Territory sleep probleem
Nuwe forum onderwerpe
Het die balljoints gehou? Gehoor daar is probleme, check dalk net.
Die ratkas is rekenaarbeheer as ek reg is. Dit kan reggestel word met 'n verstelling.
Doen die volgende toets: As hy dit weer doen los die souspedaal heeltemaal dat die voertuig afslek. Die ratkas behoort dan self na 'n hoher rat oor te skakel. Indien hy dit nie doen nie en die Tiptronic kry dit ook nie reg nie is daar 'n elektroniese ingryping in die beheerstelsel nodig.
Die outomatiese ratkas word baie warm en dan sal hy terug skop na derde rat en nadat hy redelik afgekoel het weer na vierde gaan. Sit 'n ekstra olie verkoeler op die ratkas en die enjin sal ook koeler loop. Viede rat is einlik 'n '"overdrive" wat die "torque converter"sluit en so vir jou 'n ekstra rat gee, want die "oil slip" word dan verwyder.
Ek het dit op my Jeep gedoen en die resultate is goed.
Groete.
Die terretory het die Australianse Auto matiese BTR ratkas.Daar moet n sped sensor of iets wees wat nie die werklike lesings deurgee nie dit is hoekom dit in 3de haak en nie verander na laer rat toe nie.
Die SsangYong Musso Auto 2004 en later modelle het ook diselfde ratkas gebruik.
Dit is nie normaal nie.
As enige van julle sukkel met julle Territory ek sal dit graag neem
Ek hou van sukkel, veral as dit in styl is :P
Hi
Ek het die 2008 Ghia en moet erken hy sleep wonderlik. Ja teen 'n helling skuif hy terug na 3rde maar sodra die oppervlak dit toelaat gaan hy weer oor na 4rde. Brandstofverbruik is presies dieslfde, of ek nou sleep of sonder iets aan die haak. in die omgewing van so 6 -7 km / liter. Dis nou nie juis ideaal nie veral as jy kyk na wat doen van die diesel voertuie. Die probleem is ek hou baie van automaties en weet nie watter ander (diesel) kan ek in hierdie klas kry nie.?? Enige raad?
Groete
J
ek sleep ook met n Ford Territory en ek sleep n Jurgens en al wat ek kan se dit is net droom om met die voertuig te sleep.
Ek het ook die 4 spoed Territory 2x4 Ghia gery voordat ek die ST (6 spoed, AWD Turbo) aangeskaf het. Die tipe ratkas wat in die Territory gebruik word het drie metodes om die ratte te skakel:
1. Plain "Drive" mode soos al die ander auto ratkaste.(4 ratte voorentoe - automaties)
2. "Performance Auto" Mode (Druk rat hefboom links en los (Slegs 3 ratte voorentoe - automaties, 4de word uitgesluit)
3. "Performance Manual" mode (Tik rathefboom voorentoe /agtertoe om manual die ratte self te skakel (4 ratte voorentoe tiptronic ek dink is die regte naam hiervoor, elke rat sal gehou word totdat jy self oorskakel)
Lees jou handleiding, sodra jy die ratkas oorskakel na "perf" (auto ) mode toe ("perf" sal wys op die dashlnaks die D vir "Drive") dan skakel die rekenaar automaties die ratkas se 4de rat uit, m.a.w die "perf" (auto) mode sal dan hoogstens automaties tot in 3de skakel, indien jy 4de toe wil gaan sal jy dan in "perf" mode (manual) moet self oorskakel na 4de toe of sit die ratkas net in plain "drive" mode en hy sal dan 4de toe gaan vanself sodra omstandighede reg is. Ford stel voor dat jy glad nie in gewone drive mode sleep nie maar wel slegs in perf (auto of manual) mode sleep. Ek het meestal net in drive gesleep en die ratkas toegelaat om sy ding te doen en dit die beste gevind, indien ek `n baie steil opdraande gekry het het ek die ratkas dan net oorgetik "perf" (auto) mode toe om die 4de rat uit te skakel. Op`n afdraande is die "perf" manual mode seleksie gebruik om soms te help met spoed beheer.
