Etosha/Caprivi en Chobe
Nuwe forum onderwerpe
Hi daar
Ek beplan my Desember vakansie. Ek wil graag bietjie gaan afpak in die Caprivi. Visvang, voels kyk en ontspan. Maar die trip soontoe en terug is net so belangrik. Het gedink om deur Namibie op te ry en via Botswana weer terug. Ek bly in Oos London. Kan julle dalk vir my kampplekke aanbeveel. Bietjie raad en advies sal ook goed wees. Ek dink plekke met lekker koelte, nie te crowded maar goeie fasiliteite.
Groetnis
In Katima is Namwi Campsite ook 'n belewenis. Baie skadu, mooi gras staanplekke en baie mooi ablusie geriewe. Dit is teen die rivier en die eienaar kan reel dat iemand jou op die rivier sal uitneem vir tiervis.
Daar is ook 'n besoeker wat gereeld 'n draai deur die kamp maak! Die seekoei is so om en by 3 jaar oud en pla nie.




Dankie ouens
Dit lyk goed, ek sal bietjie opvolg. Hopelik het hulle websites.
Jy kan gerus Hippo Kamp in Katima ook probeer. Baie koelte gras en n swembad alles op die oewer van die rivier. Jy kan my PM as jy n baie stil Kamp plek soek. My vrou se niggie het n plek naby Divundu. die is ook op die oewer en sy kan ook reel vir Tiervis vang op die rivier.
Ons toer baie die Zambia, Caprivi, Botswana en Kunene so skree maar as jy raad en hulp nodig het
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- chrisbeachbum
- Ewie
- Harry Du Randt
- Danet
- dracoza
- Christo de Wit
- Hennievr
- HennieBo
- WilleWillemien
- Wingnut





Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX
Hi Kabeljou
Nunda River Camp in die Caprivi (Divundu) is ongelooflik mooi. Daar is staanplekke teen die rivier. Mooi badkamers - BESTE in Namibie. As jy in die omgewing kamp is dit `n moet.
Foto is geneem van ons kampplek teen die Kavango Rivier.
Groete
Hein