SleepVoertuig Raad: Audi A4 1.8T Multitronic
Nuwe forum onderwerpe
Dankie vir die terugvoer Andre!
Die diesel is nou ongelukkig net 'n tikkie duurder en gaan nie in my begroting inpas nie.
Ek het ook net onlangs van te veel VW diesels gehoor wat turbos breek, so ek is bietjie bang vir TDI. Ek self Golf4 TDI, Vriend se Polo 1.4 TDI, sy ouers se Polo 1.4 TDI & Passat 1.9 TDI, swaertjie se Polo 1.9 TDI en so aan.
Hoeveel sak die Audi se stert as mens die wa haak?
Dankie,
Jacques
Ji Makker,
Tussen my en my jongste Bulletjie het ons al 245000km op 'n 2005 Jetta tdi gesit met karavaansleep ingesluit sonder probleme.
Het ook al gehoor van die Turbo probleme maar hoeveel is aan die drywer se gebruik te danke. Pa het gesê met geweld kan jy jou vinger in jou agterent afbreek.
Duurder dieselenjin is ongelukkig so.
Ek het Desember ons hele sirkus Badplaas toe gesleep met my 2L Tdi handrat. Ek pak my wa sodat ek steeds die neus op kan optel en haak sonder om met die Jockeywiel te lig. Aanvaar 70 -80 kg.
Pak die plastiekgoed in die kattebak sodat jy nie daar te veel ekstra gewig het nie met die anner losgoed oor die as en biiiieeekie agtertoe om hom te probeer balanseer.
My Audi sak ongeveer 30 - 35 mm, so my gooseneck (haak self met bal) is in die boonste twee gate op die trekstang. Weet nie of die nuwer modelle dalk sagter geveer as die 2005 makker is nie.
Hoop jy kom reg.
Dit bly moese rygoed die Auditjies.
Andre
Dankie Andre - dit klink kookwater!!
Ek self was besonders pynlik op my Golf TDI. Op 130 000km was daai turbo kastoe - dit was nie so lekker nie...
Dis nie te kwaai sak op sy stert nie - Chev Cruze was so 45mm.
Nou moet hulle net 'n kar vind vir my... 
Groete,
Jacques
Hi Jacques
'n Vriend van my het die 1.8T Multitronic Avant. Hy sleep 'n Sprite Supersport. Sy model is reeds baie laag a.g.v. die sport suspensie. Sak nie te veel met wa gehaak nie, ek kan nie presies se hoeveel nie. Sy kar sleep fantasties. Hy is baie gelukkig. Hy ry ongeveer 60 000 km per jaar solo.
Groete
Aubrey
Ah - dankie Aubrey!! ![]()
Groete,
Jacques
Jacques,
Wat gaan aan, staan daardie Audi al in jou garage? Baie geluk en plaas so paar foto's man hehehe
Ek spot net, jy dink seker nog daaroor.
Ryno
Hi Ryno,
Man, my "mind" is opgemaak, kan nie meer wag nie. Die kar is in die hawe en word van die skip afgelaai.
Ek behoort hom darem so teen die einde van die maand te he.
Ek sal beslis 'n fotokie plaas. 
Dankie,
Jacques
Jacques,
Wel, ek se maar solank geluk met die nuwe wa. Ruil jy bestaande voertuig in of is dit nou ma se spogwa, sy moet darm 'n geskenk kry vir die aankomeling.
Ryno
He he - dankie Ryno!
Ja, die platkar is die firmamotor en hy maak plek vir die Audi! 
Ma moet maar ongelukkig bly by die boskar. Hy gaan nerens heen nie... 
Groete,
Jacques
Dit is Maandag die 30ste van Augustus 2010.
Daardie spogwa staan en sulke rukkings kry in die verkoopslokaal en wag vir sy nuwe eienaar. Die ooreenkoms papiere moet nog net bevestig word met 'n handtekening en 'n bottel Shampanje saam met die oorhandiging.
Jacques, jy kan sekerlik nie meer wag nie? Laat weet wanneer jy hom kry.
Ryno
Hi Ryno,
Jy slaan die spyker so op sy kop.
Die kar was al Woensdag reg. Die registrasieproses is moeilik met die stakings.
Hy word vandag by my kantoor afgelewer en nou sit ek in die Kaap tot Woensdag vir 'n konferensie. 
Sal sekerlik Donderdag agter die stuur kan inskuif.
Dankie vir die ondersteuning!! 
Jacques
As ek mag vra hoe gemaak om 'n Tando-stabiliseerder saam met die Audie se sleephaak te kry. Het dit nog nie van te vore gesien nie?
