Morrumbene Mozambique

Deon de Bod
Nuweling
Aangesluit: 06/01/2012
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

ons gaan in april na morrumbene beach resort in mozambique. Ek het 'n 250D Isuzu DC 2x4. Weet enigiemand of die oord met so 'n voertuig bereik kan word.  Ek gaan niks sleep nie....net die voertuig en ons. Deon

kallie404
Nuweling
Aangesluit: 09/01/2012
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mooketsi

Deon,ek en n vriend is so n jaar terug na n lodge genaamd Linga-Linga en ons moes by Morrumbene afdraai soontoe.(die dorpie se naam is ook Morrumbene)  Die sand was diep en dit het my omtrent n uur geneem met my Toyota land cruiser in low-range 4x4 om omtrent 20 km te doen tot by Linga-Linga, wat regoor Maxixe is. Ek weet egter nie waar Morrumbene lodge is nie maar dit kan moontelik ook baie diep sand he soontoe. Ek hoop ons praat van dieselfde plekke !!

Deon de Bod
Nuweling
Aangesluit: 06/01/2012
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hallo Kallie

Dit klink of dit  baie naby mekaar is... mens ry blykbaar deur die dorpie Morrumbene en dan na 'n paar km draai jy regs af vanaf die teerpad en dan is dit nog 13km sandpad tot by die oord

kallie404
Nuweling
Aangesluit: 09/01/2012
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mooketsi

Hi Deon

Jip,dit klink soos hom !! Ons het net buite die dorpie regs gedraai en as ek reg onthou omtrent 20km gery na die lodge tussen duisende coco nut palms deur. Ek het my Cruiser se wiele af geblaas en in "low range"  2de rat aan- gekruie tot daar. Die sand was so diep dat ek nie kon waag om te stop om fotos te neem nie,ek moes momentum behou anders sit n mens !!  Kontal die lodge en maak seker wat die omstandighede is .Groete 

Deon de Bod
Nuweling
Aangesluit: 06/01/2012
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Baie dankie.....ek het hulle gekontak en dit wil voorkom asof die inligting en dit wat jy se ooreenstem....wiele af tot 1bar en dan net momentum hou

Wie's aanlyn

Daar is tans 11 gebruikers en 47 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JC
  • Danet
  • Harry Du Randt
  • Ewie
  • chrisbeachbum
  • dracoza
  • Christo de Wit
  • Hennievr
  • HennieBo
  • WilleWillemien
  • Wingnut

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.