BOTSWANA SE WATERVLAKKE

George Marx
Nuweling
Aangesluit: 16/10/2010
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: PRETORIA

Ons beoog om Augustus/Sept Botswana te toer met 4X4 en offr sleepwaens maar lees/hoor die watervlakke is hoogste in 40 jaar.

Dis ons eerste keer en ons beoog om die delta via Moremi en Savute/Chobe op na Kasane te ry en dan deur Caprivi (nie net hoofweg teerpad nie) na Noorde van Namibie.

Waar sal mens droogvoets kan ry ( want ek is nie modder vasval en water oor die voertuig neus tipe nie) en bly.

Volgens hoorse gaan dit 'n wonder jaar daar wees maar lyk my mens gaan nie naby dit kom nie.

Sal dit moontlik wees

Wat kan die wat WEET aanbeveel

Help asb

 

 

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 774
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Hallo George

Man ek het in 2000, die jaar van die groot reen  daai wereld gaan toer. Botswana Chobe Savuti nie sleg nie. Pasop net vir die Kwai Rivier. Daar is n manier om hom mis te ry. Bly weg van die Sowa Panne. Jy gaan daar stooi tot die volgende droogte.

Wat die Caprivi betref as jy op die hoof roete bly geen probleem nie. Pasop maar die gedeelte daar by Fort Doppies se kant. My vrou se niggie het Kamp plek daar teen die Okawango wat redelik gereeld onder water beland maar hou in gedagte die reen moet in Angola vrae om die plekke on begaan baar te maak. Ek weet nie of julle teen die Kunene gaan af toer nie? Maar kom ek stel dit so, As Rucana Waterval sterk af kom en jy onder verby die Hippo poele al water in die pad kry, bly weg. Ek was daar langs die rivier in n kloof vas gekeur vir ses dae voor ons oor die berg begin pad bou het. Dit het ons drie dae gevat om sowat 2 kilometer te ry.

Jy kan my n PM stuur dan stuur ek jou my nommer as jy meer wil weet.

Die Kwai rivier en nie in die reen seisoen nie

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

heinlag
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Hi George

Ons spring weg Vrydag 5 Aug na die Noorde van Namibie, Damaraland, Etosha,Caprivi en dan Botswana. Ons hoop vir die beste!

Geniet die beplanning - en jy gaan modder kry!

Groete

Heinrich

 

 

 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 10 gebruikers en 38 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Christo de Wit
  • chrisbeachbum
  • Harry Du Randt
  • JC
  • Danet
  • Hennievr
  • HennieBo
  • WilleWillemien
  • dracoza
  • Wingnut

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.