Raad
Nuwe forum onderwerpe
Goeie middag,
Ek wil asb bietjie raad vra. Ons is twee gesinne wat die Des vakansie op pad is Lesotho toe om by die Khatse dam 'n draai te maak en dan van daar af na Sani Pas te gaan. Kan iemand my asb meer inligting gee oor die pad vanaf die dam na die pas en oor verblyf ens.
Baie dankie solank
Groete
Christine
Nog 'n tip vir Lesotho. Sit vir julle 'n brandblusser in elke voertuig. Alhoewel dit nie 'n verpligting is om dit by jou te hê nie word jy ver van die dorpe afgetrek en dan moet jy dadelik "spot fines" betaal. Geen kwitansies word uitgereik nie. Natuurlik word net buitelandse voertuie afgetrek.
Sit vir julle 'n brandblusser in elke voertuig.
Veral in die Land Rovers asb! 
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- chrisbeachbum
- ClaytonKleynhans
- JC
- Danet
- Harry Du Randt
- Ewie
- dracoza
- Christo de Wit
- Hennievr
- HennieBo
- WilleWillemien
- Wingnut




Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB
Dag Christine. Welkom hier.
Ek sou voorstel julle ry met die afgaan oor Fouriesmith en gaan by daardie hek in. Julle kan selfs by die Ficksburg-hek ingaan en dan met 'n goeie pad ry tot by die Katse dam.
Daar is blyplek daar. Google dit net so 'n bietjie. Ek het ongeveer 'n jaar gelede kontak met die mense gehad.
Vanaf Katsedam ry jy oor Thaba Tseka met die A3 tot by Rafolatsani. Daar draai jy regs om op die Sanipas se pad te kom.
Wees gewaarsku. Die rit vanaf Fichsburg tot by Katsedam is nie ientlik 'n probleem nie. Net baie draaie en op- en afdraandes, maar die stuk tussen Katse en die Sanipas is nogal baie uitdagend. Grondpad die heelpad en hy is op plekke goed uitgery deur die taxis. Veral die stuk tussen Rafolatsane en die Sanipas. Op die hele stuk pad tussen die Katse dam en Sanipas se bokant sal julle gelukkig wees as julle 'n gemiddelde spoed van 40km/u kan handhaaf. So dit gaan bitter stadig
Jy moet op die gedeelte vanaf Katse tot by die Sanipas 'n volle dag voor voorsiening maak. M.a.w wikkel vroeg in die oggend as die ligdag gebreek het en jy sal dan betyds wees vir die grenspos bo-op Sanie wat 5 uur sluit. Die SA ene onder die pas sluit 6 uur.
Maak maar net dood seker van die tye en wat jy nodig het om saam te vat voor die tyd, want die reelings en tye verander van tyd tot tyd. Die AA(AUTOMOBIEL ASSOSIASIE) kan jou baie help hiermee.
Vat genoeg jasse en warmmaak klere saam. Dit is vrek koud daar bo in Lesotho al skyn die son. Verlede Desember toe ons op die 3000m vlak anderkant Sani gestop het was dit maar 14 grade.
Geniet dit.
PS. Jy kan nie daar deur sonder 'n 4x4 voertuig nie
Rondawel Gasteplaas. Karoo.