Jacques,
Ek reken daar word vanmore met opgewondenheid in die spog platkar geklim, sitplek word reg gestel, alles word beloer en ja, sommer vir die dag verlof insit om by die huis te wees.
Ryno
Hy Ryno,
He he - amper reg. Ek kon dit nie meer hou nie. Het gisteraand so 21:00 eers by die kantoor langs gekom van die lughawe af en die blink meneer kom haal. 
Maggies maar hy loop lekker!! Daai Multitronic is 'n besonderse ervaring. Die hele kar is baie baie stunning!! 
Ek hoop die fotokie kom deur.
Dankie,
Jacques

As ek mag vra hoe gemaak om 'n Tando-stabiliseerder saam met die Audie se sleephaak te kry. Het dit nog nie van te vore gesien nie?
Hi Cliffie,
Ek het myne met 'n Bosal towbar bestel en enige stabiliseerder sal werk.
Ek reken jou vraag is t.o.v. 'n gooseneck tipe towbar?
Ek dink 'n Yellow Blade sal in die geval kan werk, wat met 'n klamp-tipe hegpunt op die gooseneck kan pas.
Groete,
Jacques
Baie geluk Jacques, mag die Audi vir jou net goeie kilometers gee. Dit is 'n pragtige voertuig.
Ryno
Ai die AUDI bly darem maar 'n mooi kar. Baie geluk Jacques ek hoop jy gaan baie gelukkig wees met jou nuwe spog motor, geniet dit
Hi Jacques,
Ek hou sommer minner van jou vandag agv daai wit wa. HeHe He
Hoop jy gaan net sulke puik diens uit hom kry as wat ek tot dusver met my, "onthou ouer" tdi kry.
Die multitronic ratkas is 'n interressante stuk yster.
Ek weet hier is nou ouens wat gaan wenkbroue lig maar daai ding raak gewoond aan jou as drywer en jou bestuurstyl.
Verstaan dit het iets met die elektronika in die kas self uit te waai wat "data" bymekaarmaak van hoe jy elke keer wegtrek en hy weet dan later hoe jy "normaalweg " versnel en pas die ratwisseling daarby aan.
Jy moet dus probeer om "dieselfde" te ry - bedoelende, nie een daag jaag deur die ratte en die volgende dag rustig nie.
Kon dit ook nie aanvanklik glo maar dit word as die waarheid aan my voorgehou.
As jy vinniger wil versnel gebruik die "S" wat die kas 'n bietjie langer in die laer rat hou - dws hoër rewolusies toelaat voor hy oorskakel.
Verstaan as meer as een drywer die voertuig gebruik, die proses om die gemiddelde te bepaal langer neem of dan gladnie uitgevoer word nie agv die wiselling/ongereeldheid van die inset data.
Groete en lekker ry
André
As ek mag vra hoe gemaak om 'n Tando-stabiliseerder saam met die Audie se sleephaak te kry. Het dit nog nie van te vore gesien nie?
Hi Cliffie,
Ek het myne met 'n Bosal towbar bestel en enige stabiliseerder sal werk.
Ek reken jou vraag is t.o.v. 'n gooseneck tipe towbar?
Ek dink 'n Yellow Blade sal in die geval kan werk, wat met 'n klamp-tipe hegpunt op die gooseneck kan pas.
Groete,
Jacques
Thanks Jacques,
Mooi motor
Veilige kilo's en ek hoop jy gaan lekker sleep.
Baie dankie almal!!
Groete,
Jacques
Min dinge so lekker soos 'n nuwe kar. Geniet hom, en gee bietjie terugvoer as jy met hom gesleep het
Baie geluk Jacques - dis darem mooi voertuie daai hoor! Voorsprung der Technick!!
Jacques, Het jy al jou Swing op die Audi the stert laat rus?
Ek sal graag wil weet hoe hy hom gedra.
Ons het 'n 2010 A4 1.8T Manual en het gewonder of hy 'n swing kan sleep met gemak.
Het jy die verwyderbare sleepstang van Audi of 'n aftermarket een?
Peet
Hi Peet,
Man, ek het nou ongelukkig nognie gesleep nie - het hom nou maar net so 2 weke onder hande.
Ons verwag ook 'n nuwe meisie so oor 5 weke en gaan eers bietjie rustig by die huis wees met haar. So ongelukkig kan ek nie belowe wanneer ek kan vertel van die sleepondervinding nie.
Ek is seker hy gaan baie gemaklik sleep!
Ek het 'n Bosal sleepstang laat opsit sodat ek kan trapezium of fietsrak as ek wil.
Kyk julle uit vir 'n wa?
Geniet die Audi!
