2010 Triton 3,2Di-DC 4X4 D/C

Gesels saam op die WegSleep forum.
Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Goeie naand almal

Kan nie glo iemand wat so gek is soos ek oor Wegsleep en karavaanlewe het eers vandag aangesluit by die forum nie. Maar nou ja, miskien is dit die gebrek aan tegnologiese kennis wat my weerhou het. Besit nog 'n parrafienkompieoter en sukkel my as af met die getikkery, skryf is vir my nog baie makliker en vinniger.

Ek het ons eerste karavaan in 1992 aangeskaf (1990 Musketeer), toe opgradeer na 'n 1996 Classique en in 2006 ons eerste dubbelas gekoop (2002 Exclusive met die los tafeltjie). Einde 2009 kom daar toe 'n 2007 Exclusive vir 'n baie goeie prys oor my pad en tot dusver is ma en die seuns heel gelukkig met ons nuutste sleephuis.

Die sleepvoertuie wat ek tot dusver gebruik het om die Exclusives mee te sleep was 'n 2006 Hilux 3,0D-4D 4X2 D/C (volgens my die beste voertuig nog), toe jeuk my agterwêreld vir 'n 2008 Hilux 3,0D-4D 4X4 D/C (moes hom verkoop want die mielieprys maak toe dat ek amper my g@# sien, dit het altyd gevoel of hy minder poeiers as die 4X2 gehad het). Ek kry toe in Junie 2009 'n demo 2,5 diesel Pathfinder handrat met 2000km oppie klok vir 'n bargain. Vir die prys (R380000) was dit 'n puik voertuig, maar sy agterkant het vir my te sag gevoel vir die Exclusive en die turbolag het my irriteer. Nissan het wel probeer om dit op te los, maar ek was nooit heeltemal tevrede nie. Wat betref sy agterstewe moet ek ook erken dat, gegewe die feit dat ek 'n boer is (boere wil mos altyd alles laai tot die aste buig), daar altyd te veel gewig in die wa is.

Wat my bring by my eintlike punt. Ma dring aan dat ons 'n gesinsvoertuig moet koop (sy's nou g$&vol om met die traliebakkie vol stof en skaapkuttels kerk toe te gaan). My droomvoertuig is 'n Disco4 TDV6 SE, maar teen R645000 sien ek nie kans nie. Vir R333000 (special net tot 31/8) kan ek 'n natnuwe Mitsubishi Triton 3,2Di-DC 4X4 D/C koop, maar ek ken die bakkie gladnie. Ons het al gewoond geraak aan sy vreemde vorm, en vroutjie hou inteendeel meer van die Triton (lysprys R373300) as van 'n Hilux (R393700) of' 'n Isuzu (R394950).

Verder kom die gewig- debat weereens ter sprake. Geen dubbelkajuit, behalwe Nissan se Navara, mag in Suid-Afrika wettiglik 'n Exclusive sleep nie. Hilux en Triton se vervaardigerspesifikasies bepaal 'n maksimum geremde gewig van 1500kg, terwyl Isuzu s'n nog laer is op1100kg. Aldrie se netto gewigte is wel meer as die Eclusive se 1700kg bruttovoertuig massa (2008 en nuwer 1800kg), maar die vervaardigers se sleep spesifikasies maak enige sodanige kombinasie steeds onwettig.

Kan iemand tog raad gee! Ek sal ook graag wil hoor van eienaars met Tritons se gevoelens rakende hulle voertuie. Papier is geduldig, wat ek daardeur probeer sê is dat 118kW en 343Nm baie goed lyk, maar hoe dit oorgedra word na die teer toe is wat eintlik tel.

Nou's ek moeg getik.

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Gideon,

Eerstens, BAIE welkom hier op die verslawende WegSleep Forum, hoop jy gaan nog lank en lekker saam met ons kuier.

Ek het nie vir jou raad nie, ek soek en kyk na 'n 2009 Ford Territory ST, hoop om eendag een raak te loop.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ja, welkom hier Gideon. Dis lekker om van julle boere ook te hoor.

