Toyota Fortuner V6 4x4

Rinus Lisse
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/08/2010
Inskrywings: 95
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melkplaas tussen Springs en Delmas
Ek sleep 'n Venter of bees sleepwa met 'n Nissan Pathfinder 2.5D auto

Hallo Almal

Hier is my vraag en ek hoop julle kan help

Is die voertuig n goeie sleep voertuig of is daar dalk dinge wat ek moet na kyk.

my probleem is ek moet n voertuig he wat 6 persone kan vat want dit is ek en ma en 4 kinders.

ek kyk tans na n tweedehanse een.

Rinus

Leef voluit en geniet elke oomblik

maak die beste van al die slegte

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Welkom hier Rinus.

Jy gaan so 'n bietjie baie sous gooi. Ek stel voor jy oorweeg eerder 'n dieselaangedrewe voertuig om mee te sleep.

Hier is 'n klompie Fortuner eienaars op die forum wat jou in meer detail kan adviseer.

Watch this space!

Groete daar en geniet die forum.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Rinus Lisse
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/08/2010
Inskrywings: 95
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melkplaas tussen Springs en Delmas
Ek sleep 'n Venter of bees sleepwa met 'n Nissan Pathfinder 2.5D auto

Baie Dankie

Ek en die vrou het gekyk na n Diesel maar die manne wil ons nie n goeie prys gee op ons Nissan nie so dit sukkel maar met die kopery

Sal Julle op hoogte hou

Leef voluit en geniet elke oomblik

maak die beste van al die slegte

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Moet nie te haastig raak nie, ou maat. Iewers staan die regte voertuig met jou naam op. Hou net aan soek. Ek het 'n jaar na myne gesoek tot ek hom eendag gevind het.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Weg soos n muis
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 59
Gebruiker van lyn af.
Plek: Benoni
Ek sleep 'n Exclusive met 'n T5 Caravelle of V8 Landcruiser

VW  T5 Caravelle 128 kw - Met 4 kinders sal jy nie jammer wees nie

Tjorts

Muis

 

Rinus Lisse
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/08/2010
Inskrywings: 95
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melkplaas tussen Springs en Delmas
Ek sleep 'n Venter of bees sleepwa met 'n Nissan Pathfinder 2.5D auto

Wat ek nie sal gee om so n bus te he nie maar hy is bo my vuurmaakplek wat prys aan betref

 

Leef voluit en geniet elke oomblik

maak die beste van al die slegte

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Rinus,

Fortuner is 'n puik keuse.

Miskien kan ons jou help uitkyk?

Stuur my gerus 'n private boodskap met jou behoefte, begroting en details. Ek het 'n kontak by Barloworld Toyota Centurion wat dalk net jou kan help of kan help soek.

 

Groete,

Jacques

 


 

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2087
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

Ek kyk nie een oomblik terug nie. Staan reeds op 13 000km en het nog GEEEEEEEEN probleme ondervind soos mense my in die begin bang gepraat het soos bv. omval en petrolverbruik. Dit is net 'n plesier. As ek nie vir die twee seuns met karre moes voorsien het nie, het ek die nuwe 30L Prado gekoop. Huidiglik, verruil vir niks

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

Rinus Lisse
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/08/2010
Inskrywings: 95
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melkplaas tussen Springs en Delmas
Ek sleep 'n Venter of bees sleepwa met 'n Nissan Pathfinder 2.5D auto

Super

ja ek stem die mense het my redelik bang gepraat oor die omval en ander dinge maar om te sien dat jy die voertuig geniet en ook nie probleme het nie dit gee n man moed ............ die vrou het natuurlik klaar haar hart op die voertuig so lyk my dit is waarvoor ons sal gaan.

Baie dankie vir al die terugvoer wardeer dit opreg

 

Leef voluit en geniet elke oomblik

maak die beste van al die slegte

Lekker kamp
Nuweling
Aangesluit: 21/08/2010
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gansbaai

Ek het my V6 4x4 in 2006 nuut gekoop.  Dit het nou 105 000 km op en nie een dag se probleme gegee nie.  Ek gradeer nou 'n op na 'n nuwe een.

Jy sal nie spyt wees nie. Terloops,ek was nou op 'n toer waar 'n Prado saam was. Daar is niks wat die Prado kan doen (vermoë) wat die Fortuner nie kan doen nie, so ekgradeer OP na 'n nuwe Fortuner. 