Jacques
Dankie
Ja, ons hou nogal van die swing.
Ons het die verwyderbare sleepstang, en hy het 'n "blanking plate" op, so ek kan die fietsrak opsit.
As ek na die trapezium straightliner kyk, lyk dit asof hy maklik gaan kan werk.
My vrou het slegte ervarings gehad met karavaan sleep met 'n platkar en wil tot nou toe dit nie eers oorweeg nie. Dit was elke keer sonder 'n stabiliseerder in die karoo se kruiswinde.
Ek wil haar nou probeer oortuig dat die Audi met 'n Straightliner die ding kan doen.
Peet
Lekker Peet - dit klink goed!
Ons geniet die Swing baie - kyk bietjie rond op die forum...
Ek ken nie die Straightliner so goed nie - het die gewone Trapezium saam my wa gekry.
Sterkte met die dinge!
Audi groete,
Jacques
Hi julle,
Net so biki terugvoer na die eerste sleep met die platkar.
Dit het sommer baie lekker gegaan. Die Audi het hope krag en was gladnie lamgelê deur die Swing nie. Selfs teen die Oliviershoekpas het hy lekker uitgeseil en ek kon maklik spoed optel en selfs gemaklik verbysteek.
Sy stert het so 40mm gesak met die Swing se aanhaak, maar ek moet noem dat myne die Sport suspensie as opsie het. Ek weet nie hoe die standaardsuspensie sal verskil nie.
Ek het die multitronic kas heeltyd in die Sport modus gehou en die verhoudings was heeltyd perfek vir die ekstra gewig agterna.
My verbruik normaalweg op die pendelroete (heelpad hoofweg) staan op so 8 l/100km. Met die wa het hy by so 13 l/100 gaan draai en ek is heel tevrede.
Dis sommer 'n fees om met genoeg krag te sleep en nie bang te wees dat jy besig is om jou kar te breek nie.
Audi groete,
Jacques

Jacques
'n Vriend van my sleep ook sy Swing met 'n Mazda 5. Hy het in die verlede gekla dat die kar se stert ook redelik sak as hy die wa haak en dat dit vir hom voel asof die kar bietjie traksie verloor op sy voorwiele (trekwiele). Hy het toe in Oktober vir hom van daai lugsakke bestel en ingesit op die agterste vere. Hy is verlede week af Hartenbos toe met die kar en het nadat hy die wa gehaak het eers die lugsakke gaan pomp totdat die kombinasie weer waterpas staan. Hy kan nie uitgepraat raak oor die verskil wat die lugsakke gemaak het nie en die lugsakke het die kar se voorwiele weer terug gedruk sodat hy weer volle traksie op die voor wiele teruggekry het.. Hy praat van so R2500 wat die lugsakke hom gekos het en reken dit is elke sent werd plus nog soveel.
As die kar se agterent te veel sak (40mm klink vir my nogal na baie) kan jy dit dalk oorweeg om ook van hierdie lugsakke te laat installeer. Dit werk heel maklik en jy pomp hulle sommer met die wiele pomp by jou naaste motorhawe sodra jy gehaak het en as jy by jou bestemming gekom het blaas jy dit net weer af en siedaar jou kar hanteer weer soos normaal.
Dankie Machiel - ek het al gelees van die lugsakke.
Die sak pla my nie te veel nie en daar is nog heelwat "clearance" in die "wheel arches". So met die oog lyk dit nie te kwaai nie en die Audi het nog goed hanteer. Ek was ook nerens bekommerd oor traksie nie.
Ek is meer ernstig om lugsakke vir die boskar (Hilux) te kry...
Dankie & groete,
Jacques
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Johan Coetsee
- Airbus
- Eddie Rabie
- thysvt
- sakkie mynhardt
- Gypsey King
- chris dupreez
- Eddie Laing
- BenA
- Corné Wagemaker






.jpg)




<
Hi Jaques,
My bulletjie het 'n 2l tdi multitronic gehad en hy het uitstekend gesleep.
Die Multitronic het 7 ratte maar soos jy seker weet skakel hy ongelooflik glad oor, wat wegtrek en swaarder trek superglad maak.
Voordeel met multitronic is jy los hom outomaties en as jy voel jy soek meer wringkrag, trek jy die hefboompie na links en "gear" af volgens die toereteller om in die Maks wringkragboog te bly.
Weet nie hoe vergelyk die wringkrag van die 1.8 Petrol met die 2 l diesel nie maar dit sal beslis genoeg wees vir die Swing.
Geniet die nuwe platkar - ek sou egter eerder diesel gekoop het maar dis 'n persoonlike keuse.