Die Triton is volgens my mening 'n goeie opsie, maar oorweeg die 3.2 diesel met 'n automatiese ratkas. Jy sal met die "bakkie"-soort voertuie normaalweg 'n probleem vind met die  maksimum geremde gewig wat jy mag sleep. Nie veel van hulle kwalifiseer werklik, soos jy tereg opgemerk het, om jou Exclusive te sleep nie. Indien jy tweedehands kan koop stel ek voor om 'n Pajero 3.2 D-ID ook te oorweeg (HAH! Hoe lekker spring ek Toyota en Ford-manne nou hier voor). Dit is wel 'n stasiewa-soort voertuig en die goed is nogal skaars tweedehands, maar jy sal in die prysklas wat jy genoem het 'n heel skaflike Pajerotjie kan aanskaf. Sy maksimum geremde sleepmassa-spec is byne dubbel die gewig van jou wa terwyl sy maksimum vertikale belading op die sleepstang 150kg+ is. Heel ekonomies op diesel en sleep soos 'n droom.

Groete daar.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 706
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Hallo Gideon

My raad aan jou is koop genoeg sakdoeke  -  jy en jou gesin gaan nog lang trane huil om van die Pathfinder ontslae te raak !  Ek het presies dieselfde model as jy en sleep ook 'n Exclusive.  Ek is weer van mening Nissan het uitstekend daarin geslaag om 'n balans te vind tussen 'n sagte en harde agter-veerstelsel  -  g'n wonder hulle is tevrede dat 'n ou 3000kg mag sleep nie !  Wat jou ervaring met betrekking tot die "turbo-lag" betref, is ek stom geslaan.  Ek het nog altyd gewonder hoe het Nissan dit reggekry om hierdie tipiese nadeel van turbos uit te skakel.

Vir my is die Nissan Pathfinder die absolute ideale voertuig om mee rond te ry en om te sleep  -  luuks, binneruim-uitleg onverbeterlik, diesel-brandstof verbruik, 410nM wringkrag en sleepvermoë.

Len

Clinton Bester
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 19/02/2010
Inskrywings: 101
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Scout met 'n Triton 3.2D-iD 4x4 Auto

Hi Gideon,

Het altyd met tent gaan kamp, en laas jaar vir my my eerste wa gekoop, die sprite scout. Op daai stadium het ek die Ford Ranger 2.5td 2x4 D/C gehad, en dit het die wa lekker gesleep, sonder enige probleme. Ek het twee maande terug vir my die Triton 3.2 td, 4x4 D/C automaties gekoop.

Ek is sover baie beindruk met die voertuig, die automaties is bietjie swaarder op diesel as die hand rat, maar ek kry so 10km/L as mens volgens spoed beperkings ry. Hantering is baie goed, krag meer as genoeg, en staan glad nie terug vir die ander nie.

Die Triton het meer ruimte binne in die kajuit as die Hilux, en persoonlik hou ek baie meer van die uitleg. Binne ruim kom teen n prys, die laaibak is effens kleiner as die Hilux, maar nie so dat daar nie genoeg laairuimte is nie.

Die groot vraag, hoe sleep hy wa? Die kan ek op die stadium nie antwoord nie, ek het nog nie na die winter gaan kamp nie, en my eerste kamp is eers einde October, en ons kannie wag nie.

Ek het laas naweek n trailer met gruisklip gesleep, 5 vragte met  1m^3l, en die Triton, het dit met lof gedoen. Ek kan nioe wag om die wa lang pad te sleep nie.

As jy enige iets oor die Triton wil weet, vra net. Ek is beindruk, en persoonlik dink ek nie dit sal n fout wees nie.

Aangeheg, foto van toe ons bietjie in die veld gaan "speel" het.

Groete,

Clinton

 

 

 

AanhegselGrootte
Triton..JPG 152.96 KB
Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1088
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Hallo Gideon.

Welkom ook van my kant. Ek is 'n Mitso ou en ry die Colt 3.0lt. Die ding loop orals en ek spog altyd dat ek 'n Land Cruiser uit die moeilikheid kon help. (was darm die betuurder se skuld - netnou het ek weer al wat 'n Toyota ry op my case)

Kraglewering is tops en ek kan net die regte geluide maak. "n vriend van my het vir hom die TRITON 3.2 diesel 4x4 auto gekoop en die man kan nie uitgepraat raak nie. Hoogs tevrede.

