Limpopo River Lodge
Nuwe forum onderwerpe
Ek gee graag terugvoer oor my paar dae by Limpopo River Lodge. Ek, Ma en ons seun het deur die Platjan grenspos ons kampplek bereik. Dis 'n heerlike rustige en skaduryke kampplek op die walle van die Limpopo waar mens lekker kan uitrus. Die laaste paar km grondpad is aan die rowwe kant - nie gemaak vir gewone karavane nie.
Geriewe:
Geen krag; ablusieblok per kampplek bestaan uit 'n stort, wasbak en toilet - word baie mooi skoon gehou; asblik; kraan; braaiplek wat daagliks skoon gemaak word.
Daar is baie diere, veral olifante en verskeie boksoorte. Ons het ook 'n luiperd gesien.
Met die terugkomslag was Platjan toe aangesien die rivier oor die laagwaterbrug gespoel het. Ons moes toe 130km ompad ry na Martin's Drift. Die grondpad soontoe is nie iets om oor huistoe te skryf nie.
Ek kan dié kampplek egter aanbeveel vir enige persoon wat rus vir sy siel soek.
Jong Heinrich, nie veel foto's geneem nie, maar hier's darem een van die "camp site"..
Groete
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Danet
- JC
- Ewie
- Harry Du Randt
- chrisbeachbum
- dracoza
- Christo de Wit
- Hennievr
- HennieBo
- WilleWillemien
- Wingnut




Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX
Hi Cheetah
Klink na "my koppie tee" Kamp!
As jy fotos het laai asb - wys jou muis!
Groete
Heinrich