Jurgens Exclusive Deluxe
Nuwe forum onderwerpe
Hallo Phillip
welkom hier op die forum die manne sal jou sommer baie raad kan gee
groete
Rinus
Hallo Rinus
Dankie vir die verwelkoming.
Groete
Phillip
Hoop jy gaan jou kamp geniet. Moet nie opgee nie. Baie mense koop hulle eerste karavaan iets groot en dan gee hulle sommer na een of twee kampe moed op en dink kamp is nie vir hulle nie. Kamp is koning. Die eerste ruk voel dit soos werk as jy nog alles uitpluis, maar na so ruk weet elkeen wat hy moet doen en hoe alles werk en dan gaan die op en afslaan sommer vinnig en maklik.
Ek het 'n teorie dat 'n groot persentasie eerste karavaners koop exclusive karavane omdat hulle dink dit is die beste en grootste en dan sukkel hulle met die sleep, rondskuif ens. EN Verkoop dan weer en se kamp is nie vir hulle nie. Anders maak soos ek en betaal iemand om die groot wa vir jou rond te skuif by die oord.
Welkom op die forum Phillip
Die enigste probeem wat ek al gehoor het wat ouens ondervind met die Exclusive is die water tenk. As jy sleep moet jy seker maak dat die water tenk of heeltemal vol of heeltemal leeg is en onder geen omstandighede half nie. As die tenk net half is kry die manne blykbaar probleme met stabiliteit agv die geskommel van die water in die tenk. Met al die nonsens wat die verkeers manne deesdae het met ons woonwa manne wat weegbrue toe gejaag word ens. ens. stel ek dus voor dat jy eerder met 'n leë watertenk sleep en dan maar eers op jou staanplek die tenk vol maak.
Die enigste ander klagte wat die manne het (wat ek al van gehoor het) is om die groot wa rondgestoot en op sy plek te kry, meer agv die 4 wiele as die gewig. Die probleem is dat wanneer jy die woonwa moet draai, kry jy dat twee van die wiele "byt" of sleep terwyl slegs 2 wiele gemaklik rol. Om hierdie probleem te ookom lig hulle gewoonlik die Jockey wiel so hoog as moontlik sodat die woonwa naderhand net op 2 wiele staan of dat die voorste wiele minstens so min as moontlik gewig dra voordat hulle hom met die hand probeer stoot en veral draai.
Verder is dit 'n puik wa met baie ruimte.
Welkom Phillip
Jou sleep kombinasie is heeltemal reg, jy sal geen probleeme ondervind nie, maak maar soos die manne hierbo sê met die water tenk, ek ry my tenk leeg saam.
Welkom Phillip
Die manne is reg. Dit is n netjiese wa. Maar soos met enige iets is daar voor en nadele. My raad is sleep met n trapezium.
Hierdie is n leer proses vir soos wat dit vir ons almal was. Jy sal self vind wat jy wil saam vat en wat nie.
Luister na al die raad van die slimkoppe, waarvan ek nie een is nie
Geniet die kamp lewe.
Welkom Phillip jy sal sommer gou tuis voel hier tussen ons.In die begin met die nuwe wa gaan jy baie aan die huwelik werk,want die vrou gaan jou baie werk gee nl hier-wil- ek (huwelik) dit he en hier-wil-ek(huwelik) daai he.LOL
Ek sleep self nie so ñ groot wa nie maar die raad wat die manne reeds vir jou gegee het sal baie help,onthou net een ding as jy jou wa hak begin jou vakansie,nie eers as jy op jou staan plek stop nie.Dis die lewe om te kamp dis better as gesnyde brood,gaan en geniet dit.
Laat weet ons ñ bietjie as jy jou eerste kamp agter die rug het hoe dit was!
Welkom Phillip
Ek het al omtrent 15 000km gesleep met presies dieselfde kombinasie, ek moet se ek geniet my Hilux. Ek het n 'Plug en Play Power Box' geinstalleer. Dit het my Krag vanaf 120kw to 140kw en torque vanaf 343nm to 400nm onderskeidelik verhoog. Dit gee jou daardie bietjie ekstra. Hy is nou wel nie ligter op diesel nie.
Ek sal graag wil hoor wat se julle oor die 'Power Box'. Ek het al 11 000km met die toestel gery. Het dit enige nadelige uitwerking op die enjin, want die verspreiders se nee.
Raad wat ek kan gee met die kombinasie is as volg.
1. Ek sleep met n 'Straightliner' stabiliseerder. Vir my is dit n moet want die Exclusive se GVM is omtrent presies dieselfde as die Tare van die Hilux. Dit maak die kombinasie oor die 3 500kg wat weer na n volgende probleem lei. Jy kan nie met n gewone EB kode die kombinasie sleep nie. Ek voldoen ook nie aan die vereiste nie. Maak net seker met jou versekering, want hulle mag n probleem he, sou jy in n ongeluk betrokke wees.
Die stabiliseerder help ook baie as voertuie veral Sprinters van agter verbysteek. Dit is n aardige gevoel as jy sonder een sleep. Dit voel kompleet of die voertuig jou wil insluk en dan weer uitspoeg. Ek glo dit sal moonlik anders wees as jy met n swaarder voertuig sleep.
2. Ek pomp die Hilux se bande 3bar sowel as die Exclusive.
3. Moet nooit te vinnig sleep nie. Ek sleep so 100km/h tot 115km/h, maksimum 120km/h as ek in 5de rat is. Probeer ook om soveel moontlik in 4de rat te sleep. Onthou jou 5de rat is klein en met die swaar karavaan kan jy moontlik die 5de rat beskadig oor tyd. Afdraande en met gelyk paaie sleep ek in 5de maar voordat ek versnel om teen opdraandes op te gaan, gaan ek terug 4de rat toe.
Ek het al baie gehoer van sleepers wat se hulle sleep teen 130 - 140km/h en daar is niks mee fout nie. Sou iets verkeerd gaan op daardie spoed het jy geen kans nie. Onthou jou vakansie of naweek begin as jy jou huis verlaat en dan moet niks jou jaag nie.
4. Moenie jou karavaan te swaar pak nie, veral nie onder die bed nie. Onthou die gewig op die bal moet ook nie 120kg oorskry nie. Probeer om alles eweredig in die karavaan te pak veral rondom die aste. Probeer om eerder meer gewig op die Hilux te sit. Jy sal lekkerder sleep.
5. Ek sleep altyd met n lee tank. Die hoogte skakelaar 'level switch' in die tank buig met die skommeling van die water en dan gee dit ook nie meer die regte water lesing nie.
6. Die hoogte van die bal as jy klaar jou karavaan gehaak het, moet so 45cm wees.
As ek aan nog iets dink sal ek jou laat weet.
Ek het my vorige karavaan afgeskryf deurdat n persoon in die aankomende rigting aan die slaap geraak het en my Exclusive op die regterkantse neus getref het. Ek het op daardie staduim so 85km/h gesleep, was dit nie vir die stabiliseerder nie, het ek die hele kombinasie omgegooi.
Ek sal vir jou fotos stuur.
Moet my nie verkeerd verstaan nie, die kombinasie is reg en veilig en jy sal lekker sleep.
Wegsleep Groete
Johan
Hallo Philip, baie geluk met die wa, hoop julle gaan wonderlike jare van kamp ervarings he.
Groete
Philip
Ek het al baie gehoer


