Skipper Torpedo

Besoeker
Carel Erasmus
Ou hand
Aangesluit: 06/01/2010
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith

Ek hou baie van die idee maar ientlik die navigator, hy is n bak idee;

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4767
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Baie oulike karevaantjie. Sy prys is net nie reg nie. Vir 'n bietjie meer koop jy 'n nuwe Scout wat jou dieslfde ruimte gee en die spesifieke karevaan, en dan het jy die voordeel van 'n "soliede" karevaan.

Ek sou graag wou sien dat die soort wa teen 'n meer bekostigbare prys in die mark gesit word. Ek sou dink rondom R50 000 sal meer billik wees. As jy gaan kyk na wat in die wa is, is dit nie R 70 000 werd nie.

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Adolf Gouws
Nuweling
Aangesluit: 02/01/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Ongelooflike vakmanskap. 'n Goeie nagrus en 'n absolute fees om te sleep. Dit is in kort 'n opsomming wat ek van die Skipper Torpedo kan maak. Ek het my wa self gaan haal by die fabriek. Robbie en Reinhardt was uiters profesioneel. Hulle het die middag spandeer om my deeglik met die wa vertroud te maak. Elke spasie beskikbaar is optimaal benut. Dit wat nodig is om die gerief van die huis te vervang is alles aanwesig. Die uittrek kombuis is 'n absolute wenner. Die tent is met deeglike vakmanskap ontwerp. Alle panele rits aan en oorvleuel deeglik om jou droog te hou in die reen. Saam met die stoepafdak vorm die tent 'n ruim kuierplek. Die gemak waarmee die tent opslaan, anders as baie boswaens, maak die selfs vir bejaardes maklik om baas te raak.

Al kritiek is dat kragpunte in die wa ontbreek. Daar word hoofsaaklik met verlengkoorde gewerk. Ek het self met min moeite proppe binne en buite die wa aangebring. Daar kan gerus hieraan oorweging geskenk word.

Aan elke voornemende Skipper Torpedo kampeerder  kan ek die gemoedsrus gee dat dit 'n goeie koop is en werklik die geld werd is.Lekker kamp

 

Adolf Gouws

Francois D
Nuweling
Aangesluit: 16/02/2010
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: ermelo

Ek en Adolf het saam ons waens dieselfde tyd by die fabriek gaan haal! Ek het tewens die volgende more vir Adolf gaan gelukwens met sy wa by Natalia!  Ek stem volmondig met Adolf saam, vakmanskap puik! Het ook gou krag proppe  geinstalleer!

Ek het die kleinboetie van die Torpedo die Navigator gekoop en is baie in my skik met hom! Slaan maklik op en sleep werklik gemaklik......... Robbie  het werklik moeite gedoen om alles mooi te verduidelik!

 Ek geniet die wa terdee! Het na ander groot karavane gaan kyk my familie se reaksie was nee! Koop iets kompak wat maklik sleep!    Ons hou van die basiese ! Nie nodig om al die porselein saam te vat nie! of die klavier!

Kan net beaam wat Adolf se!

Kamp Groete

Francois Steyn

  

Adolf Gouws
Nuweling
Aangesluit: 02/01/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Hallo Francois, lekker om van jou te hoor!!

Ek het net een probleem met die Skipper. Ek dink jy deel dalk hierin. Die vakansies en naweke is gans te min om te gaan kamp!!

Groete aan jou gesin in Ermelo hier van 'n warm Brits.

Adolf Gouws

 

 

 

Adolf Gouws

Albert Ward
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 91
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging

 Hoeveel slaapplek het die waentjie? Ek stel self belang in een.

Albert

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Hallo Albert,

Die Skipper Torpedo het 'n eiland dubbelbed maar Robbie hulle sal hom ook vir jou bou met twee enkel beddens as jy dit so sou verkies

Die Skipper Navigator is 'n kleiner weergawe met 'n dubbelbed maar hy is so breed soos die bed, Lekker kompak en hy is dan so breed soos jou sleepvoertuig (min of meer)

Die Skipper Cruiser het 'n dubbel bed en twee enkel beddens. Hulle lys hom nie meer nie maar ek glo Robbie hulle sal vir jou een bou as jy een soek, ek vermoed hulle fasseer hom uit maar dis 'n moontlikheid

Die Skipper Model T is ook 'n oopvou waenjie met 'n dubbelbed op die deksel. Al die Skippers het 'n 120 liter huishoudelike yskas in wat baie lekker werk

Ek het 'n Model T en hy sleep baie lekker, dit vat so ongeveer 15 minute om hom reg te kry om te slaap  en as jy al die tente en afdakke ens wil opslaan vat dit maar net so lank soos 'n gewone karavaan tent

Kyk na die reeks op http://www.skippertenttrailers.co.za/

As jy belangstel in die Model T kan jy my kontak dan kan ons reel as jy na hom wil kom kyk. As jy in die Torpedo belangstel moet jy vir Jenny bel by die fabriek en vir haar vra of daar iemand in jou omgewing is waar jy na die Torpedo kan gaan kyk, want hulle reel maar so met kopers wat  bereid is om hulle waentjies vir ander belangstellendes te wys

Groetnis en mooi bly

 

Danie Pretorius

Wie's aanlyn

Daar is tans 9 gebruikers en 38 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • HennieBo
  • Hennievr
  • WilleWillemien
  • dracoza
  • JC
  • Wingnut
  • chrisbeachbum
  • Romeo
  • Dirsa

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.