Grens info benodig

Raymond_Kruger
Nuweling
Aangesluit: 12/09/2011
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n Trailer met 'n Fiat Punto

Ons beplan 'n vakansie by Swakopmund, Namibia.

 

Ek nodig soveel as moontlik inligting rakende grensgelde, moet en moenies ens wat ons sal help om die trip meer gerieflik te maak.  Ons gaan oor die Desmeber vakansie.

 

Eenige inligting of tips wat julle met my kan deel sal welkom wees.  Kontak my gerus by rk@live.co.za

 

Groete

 

Raymond

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Welkom Raymond.

Ek self kan jou nie raad gee nie, maar maak ook inligting oor die grens na Namibie bymekaar. Plaas asb alle inligting wat jy ontvang hier op die Forum want daar mag meer mense wees wat belangstel.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Rienie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 378
Gebruiker van lyn af.
Plek: PRETORIA

Raymond,

Ons was nou in Augustus in Namibia.  Ons het nie gesleep nie en ons het R220.00 betaal vir ons voertuig. Kan ongelukkig nie onthou wat kos dit as jy sleep nie.

Vat jou eie penne saam dit is makliker en vinniger.

Daar is 'n boek Weg Namibie te koop met al die inligting wat jy nodig het. 

Geniet jou vakansie in Namibie.  Ek sal defnitief weer gaan. 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

 Hi Raymond,

Julle gaan seker deur Botswana sleep?  Kry in daai geval 'n "Return Trip" permit as jy ingaan en weer selfde pad terugkom. Mens spaar 'n klein biki en makliker om terug te kom.

Loer ook hier na die AA se "Cross Border" informasie:

www.aa.co.za/upload/images/travel/Going%20Overseas/aa_crossborder_info.pdf

 

Groete,

Jacques

 


 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

O ja - daar is ook huidiglik 'n algehele verbod om vleis in te vat in Botswana in.

Koop eerder in Swakop - pragtige kwaliteit!!

 

Groete,

Jacques

 


 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Raymond, as die voertuig nog onder huurkoop is, kry brief van die bank. Kry brief van versekeraar dat voertuig verseker is. Afskrif van registrasie Sertifikaat.  van voertuig. Paspoorte moet nog vir mistens drie of ses maande geldig wees na datum va be-oogde terugkeer. Jy moet ook adres en inligting verskaf van waar jy tuisgaan.

Gaan jy sleep? of net ry met kar en sleepwa? In Desember moet jy maar sleepwa so pak dat jy maklik kan afpak by padblokkades, hulle  is baie meer vol nonsens in Desember, Indien jy Upington oorry, via Ariamsvlei, gaan jy blokkades kry sowat 30km anderkant Ariamsvlei, anderkant Karasburg, duskant en anderkant Windhoek, naby Karibib en dan net buite Swakop.

Ek stel ook voor kry daardie WEG Namibië, ek dink die inligting van wat jy alles benodig is daar in.\

Onthou net, by grenspos en blokkades, wees maar nederig!!! en geduldig, daai ouens hou  nie veel van ons ouens nie, en moet seblief nie verby stoptekens by blokkades ry nie, kar se neus binne half meter van stopteken!!!

My kinders bly in Swakop, en ons ken daai outjies se maniere!!!!!\

In swakop, waar gaan julle bly?

Koop by Spar, of Checkers of P & P, almal se pryse redelik kompeterend, sowel as Woerman's.

Vleis by Namaqua, ek dink dis die naam, naby Spar, maar die genoemdes se kwaliteit ook OK. Groot Fruit en Veg, baie modern deesdae.

Ons bly altyd oor by Withuis, naby Grünau, heerlike kos daar, oppas net vir die borde kos, te veel vir een persoon om te eet.

Man, ek is skoon lus om ook weer te gaan kuier!!!!!

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

hein2
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 44
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heilbron

Ek gaan self DV Desember na Swakop, sleep nou al omtrent elke jaar daarheen - of so voel dit - om die vis te voer vir die ouens wat na my daar gaan kuier. Ek het nog in die afgelope 4 jaar geen moelikheid met die grens of die pad- polisie gehad nie. Groet vriendelik en al laat hulle jou onnodig wag, "smile", vind uit hoe dit gaan en dan kyk hul na jou paspoort en lisensie en daar gaan jy. Ek ry gewoonlik oor Upington maar wil die jaar miskien deur Botswana ry.

