isuzu nagmerrie

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 307
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

ek wonder hoekom adverteer Isuzu nog steeds in die wegsleep tydskrif. al nuwe karavane wat mens wettig hiermee kan sleep is die sherpa tiny en die skippper modelle. nie ddat hy nie swaarder waens kan sleep nie. ek kon nog geen antwoord uit GM kry oor hoe hulle die 890kg (4x2) en 1100kg (4x4) bereken het nie. iemand anders al met hulle gepraat.

groete

edward

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ja nee Edward - wat my betref is dit blatante wanvoorstelling.

GMSA betaal vir die advertensies en hulle self gaan jou waarborg eise van die hand wys as jy oorgewig sou sleep.

Dit maak net nie sin nie...   

 

Groete,

Jacques

 


 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hello Edward

Gaan lees gerus die plasing en kommentaar onder "Sleepgoed" genaamd "Isuzu se aanbevole sleepgewig"

Jy sal baie inligting oor hierdie onderwerp daar vind.

Groete daar.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

chartmaster
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 36
Gebruiker van lyn af.

Ek het 'n brief gestuur aan wegsleep met GMSA se antwoord oor die sleep vermoe van die Isuzu. Kom ons hoop maar dit word gepubliseer.  Die komentaar is oop op die bogenoemde draad beskikbaar

Jurgens Penta

Isuzu d-teq 4x4 auto

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Manne, dis nie net GMSA nie, dis die hele blerrie ou spul Japanese, met uitsondering van Nissan.

Hulle Pathfinder en Navara, ek is nie seker oor die Hardbody nie, is die enigste middelklas (ek praat nou nie van Prado's, Cruisers, Patrol's, Pajero's ens nie, want volgens hulle prys stickers is hulle nie meer volgens my middelklas nie) voertuie waarmee 'n Classique en Exclusive volgens vervaardiger spesifikasies gesleep mag word.

What a lot off bullshit!!!!! En dit net, soos ek kan aflei, omdat daar niemand is wat sleepstange kan bou wat deur die flippen vervaardigers goedgekeur kan/ wil/ te sleg om/ te lui om goedgekeur te word nie.

Isuzu is wel die laagste met 1100kg, maar so is Hilux/ Frotuner, Triton/ Pajero Sports, Ford/ Mazda/ Everest almal rondom 1500kg maksimum toelaatbare geremde sleepgewig. Die ironie van die petalje/ klugspul is dat al die bogenoemde voertuie MET DIESELFDE SPECS in Australië ten minste 3000kg mag sleep. As julle dit nie glo nie, kyk net bietjie op die Aussie websites.

Ek wens ek kon dit uitskree: WORD NET FLIPPEN WAKKER SUID-AFRIKA!!!!! 

Wie's aanlyn

Daar is tans 12 gebruikers en 81 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • chris dupreez
  • HennieBo
  • Kobus Snyman
  • BB
  • Theo Red
  • Andries
  • Toykie
  • RSS
  • Perdeby
  • BenA
  • thysvt
  • Roelof Colyn

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.