Jacques,
Is jy die "spell checker" ???

He he he Willem!
![]()
Hallo Phillip,
Veels geluk met die puik kombinasie en geniet hulle sommer baie!
Johan Spies gee uitstekende raad met betrekking tot sleepveiligheid ens., veral as jy nie vantevore swaar gesleep het nie. Onthou, less is more, speed, weight, gadgets & gismos en onnodige goed wat ons saamkarwei.
Johan, tog is daar net een korreksie by punt 1: jy mag wel 3500kg oorskry met 'n EB rybewys behalwe as dit 'n leunwa (vyfde wiel) is. (Slaan my dronk!) Alle ander sleepwaens karavane, bote, perdetreilers ens. kan jy sleep met enige lisensie met die E-voorvoegsel. Die voorbehoud is dat die kombinasie se bruto gekombineerde gewig (GCM) op (in Phillip se geval) die Toyota se dataplaatjie aangedui, nie oorskry mag word nie. Ons het dit breedvoerig uitgetrap op die draad "Weegbrug Kaskenades" van so paar weke gelede en met verkeersowerhede bevestig.
Vakansiegroete
Roy
Ek dink nou terug aan ons eerste kamp met my woonwa en was my grootste beproewing die deurryg van die tentvoering aan die woonwa.
Die eerste probleem was dat die gleuf baie droog was maar nadat ek babapoeier in 'n goedkoop spuitbottel in die gleuf gespuit het het dit baie beter gegaan.
Tweede probleem was toe ek halfpad deur die rygproses ontdek dat ons die tent onderste bo deurryg, m.a.w die bokant van die tent was onder. Ek het nou my tent mooi met pyle gemerk sodat ek weet wat is bo en wat is onder. Klink half dom maar as dit skemer raak lyk beide maar dieselfde
Derde probleem was dat met die deurryg dit baie moeilik raak as mens by die hoogste punt van die wa kom. Ek ry nou maar 'n kort trapleertjie saam
Raad: lyk baie moedeloos en kort voorlank staan die manne nader om te help. Of nog beter: laat jou aanvallige vroutjie lyk of sy sukkel terwyl jy kamstig toilet toe gaan en as jy terugkom is die manne daar om te help!!!!!
Maar die belangrikste: gebruik jou tyd en slaan alles behoorlik op!!! MOENIE SE ek sal more die stormstroppe aansit nie.
Maar die belangrikste: gebruik jou tyd en slaan alles behoorlik op!!! MOENIE SE ek sal more die stormstroppe aansit nie.
Ek dink baie mense by Buffelspoort (en baie ander kampeer terreine) was spyt dat hulle nie die raad gevolg het laas week nie
Daar was groot en harde storms gewees
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Hennievr
- WilleWillemien
- dracoza
- HennieBo
- JC
- Wingnut
- chrisbeachbum
- Romeo
- Dirsa
- Danet
- Gustav







<








Ek het sopas n Jurgens Exclusive 2006 aangekoop en dit is my eerste woonwa. Ek is van plan om dit met n Hilux 3.0 D4D te sleep. Is daar enige punte of gevaartekens waarna ek moet uikyk en is die sllepkombinasie reg? Aangesien ek n groentjie tot die woonwa kamp is , sal enige raad waardeer word.
Phillip van der Merwe