Ek is nie seker maar ek dink dit was laas R110 vir die karavaan.

Ek koop gewoonlik 'n skaap op Grunau en dan ekstra vleis by Hartlief in Windhoek. Ek het nog altyd vleids meer billik in Windhoek gekoop as Desember by die see.

 

Eddie Laing
Ou hand
Aangesluit: 11/01/2010
Inskrywings: 257
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gaborone Botswana
Ek sleep 'n Jurgens Explorer met 'n Mitchubishi Pajero 3.0L SWB

Hein

Botswana sal jy P170-00 (Pula) vir jou voertuig en wat jy ook sleep voor moet betaal. Geen vleis of vrugte mag oorgrens kom tans met die verbot op produkte en tot verdere kennisgewing van Agriculture.

Eddie

bosvos
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/05/2011
Inskrywings: 101
Gebruiker van lyn af.
Plek: durbanville
Ek sleep 'n bushwakka met 'n amabenzi gl

Raymond , jy kan gerus ook die toerisme beampte skakel vir Namibiese besoeke . By hul kantoor in Kaapstad werk me Zaheerah Sampson - 021 4223298 . Voor ons Juliemaandse besoek het sy ons gewaarsku oor die rooivleisverbod . Dit het ons gespaar van 'n groot verlies ( soos in die nuwe Wegsleep vertel word het mense baaaie geld se vleis verloor oor hierdie regulasie )  .

Wesman
Nuweling
Aangesluit: 09/02/2011
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Jurgens Xcape met 'n Toyota Fortuner D4D 4x4 2011

Hi Bosvos

 

Ons wil in Desember 2011 by MCcarthy Rest ingaan na Mabua - soek n ou vir probleme met vars vleis?

 

Ek verstaan daar is op Tsabong n Shoppers?

 

Wessie

Wesman

 

bosvos
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/05/2011
Inskrywings: 101
Gebruiker van lyn af.
Plek: durbanville
Ek sleep 'n bushwakka met 'n amabenzi gl

Wesman ,

Ek kan my ongelukkig nie uitlaat oor daardie toegangsroete nie , ons het dir nog nie voorheen gebruik nie . Ek is seker een van die ou hande op die forum sal kan raad gee . Nadat ons met verskeie mense gesels het wat Namibië besoek het , het ons tot die slotsom gekom dat hul maar baie lukraak is wat die toepassing van reëls betref . Sterkte en geniet jul trippie geweldig . Ons is gek na Nam en wil sommer emigreer .

goggas
Groentjie
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n Conqueror Companion met 'n Fortuner 4x4 3.0d

Hallo.

Ons beplan tans aan n 2 weke toer na Zimbabwe en dan oor na Mozambiek. Ons gaan Gorangezou, Chimanimani en dan oor in Mozambiek.

Ons benodig raad oor die volgende inligting asseblief:

*Watse plakkers vir Zimbabwe en waar moet dit geplak word.

*Wat is die beskikbaarbaarheid van diesel en loodvrye brandstof.

Ons sal dit waardeur as julle vir ons raad en wenke kan stuur.

 

Groete

Groente Groete,

 

johan loots
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2011
Inskrywings: 149
Gebruiker van lyn af.
Plek: polokwane

Weet nie water plakkers nie maar as jy uitgevind het dit is te koop by Makro hier by ons. weet nie daar by julle nie.Baplan n ViC -Falls trip deur Btswana en n draai deur Duitswes. Het n mens n internasionale bestuursliksens nodig en watter inspuitings?Sal die draad ook dophou.Smile

 

groete uit die noordeCool

 

 

johan loots
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2011
Inskrywings: 149
Gebruiker van lyn af.
Plek: polokwane

Weet nie water plakkers nie maar as jy uitgevind het dit is te koop by Makro hier by ons. weet nie daar by julle nie.Baplan n ViC -Falls trip deur Btswana en n draai deur Duitswes. Het n mens n internasionale bestuursliksens nodig en watter inspuitings?Sal die draad ook dophou.Smile

 

groete uit die noordeCool

 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 11 gebruikers en 40 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JC
  • Ewie
  • Danet
  • Harry Du Randt
  • chrisbeachbum
  • dracoza
  • Christo de Wit
  • Hennievr
  • HennieBo
  • WilleWillemien
  • Wingnut

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.