Wa Argitek - Die Ontwerp kompetisie in WegSleep #25

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi julle,

Dis nou 'n interessante een!!  

Ek het 'n paar idees en gaan dalk net my hand op papier sit.

Wat dink julle?

 

Groete,

Jacques


 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Hello Jacques - ek't reeds op 'n nader draad Vrydag gesê ek hou baie van die idee!

Ek gaan ook probeer - my en ma se plan saam op papier sit en kyk wat kom uit.

Sal net graag ook daai program wil hê wat hulle gebruik om die prentjies te teken - weet jy dalk waar kan ons een kry?  

 

 Goeiewense - Pieter

   

Deon vE
Ou hand
Aangesluit: 26/01/2010
Inskrywings: 205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

 Hmmm... Jacques, jy is reg. Ek gaan ook deelneem.

Dalk kan ons bietjie lewe blaas in ontwerpe wat nou al vir dekades lank onveranderd gebly het

Arie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n Tuis geboude Boswa met 'n Pajero 3.5

Het self ook deur die jare 'n paar idees bymekaar gemaak.

Kan net nie teken om my lewe te red nie, so weet nie hoe ek sal maak nie?

Arie

Kamp Groete

Arie

Deon vE
Ou hand
Aangesluit: 26/01/2010
Inskrywings: 205
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Skippie,

Daar is heelwat gratis tekenprogramme beskikbaar wat jy van die net kan aflaai.

Hier volg 'n voorbeeld wat ek afgelaai het:

http://www.a9tech.com/download/

Anders moet jy maar die ou houtbord en tekenhaak gaan uitgrawe

 

groete

Deon 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Netso Skippie - Deon het 'n paar idees.

Ek weet dat Google ook iets soos Sketchup Pro het, maar ek't geen idee hoe dit werk nie...

Skies, ek't jou ander draad nie gesien nie en die soek funksie is mos stukkend...

 

Groete,

Jacques

 


 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ag ons sal sekerlik regkom - ons moet nou net die planne agtermekaar kry en bymekaar sit!

 Goeiewense - Pieter

   

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Bakgat idee.

Ek's ok in!!!

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Deon, ek het daaieen afgelaai wat jy gese het - lyk maar flippen moeilik om met hom te teken hoor?  

 

 Goeiewense - Pieter

   

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

 Ek het normaalweg nie die geduld vir die goed nie... 

 

Groete,

Jacques

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Anders julle, stel ek voor dat 'n vryhandskets, of so-iets mos ook behoort te werk. 'n Mooierige tekening met tekeninstrumente, volgens skaal, sodat mens die meubelment volgens skaal kan plaas kan ook werk. Gesels so bietjie met julle kinners wat Ingenieursgrafika en Ontwerp as skoolvak neem. Scan hom en heg hom aan.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 756
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Kerels Google se Sketchup 7 is regtig nie baie moeilik nie. Speel net n bietjie en jy kry gou die idee. Ek het so pas vir my n Bos Karavaan ontwerp en geteken.

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 964
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Skippie,

As jy vir my 'n paar sketse deur PM, kan ek probeer om dit vir jou te teken. Sien die voorbeeld hier onder

Groete

Stoffel

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7446
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Stoffel, dit lyk nou sommer bakgat! Op watter stelsel word die sketse gemaak?

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Stoffel van Wyk wrote:

Skippie,

As jy vir my 'n paar sketse deur PM, kan ek probeer om dit vir jou te teken. Sien die voorbeeld hier onder

Groete

Stoffel

Hel ou Stoffel, jy's kuntig hoor - ek hou hiervan!!

Ek sal laat ma haar idees neerpen en dan sal ek vir jou stuur - dalk moet ek ook eers self probeer?

 Goeiewense - Pieter

   

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 579
Gebruiker van lyn af.

Hallo julle,

Ek is baie bly om te sien daar is soveel belangstelling. Ek sien werklik uit daarna om almal se ontwerpe te sien. 'n Skets soos hierdie is indrukwekkend en gee 'n mens 'n goeie idee van wat om te verwag. Dit is egter nie 'n vereiste om in te skryf vir die kompetisie nie. Solank daar 'n skets met die detail van die vier aansigte (voor, agter, link en regs) en die vloerplan van die karavaan is, is dit genoeg, al is dit 'n potlootskets wat met die hand gedoen is. Onthou net om soveel as moontlik detail in te sluit soos afmetings van meubels ens. En moenie van die motivering/beskrywing van die ontwerp vergeet nie.

As jy wel egter 'n CAD-skets (Computer assisted drawing) wil maak en nie die regte sagteware het nie, stel ek voor jy probeer Google Sketch Up. http://sketchup.google.com/download/gsu.html

Die basiese program is geheel en al gratis.

Stuur julle inskrywings en kan nie wag om dit te sien nie.