Gerhard Prins
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 124
Gebruiker van lyn af.
Plek: Somerset-Wes
Ek sleep 'n Jurgens Explorer 2 met 'n Toyota Hi-Lux 3D4D D/K

As brandstofverbruik nie 'n kwessie is nie,maak jy nie 'n fout met die Fortuner nie.Die probleme was meer op die 4x2 modelle en ook nie almal nie,op 'n stadium het Fortuner meer verkoop as enige sedan.

My 2006 Hi-lux is die diesel 3D4D en het 120000km op en nog NIKS GEEN probleme nie.Ons kry gemid. 10-10.5 km/lt in die dorp en het nou vir 2weke getoer met ons offroad karavaan en het 7.96km/lt gekry,so my stem is vir diesel(120kw 343nm).

Voorspoed met jou besluit en geniet hom

 


Gustav
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 36
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n Ford Teritory

Rinus

Ek wil maar net weer my onbeskaamde opinie gee oor my Ford Territory.

Jy kan hulle nou redelik bekostigbaar tweedehands kry. Die engine staan vir geen woonwa terug nie. Ek sleep 'n Penta en die Ford is 'n goie kombinasie. Ek het so pas terug gekom van Namibie' met die Ford en my Penta. Het 7904 Km gedoen waarvan ek net so oor die 7000 Km gesleep het. My gemiddelde brandstof verbruik was 7.6 K/L. My sleepspoed is 105 Km/h. Hoekom? Die Ford sit hier op 2000 RPM en het soveel krag daar dat ek bitter soms die kierrie moet krap vir die volgende rat. Ja hy is outomaties maar ek sleep in handrat mode.

Doen jouself die guns en gaan kyk na een, ry sommer ook een as jy kan. Ek het al reeds vergelykigs gedoen met die Fortuner V6 en die Ford is by ver ligter op brandstof.

Sterkte

 

Gustav

Rinus Lisse
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/08/2010
Inskrywings: 95
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melkplaas tussen Springs en Delmas
Ek sleep 'n Venter of bees sleepwa met 'n Nissan Pathfinder 2.5D auto

Hallo Almal

Eerstens Baie dankie vir almal se terugvoer maar ek moet vir julle se.........om van n Nissan Grand Livina ontslae te raak is so goed jy probeer jou skoonma inruil.

 

Ek kyk op hiedie stadium na soveel karre dat die bank my binnekort seker gaan bel om te se hulle sal maar vir my besluit 

maar nou ja ek sal julle maar op hoogte hou

Groete

Leef voluit en geniet elke oomblik

maak die beste van al die slegte

Rinus Lisse
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/08/2010
Inskrywings: 95
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melkplaas tussen Springs en Delmas
Ek sleep 'n Venter of bees sleepwa met 'n Nissan Pathfinder 2.5D auto

Hallo Julle

Ons het toe maar besluit om te koop so hier is die wa

dankie weereens aan al die raat en antwoorde

AanhegselGrootte
Fortuner4_0_2.JPG 113.57 KB

Leef voluit en geniet elke oomblik

maak die beste van al die slegte

LangKamp
Ou hand
Aangesluit: 29/08/2010
Inskrywings: 165
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Toyota

Sorry manne,

Het vir die afgelope 10 jaar Ford diesel bakkies gery waarvan die laaste 6 jaar Super Cabs 4x4 en toe maak ek die grootste fout van my lewe verkoop die Super Cab en gaan koop 'n nuwe Ford Ranger 4 x 4 D/C outomaties!!!  FOUT groot FOUT

Het die ding net 4 maande gery en verkoop.  Ry nou 'n Prado en wat 'n plesier!!!  Sal nie sommer weer na Ford toe dons nie.

Net my 2 sente se waarde

 

Groetnis

Cliffie en Mellie

Hou in die lang kamp as jy ry. Veilige kilo's word jul toegebid!

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Langkamp,

Alles goed en wel, maar gee bietjie detail oor wat jou gepla het. Miskien is daar ander forumiete wat dalk na dieselfde voertuig kyk. Elke mens het die reg om te voel soos hy/sy voel, maar dan moet mens mos redes verskaf.

Geluk met die Toy, ek weet hy gaan jou net plesier gee!

 

LangKamp
Ou hand
Aangesluit: 29/08/2010
Inskrywings: 165
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Toyota

Gideon,

Die super Cab het soveel krag gehad dat ek die bult net ander kant Potties op die N1 nog in 5de rat kon uitdraf met oorgenoeg krag om nog mee te speel en voertuie verby te gaan - karavaan gehak en al maw ek kon teen 120km/h teen daai bult uitstap.  Toe kom die 3l diesel auto aan die beurt kon nie eens 60km/h haal nie.  Soos ek sê Ford is bakgat moet net nie die Automatiese rigting gaan nie.