Hoop dit help,
Groete
Greg
Hi Greg
Dis nou lekker raad maar ek wil net seker maak ek verstaan reg? Ek ry en sleep altyd in gewone outomatiese mode. Ek peuter nie met die rathefboom nie want dis tog hoekom ek 'n outomaties gekoop het. Inteendeel, ek's baie lui, ek skakel die "cruise" aan op 110 km/per uur en stuur slegs. Ek het opgelet die ratkas skakel gerieflik terug na 3rde as die pad bietjie steil raak. Dan weer terug 4rde toe as gelyk is. My brandstofverbruik was dieselfde asof ek nie sleep nie, so 430 km per tenk. Dink julle dis verkeerd of wat?
As ek jou raad lees meld jy dat Ford voorstel mens sleep in die Perf mode?
Hi Jakes,
Ja, in jou voertuig se "owners manual" (vanaf bladsy 301, en spesifiek op bladsy 307) staan die volgende:
"When towing heavy loads it is recommended that Performance Mode is selected, this will result in cooler transmission temperatures"
dus my raad om dit slegs op baie steil opdrandes te gebruik, maar die auto in gewone mode skakel vir my baie goed deur net gebruik te maak van die "accelarator kickdown". Net so terloops die ratkas sal wel na 4de toe oorskakell in "Perf" auto mode indien jy oor 150km/h gaan.
Ek het laas April met die Penta en die 2x4 Ghia Territory afgesleep Scottburgh Karavaan Park toe (Snelweg heelpad) en het 6,2km/l gekry met die afgaan slag en toe 5,8 gekry met die terugkom slag, die heeltyd so teen120km/h meestal met die "cruise control" aan. Ek het al verskei lokale oorde besoek en op die agterpaaie sleep ek niks meer as 100km/h nie, dan kry ek tot 7,2km/l, snaaks genoeg ek het die vorige jaar `n Sprite Swing afgesleep Scottburgh toe met dieselfe voertuig en net 5,2km/l gemiddeld gekry teen 100/110 km/h? Ek kan dit nie verklaar nie!
Ek het al met baie voertuie gesleep en het net lof vir die Territory as sleep voertuig, gerieflik, baie stabiel en hope krag, dis waar my besluit gekom het om weer `n Territory te koop, maar hierdie keer die ST, nog meer krag 245Kw en 480Nm torque en `n 6 spoed ZF auto box wat op dieselfde beginsel as die 4 spoed werk. My gaai het gejeuk vir `n ander motor, maar wat koop jy vandag vir R220 000?, in die Territory ST het ek `n , `n sleep voertuig, gesins motor, All Wheel Drive en dit vir minder as die prys van`n nuwe Golf 6 1.4
Die Territory`s is nie so lig op petrol nie as `n reel, met die ST indien ek mooi ry (120km/h) kry ek so 10km/l op die oop pad en so 7,5km/l in die dorp (min of meer wat ek met my ou 4 speod my gegee het), ek het ook hom ook al gelooi in die dorp dan kry ek so 289 km op `n tank (so 4km/l, dan sleep ek nie eers iets nie), so al maak die petrol verbruik my soms huil, maak dit dit als werd sodra ek gehak het 
Kamp Groete
Greg
Beste Piet
Ek sleep met AWD Ghia, 2006, en nog nie dit ervaar nie.
Probeer die volgende trefwoorde op Google" Ford Territory Australia"
Daar gaan jy 'n verwysing kry na 'n blad oor "Territory problems", gaan snuffel daar en dalk kry jy antwoord daar
Wessel Strydom
Brits
Ek het geen probleme met my territory Ghia gehad nie. Auto ratkas werk soos 'n droom.
Daar is bitter min voertuie wat so lekker sleep vir die prys.