Groete Zigi

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 964
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ian,

Ek gebruik Solid Edge. Dit is ook 'n maklike program, maar dit is nogal duur.

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ek het Sketchup afgelaai en moet net gou bietjie klas draf met daai video's wat beskikbaar is!

Met so bietjie oefening lyk dit arem of dit nie te moeilik kan wees nie?  

 

 Goeiewense - Pieter

   

Obie
Super sleper
Aangesluit: 04/06/2010
Inskrywings: 551
Gebruiker van lyn af.
Plek: Zeerust
Ek sleep 'n Gypsey Caravette 6B met 'n BMW X3

Ek wil so graag ook prentjies teken maar het nog nie eens my nuwe Wegsleep ontvang nie!! Poskoets hopelik nie die pad byster geraak nie, of is hy dalk gekaap?? Dit gebeur mos daagliks daar by julle in die stede

 

Groete

Nico

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Ja wat, ek dink dit is 'n chapperige idee. Moontlikheid bestaan dat Jurgens nou goed geld gaan maak met al ons verskeie idees, maar sou what?!?!.

Eks ook in.

Leon    

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 579
Gebruiker van lyn af.

Ons is werklik baie opgewonde oor die kompetisie en kan nie wag om almal se ontwerpe te sien nie.

Groete

Zigi

 

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Stoffel, ek het nou al 'n paar programme afgelaai, maar hel man, dit is nog steeds moeilik!!

Ek en ma teken nou maar so met die potlood - dalk stuur ek vir jou ons plan sodat ons kan sien wat jy daarvan kan maak?

ons het nie baie geite nie - net wat ons dink wat nodig is vir ons twee - ons leef buite in die tent en slaap net binne!

Julle gaan nog sien wat ek bedoel! Ons gaan hom die Panjo noem!!

EN DIE NAAM IS GEPATENTEER, ONTHOU DIT!!! 

 Goeiewense - Pieter

   

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 964
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

More Skippie,

Jy kan dit maar stuur. Ek sal probeer om dit vir jou te doen

Stoffel

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Kom, Kom, Kom, nou mense hoe vorder julle sketse planne en tekeninge. J

ulle moet onthou die inskrywings moet in wees op middernag 30 September. Belangrik is nie net die tekeninge nie maar ook die motivering of verduideliking wat jou ontwerp beïnvloed het.

Ek sien dat van die mense meer sukkel om programme in die hande te kry as om te teken of te beplan.

Sterkte met julle tekeninge, moenie te hard probeer nie want ek het al klaar die wen plan geteken, moet net die motiveering verwoord.

Leon    

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Soooo ......kan ons nou maar ophou?  

 

 Goeiewense - Pieter

   

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 756
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Dag se

Ag ek probeer om vir julle te wys....Kry dit nie afgelaai nie. Dit geberg in PDF kan iemand help?

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Mufasa
Diknek
Aangesluit: 08/12/2009
Inskrywings: 1014
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria-Noord

Ja wat Skip!?! Julle gaan net julle tyd mors hoor. Die een is klaar in die sak! ! ! ! ! !

Leon    

Nikky
Diknek
Aangesluit: 08/02/2010
Inskrywings: 762
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Tent met 'n '72 VW Beetle

Bos Toe,

Kliek op die

en laai dan jou PDF. LW, hy moet nie meer as 2MB groot wees nie! Smile

Groete,
Nikky

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3130
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ag.........mens weet nooit - dalk wen ek daai boswa as jy jou inteken kontrak hernu - ek't dit gedoen en wag op die beste! Ek het hom nodig!!

Dan kan Jurgie op Kammaland gaan staan.

 Goeiewense - Pieter

   

Hendrik Acker
Groentjie
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 38
Gebruiker van lyn af.
Plek: Franskraal (Gansbaai)

Dagsê al julle slepers,

                                      Daai eerste karafaan gaan my naam op hê, gaan ook probeer om die beste en mooiste (van) te teken. Ek voel al hoe slaap my nuwe bed. So, julle kan maar ophou droom, dis myne!

Ja manne, sal dit nie wonderlik wees om die volmaakte wa te ontwerp nie!

             Sterke aan n ieder en elk wat inskryf! Mag die beste wen!

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 579
Gebruiker van lyn af.

Hallo julle,

 

Hier lê al 'n handjievol inskrywings by my en ek moet sê ek is nogal opgewonde as ek die mense se ontwerpe so kyk. Stuur julle ontwerpe sodat ons kan sien!

Groete

Zigi

Wie's aanlyn

Daar is tans 10 gebruikers en 116 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Johan Coetsee
  • Airbus
  • Eddie Rabie
  • thysvt
  • sakkie mynhardt
  • Gypsey King
  • chris dupreez
  • Eddie Laing
  • BenA
  • Corné Wagemaker

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.