Het die voertuig meer by die handelaar gehad as wat ek ooit die vorige Fordjies daar gehad het en die laaste verskoning was hulle het die probleem na Japan verwys want dis waar die enjins aanmekaar gesit word.  Wag nou nog dat hulle na my toe terugkom.

Groetnis

Cliffie en Mellie

Hou in die lang kamp as jy ry. Veilige kilo's word jul toegebid!

heinlag
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 589
Gebruiker van lyn af.
Plek: Meyersdal Alberton
Ek sleep 'n Echo Kavango met 'n Prado D4D VX

Hi Rinus

Jy maak die regte keuse 100%

Ek het my Fortuner met 90 000 km aan `n goeie vriend verkoop en het vir my die nuwe Prado Diesel gekoop!

Die Fortuner bly die beste koop in sy klas

Groete

Hein

 

 

 

Arie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n Tuis geboude Boswa met 'n Pajero 3.5

Rinus, baie geluk met die nuwe trok - ek vertrou jy gaan jare se plesier uit haar kry! Ek self was nog nooit 'n Toyota 'fan" nie, maar dit is net persoonlike keuse en nie omdat ek iets teen hulle het nie, ek is maar net baie lief vir Ford.

Ek glo dat enige voertuig an die bekende fabrikante maar op die ou end ewe goed is, en 'n voertuig wat jou goeie diens gegee het sal seker jou gunsteling voertuig wees. Wat die "omval" betref is ek oortuig dat dit grootendeels "driver error" was. 'n goeie bestuurder ken mos sy voertuig en weet wat die vermoens/te kortkominge is en pas sy bestuur styl/spoed daar by aan. Ek kan nie glo dat die paar modelle wat die "probleem" gehad absoluut onvoorpelbaar was en dan net skielik anders hanteer as normaal weg?

Weereens baie geluk met jou aankoop!

Kamp Groete

Arie

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Rinus Lisse wrote:

Ons het toe maar besluit om te koop so hier is die wa

 

Pragtig Rinus - baie baie geluk!!

Hoop dis net besonderse mooi myle!

 

Groete,

Jacques

 


 

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1842
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

JacquesR

Ek sien jy het ook weer 'n nuwe platkar. Baie geluk. Smile Hoe vind jy hom?

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Henk,

Dankie man. Behalwe vir bietjie plat op die pad is hy puik! Geniet hom baie.  :)

Sonder om die draad te veel te kaap, loer sommer ook hier:

www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/sleepgoed/sleepgoed/sleepvoertuig_raad_audi_a4_18t_multitronic

 

Dankie,

Jacques

 


 

Rinus Lisse
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/08/2010
Inskrywings: 95
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melkplaas tussen Springs en Delmas
Ek sleep 'n Venter of bees sleepwa met 'n Nissan Pathfinder 2.5D auto

Hallo Manne

Nou net gou julle hierdie ding vertel

Ek en die vrou is reg om te teken en alles is toe mos gereel vir die volgende oggend, gaan ons die aand huis toe en daar hoor ek n ding wat klink soos n ratkas wat begin sing......................nou ja lang storie kort ons ry nogsteeds die verdomde Nissan want klomp geld later is die "bearings op die ratkas vervang en om alles te kroon kos die lugversorger my toe ook nog n klomp geld want die het toe ook sommer besluit om op te pak saam met my droom om die Fortuner te kan ry. maar nou ja so is die lewe seker maar.  

Leef voluit en geniet elke oomblik

maak die beste van al die slegte

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ag nee Rinus - man, dis nou slegte nuus!!  

Die Livina het gesien hy moet nou plan maak lat julle hom nog bietjie langer moet hou!  

 

Sterkte!

Jacques

 


 

Rinus Lisse
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/08/2010
Inskrywings: 95
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melkplaas tussen Springs en Delmas
Ek sleep 'n Venter of bees sleepwa met 'n Nissan Pathfinder 2.5D auto

Jacques

Kyk sonder om aanstoot te gee aan die Nissan manne maar die samesmelting van Nissan en Renault is nie n goeie kombinasie nie

EERSTE EN LAASTE Nissan vir my gaan definitief terug na Toyota of VW

so nou kyk ek en ma na tente aangesien die Nissan net n venter kan sleep

Leef voluit en geniet elke oomblik

maak die beste van al die slegte

Wie's aanlyn

Daar is tans 12 gebruikers en 94 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • chris dupreez
  • Gypsey King
  • Eddie Laing
  • thysvt
  • Johan K
  • BenA
  • RSS
  • Kobus Snyman
  • Andries
  • Theo Red
  • BB
  • HennieBo

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.