Hi
Wil net met almal deel. Ek het my Territory ingevat vir 90 000 diens by Caseys Ford in Springs (Oos Rand - Ford hoofstad). Tot my skok se my vrou die volgende aan vir my daars groot fout met die kar, lawaai links voor. Uiteinde was die wiel was nie vas nie! Hulle het die wiel afgehaal om vir my te se die briekskoene moet vervang word (teen koste van R1 980.00 terwyl ek top kwaliteit skoene koop R600) en toe nie die wiel weer behoorlik vasgemaak nie. Ek was rasend want my vrou en kinders gebruik die kar daagliks. Al wat Ford se is, "sorry".
Dieselfde swak diens gehad by die Benoni tak. Vat die kar in en toe ek hom die aand gaan optel het hulle niks gedoen nie, behalwe om te was. Toe ek vra of hulle klaar is het niemand eers geweet hulle moes iets doen nie.....toe was hulle hom maar. (Nuwe SA se uitkyk is; Hoekom moet ek werk, ek het mos 'n job)
Ek is klaar met hierdie agente, hulle melk jou en die diens is pateties. Sal maar die local ou ondersteun wat bereid is om diens te lewer want die sy eie besigheid.
Gaan bietjie kuier by Klein Paradys hierdie naweek om af te koel....
Groete.
Hello Hennie, ek sal graag wil weet op watter Jeep jy dit gedoen het? Ek sleep met n 2010 Jeepr Wrangler en ondervind ook dat hy geneig is om tussen derde en vierde te "hunt" al is die "overdrive" afgeskakel.
Groete Andre
Ek het ook 'n 2007 Territory AWD. DIe voertuig het ook in "rat bly vassit", en dit sonder dat ek iets sleep. Ek het hom na Deon by Cassey's in Springs geneem en die volgende diagnose is gemaak..... Die alternator het die gees gegee. Nou wat de joos het dit met die ratkas uit te waai? Wel, as die alternator meer volt lewer, gaan die ratkas in "limp mode" om homself te beskerm. Hulle het die alternator en battery vervang en ek het nog glad nie weer die probleem ondervind nie.... Die Territory is ook, na my mening, een van die beste sleep voertuie beskikbaar. Die brandstof verbruik is 'n kwelling; maar vir die gerief en krag wat ek ervaar, gee ek die hoë brandstof verbruik as offer. (Wat sê die spreekwoord.... elke paradys het 'n slang!)
Ek sleep met 'n 2007 Ghia RWD. Soos die handleiding voorskryf gebruik ek slegs "Performance mode" outomaties wanneer ek sleep. Dit werk soos 'n droom veral as cruise control gebruik word. Verbysteek is beter as enigiets wat ek in 31 jaar se sleep ervaar het. Self tydens 'n hittegolf was daar geen teken van oorverhitting nie.
Teen 'n spoed van 110 is dit selde dat die ratkas terugskakel en en die brandstof verbruik wissel tussen 17,5 - 19 l/100km.
Die enigste voertuig wat meer stabiel was as die Territory was 'n Kia Sorento, maar na die turbo gegroet het, was die droommotor iets van die verlede.
Lekker sleep.
Hi
Wil net met almal deel. Ek het my Territory ingevat vir 90 000 diens by Caseys Ford in Springs (Oos Rand - Ford hoofstad). Tot my skok se my vrou die volgende aan vir my daars groot fout met die kar, lawaai links voor. Uiteinde was die wiel was nie vas nie! Hulle het die wiel afgehaal om vir my te se die briekskoene moet vervang word (teen koste van R1 980.00 terwyl ek top kwaliteit skoene koop R600) en toe nie die wiel weer behoorlik vasgemaak nie. Ek was rasend want my vrou en kinders gebruik die kar daagliks. Al wat Ford se is, "sorry".
