Raad asb. Kasane kampplekke

Dirk P
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Oos-Rand
Ek sleep 'n Romany met 'n Toyota Fortuner

Ons beplan om dv. een of ander tyd die jaar ’n draai in Botswana te maak en wil graag die volgende weet.

 Waar kan ons bekostigbaar kamp in Kasane. Die plek moet ons een dag na die Chobe National park toe kan vat, en ons wil graag ’n vaart op die Zambezi doen van daar af. Indien moontlik wil ons self van daar vir ’n dag deurry na die Valle toe. Kan mens van Kasane af na die valle ry aan die Zim. kant, of is dit beter om deur Zambia te ry. (ons almal het gewone S U V’s en nie 4x4 nie)

 

Raad en voorstelle groot asb.

 

Dirk

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Hi Dirk, daar is baie kampplekke langs die Chobe rivier. Almal kan reel vir plesierritte op die rivier. Dit is jammer julle het nie 4x4 voertuie nie want dan kon julle deur die Chobe reservaat gery het, die toegang sluit ook die parkfooie in vir die boot ritte. Dit sal julle nou apart moet koop by die lodges. Chobe lodge het 'n baie nice kampplek, Toro Lodge bietjie verder aan en daar is regtig heelwat plekke vir kamp. Besprekings is 'n probleem, meestal first come first served basis. As ek my nie verbeel nie het die vorige of die uitgawe net voor dit 'n artikel in van mense wat hulle rit deur Botswane beskryf. Daar vertel hulle ook van kampplekke in Kasane.

Die grenspos deur Zimbabwe is besig, maar beter om valle toe te ry. Die fooi is hoog, maar as julle saamry in die karre sal dit goedkoper uitwerk. Dit is teerpad tot by die valle.

Ry net baie versigtig in Zim!!! die verkeersmense daar is fanaties oor hulle spoedlokvalle. Kry ook by voorbaat vir julle wit en rooi glimplakkers wat op die buffers moet kom vir Zim. Ons het twee jaar terug daar 'n USD 10.00 boete per voertuig gekry omdat ons nie die glimplakkers opgehad het nie! Jy kan dit by Outdooor Warehouse koop, wit vir voor en rooi vir agter!

Groete

Hans.

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Gaan die onlangse paar uitgawes van Weg Sleep na. Leon Botha se bydraes is nogal baie insiggewend. Google en kry nog meer inligting op webwerwe.

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Dirk

Wanneer beplan julle die toer .

Ons kyk na presies dieselfde tipe rit met n Motorhome en sal ook enige inligting waardeer.

Huidig kyk ons na die langnaweek einde April.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Wie's aanlyn

Daar is tans 12 gebruikers en 49 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • chrisbeachbum
  • ClaytonKleynhans
  • JC
  • Danet
  • Harry Du Randt
  • Ewie
  • dracoza
  • Christo de Wit
  • Hennievr
  • HennieBo
  • WilleWillemien
  • Wingnut

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.