD

Wanneer ons Namibie toe gaan koop ons so gou as ons kan 'n simkaart en laat weet almal tuis per SMS wat ons nommer is. Jy bel baie goedkoper so na SA.en dit is ook goedkoop vir die mense tuis wat ons moet bel.  . Roaming is vrekduur

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

So leer mens elke dag - sal dalk maar my roaming kanseller en 'n sim koop daar waar ek is!

Nooit besef dit werk mens duurder uit nie!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Ben
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 170
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Penta met 'n Mitsubishi Pajero 3500

Blackberry fone het 'n funksie om "data" af te sit as jy roam. Al jou internet fasiliteite is dan af. BBM gebruik internet, so slegs SMS en gewone oproepe sal werk. Pasop vir oproepe, jy betaal vir oproepe wat jy ontvang ook. Ons plaas is op die Botswana grens met amper geen plaaslike opvangs nie, maar goeie "Orange" opvangs. Ek het die eerste keer nie die data af gehad nie, glo my jy wil nie weet wat dit jou kos nie!

As jy 'n simkaart daar koop betaal die persone wat jou bel die internasionale kostes en nie jy, soos met roaming, nie. Jy gaan wel weer internasionale kostes betaal as jy SA toe bel.

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Ben - nou raak ek al hoe meer verward??

Miskien moet ek maar op roaming bly, my pelle gaan nie happy wees as hulle my bel en dan 'n helse rekening kry nie - om nie eers van my kinders te praat nie!

Ek stuur in elk geval nooit "data" nie - stuur nie eers 'n SMS nie, baie makliker om te bel as om op daai klein goeidjies te probeer tik.

My kinders en vriende weet ook al dat ek glad nie SMS'e lees nie, verstaan nie daai taal nie! Missed salls en "Call me" word ook ge-ignoreer.

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Ben
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 170
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Penta met 'n Mitsubishi Pajero 3500

Arie,

Stel net jou blackberry dat die data af is as jy roam anders gaan jy betaal!

Obie
Diknek
Aangesluit: 04/06/2010
Inskrywings: 674
Gebruiker is aanlyn
Plek: Zeerust
Ek sleep 'n Gypsey Caravette 6B met 'n Hyundai Santa Fe 2.2 TDI

Ben ek gaan vanaand daai funksie soek om data af te sit. Anders gesels ons more weer

Groete

Obie

Louis B Murray
Nuweling
Aangesluit: 21/12/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs

 Hi Obie

Ek gebruik al die afgelope 6 jaar Roaming en dit is verniet. Jy betaal net vir jou oproepe.

Bel net jou verskaffer.

Groetnis

 

Louis 

Obie
Diknek
Aangesluit: 04/06/2010
Inskrywings: 674
Gebruiker is aanlyn
Plek: Zeerust
Ek sleep 'n Gypsey Caravette 6B met 'n Hyundai Santa Fe 2.2 TDI

Dankie Louis

Groete

Obie

Maans Kotze
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/10/2010
Inskrywings: 112
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mosselbaai
Ek sleep 'n Kamptoerusting met 'n Isuzu KB300 D/C 4x4

Obie,

Roaming is beslis nie verniet nie of moet ek liewers se jy betaal vir elke sms en oproep. Ons was Sept 2011 in Mosambiek en Swaziland. Ek is by Vodacom en my vrou by MTN. Jy kan by albei 'n keuse uitoefen vir roaming - sms of oproepe. SMS is goedkoop, maar indien jy in die buurlande is en iemand bel jou is dit soos wat JacquesB hierbo gese het, jy betaal vir 'n gedeelte van die oproep.

In Swaziland kon ons egter net MTN gebruik, Vodacom het geen diens in Swaziland.

 

Oscar
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 340
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

 Moet nie die fout maak en dink, omdat jy nie data stuur of "browse" op die internet, jou foon gebruik nie data nie.  Die nuwe fone van vandag trek gedurig data in die agtergrond wat jy nie eers van weet nie.  Wees maar versigtig.

 www.kampsa.co.za

Oscar
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 340
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

 Van Vodacom re data

Data Roaming Rates (incl. VAT)

Zone Standard Data Rates per MB** Super-Saver Data Rates per MB **
Neighbouring countries R 51.20 R 17.50
Sub-Saharan Africa R 102.40 R 17.50
Rest of World R 128.00 R 17.50
*Data rates are charged in 10 kilobyte minimum increments. Data roaming is currently only available to Vodacom Contract Customers and is not currently available to Top Up and Prepaid customers. Super Saver data rates only applicable  selected networks.

 www.kampsa.co.za

Ben
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 170
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Penta met 'n Mitsubishi Pajero 3500

 Hi Obie,

BBM en eposse is gratis in SA, dit is ingesluit in jou "BIS" (Blackberry internet service). As jy roam in 'n ander land betaal jy vir die internet diens teen die tariewe wat Oscar hierbo genoem het. Jou foon gaan kyk self elke nou en dan of daar enige eposse of BBM's is en dis dan waneer jy betaal dat jy hop!

Ek weet nie of jy die funksie op jou foon gekry het nie, maar hier is dit:

Options

Network and connections

Mobile network

Data services - on  While roaming - off

Hoop dit werk!

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Ek was nou nie onlangs in Swaziland nie, maar ek is seker toe ek so paar jaar terug daar was het my Vodacom foon gewerk.

kamp 

 

Obie
Diknek
Aangesluit: 04/06/2010
Inskrywings: 674
Gebruiker is aanlyn
Plek: Zeerust
Ek sleep 'n Gypsey Caravette 6B met 'n Hyundai Santa Fe 2.2 TDI

Dankie almal, die tegnologie is soms heeltemal te slim vir hierdie ou gryskoppie

Groete

Obie

Ben
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 170
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Penta met 'n Mitsubishi Pajero 3500

 Hi Obie,

Ek help graag! Ek sien nou eers jy is van Zeerust af. My Oom, Walter Vosser, is die hoof by die hoërskool. Baie mooi wereld. In 1990 was ek gestationeer by Derdepoort Teen Inteligensie, en ons het gewerk van daar tot by Nietverdient en Skilpadshek. Die mooiste bosveld met die vriendelikste mense!

Groete

Maans Kotze
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/10/2010
Inskrywings: 112
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mosselbaai
Ek sleep 'n Kamptoerusting met 'n Isuzu KB300 D/C 4x4

Nee Spiderman ek kan jou verseker geen Vodacom in Swaziland, miskien het hulle toegemaak daar. Ons het gedurende ons toer orals waar ons was navraag gedoen by die locals, maar elke keer die versekering gekry geen Vodacom. Soos gemeld my foon was die hele toer tjoepstil, MTN foon het gewerk en orals sien jy net MTN advertensies en nie soos in Mosambiek aan elke cucashop se muur 'n Vodacom bord.

Wie's aanlyn

Daar is tans 11 gebruikers en 49 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Danet
  • chrisbeachbum
  • JC
  • Obie
  • ClaytonKleynhans
  • Harry Du Randt
  • dracoza
  • Christo de Wit
  • Hennievr
  • HennieBo
  • WilleWillemien

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.