Dieselfde swak diens gehad by die Benoni tak. Vat die kar in en toe ek hom die aand gaan optel het hulle niks gedoen nie, behalwe om te was. Toe ek vra of hulle klaar is het niemand eers geweet hulle moes iets doen nie.....toe was hulle hom maar. (Nuwe SA se uitkyk is; Hoekom moet ek werk, ek het mos 'n job)
Ek is klaar met hierdie agente, hulle melk jou en die diens is pateties. Sal maar die local ou ondersteun wat bereid is om diens te lewer want die sy eie besigheid.
Gaan bietjie kuier by Klein Paradys hierdie naweek om af te koel....
Groete.
Jakes,
Doen jouself 'n guns en gaan kuier vir Leon Nel by Consolidated Auto in Boksburg, jy sal diens uit die boonste rakke kry. Skakel hom by 011 306 2000 en sê Piet Pretorius het jou na hom verwys.
Groete
Piet
Thanks Piet, sal beslis oorweeg in die toekoms. Baie gelukkig so ver met die kar want als is nog heel en in plek, geen olie lekke nie (so ek moet seker kyk of hy nog olie in het!?)
Groetnis
Hi Andre jammer dat ek nou eers die boodskap lees. Ek het die Jeep gran cherokee laredo. Staan op die oomblik met enjin uit ek het olie in die water gekry en besluit toe om maar die enjin uit te haal en sommer die olie lekke reg te maak. Het die turbo gedoen en die inspuiters. Diekoppe is ek besig mee en sal dit seker so vroeg in Augustes eers weer aanmekaar sit. Ek pes die koue en werk dan nie in die motorhuis nie.
Groete
Die "Oil cooler" werk soos 'n bom veral as jy sleep.
Kan iemand met ondervinding/kennis my dalk se watter tipe voertuig sleep die beste tussen 'n handrat of outomaties. Ek het 'n Jurgens Explorer en gaan nou 'n nuwe 3L diesel Fortuner 4X4 koop, maar kan nie besluit wat die voordeligste gaan wees tussesn outo of handrat.
Ek wonder ook as dit by 4x4 kom wat die beste is. Ek het al gehoor party mense se handrat is beter as outomaties oor jy die wrinkrag (my eie terme) beter kan beheer.
Sal graag advies wil hoor.
Hallo Morne
Jy gaan baie plesier he met jou fortuner, ek self het die 3D4D 4x4 Doublecab Hi-Lux 2009 model. Dis al my 2de bakkie.Die eerste een is 'n 2006 en ek gebruik hom nou in die werk, is steeds 'n plesier om hom elke dag te ry.
Handrat sleep vir my die beste,want jy kies die rat.Ons hier in die Kaap ry mos maar baie passe en steil opdraendes, so meestal sleep ek in 4de rat.Op 'n gelyk stuk maklik in 5de, maar met kopwinde kry die masjien swaar in 5de, so 4de bly die veiligste,terloops ek sleep ook 'n Explorer.
Outomatiese kaste is goed vir 4x4 veral as jy teen redelike hellings moet wegtrek, want die outomatiese kas verhoed dat die wiele tol,waar jy baie keer met handrat dalk net die clutch 'n bietjie vinnig laat kom of te veel petrol gee en jy spin jouself vas.
Bygese, hoe ekstreem wil jy gaan,my bakkie is handrat en ek het al verskeie tereine gery sonder probleme, kies net die regte rat en afhangend van die terrein 4H of 4L.Baie ouens wil te veel probeer doen in 4H en dis waar die probleme begin,jy kan met gemak in 3de rat wegtrek wanneer in 4L.
Die ouens kla dat die outomatiese Fortuners/Hi-lux nie dieselfde perform as die handratmodelle nie, hoop die bietjie inligting help
groete
Gerhard
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- JC
- Danet
- Harry Du Randt
- Hennievr
- HennieBo
- WilleWillemien
- dracoza
- Wingnut
- chrisbeachbum
- Romeo




.jpg)








.jpg)
Ek het vir my 'n 2009 Ford Territory ST AWD gekoop en moet sê die trip af Hartembos toe was net 'n plesier gewees.
Kampgroete
Willem