Ek sal self een wil aanskaf maar ter wille van vrede by die huis hou ek maar die Colt. My advies, koop daai Triton. Dis 'n ordentlike ryding.

Sterkte met jou besluit.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Dankie aan almal se raad sover.

Len, dis nou ongelukkig te laat vir trane vir my. Ek het die Pathfinder reeds in Junie verkoop. Die grootste rede was maar omdat ek skrikkerig was vir waardevermindering aangesien die 3,0V6 op die mark gaan kom. Dit was 'n 2009 met 10000km op die dag toe ek hom aflewer aan sy nuwe baas.

Clinton, kan jy vir my sê watse kappie het jou bakkie op? Dit lyk na 'n Radical, maar ek is nie seker nie. Ek sal moet 'n kappie kry, maar moet nog besluit wat. Ek kry ook nêrens op die web 'n wrap around bumper/nudgebar-kombinasie nie. Wens iemand wil vir ons so iets bou.

Willemien, hoekom sou jy outomaties verkies? Het nog nie met 'n auto gesleep nie, daarom dat ek vra.                                                                                                                                                                                

Laat kom maar die raad, elke bietjie help. Ek dink in elk geval die prys het my oortuig.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Gideon,

Baie welkom hier!

Man, dis gaaf dat jy hier by ons aansluit en glo dat jy ook sommer vinnig die inskrywings gaan opjaag.

Dit klink of jy alreeds seker is van die Triton. Ek glo die bydraes help jou alreeds hierbo. Ek stem ook saam dat auto soveel lekkerder werk.

Die sleepvoertuie drade kan lekker interessant raak en daar kom gewoonlik lekker (soms geldige) punte uit.

As ek my 2 sente kan ingooi wat my pla:

1. Die Triton kan maar nie op my groei nie. Hy bly maar vir my vrek lelik. Dit klink nie of dit 'n probleem daar by julle is nie. 'n Herverkoop mag dalk 'n tikkie moeiliker wees in die toekoms juis hieroor.

2. Dit klink so asof ma lus is vir 'n SUV. Waarom nie 'n Fortuner nie? Die stories van onstabiliteit is vergane en was 'n skokbreker probleem op pre-2009 modelle.

Asb nie 'n Land Rover nie...      (ek hol solank...)  

 

Groete,

Jacques

 

PS. Waar naby is Hartbeesfontein?


 

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Hi Jacques

Hartbeesfontein is so 25-30km noord van Klerksdorp op pad na Coligny en Lichtenburg.

Vroutjie skop juis teen die SUV-gedagte want dan kan sy nie laai nie. Kan nie rerig haar argument verstaan nie, want hier is bakkies vir die laaiwerk. Weereens 'n klassieke Venus- en Mars geval?

Kan dan nou juis 'n silwer 2007 Disco 3 TDV6 SE met 57000km kry vir R340000, maar sy skop vas soos 'n steeks donkie.

As ek met my verstand moet koop maak die Triton (2010 demo met 6000km vir R305000, lysprys R374000) seker meer sin. Ongelukkig het mens mos 'n hart ook, en hy skree vir die Disco!

 

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 706
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

'n Mens dans met 'n Disco, jy ry nie met die ding nie !

Len

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Ai ou Len, laat jy my nou lekker lag.

Hoe voel jy oor die 3,0 V6 wat ons nou gaan kry in die Nissan's? 175kW en 550Nm klink darem lekker in 'n voertuig met die gewig van 'n Pathfinder (ongeveer 2500kg?). Ek verstaan die prys gaan net bietjie styf wees, glo in die R580000-koers.

Dit sal altyd 'n voertuig bly waarvoor ek 'n softspot het, ten spyte van klein goedjies wat my gepla het. Vir die geld wat ek vir myne betaal het, was daar niks beter nie, en my familie het hom geniet.

Maar nou ja, dis water onder die brug deur vir my.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Gideon Strydom wrote:

Hi Jacques

Hartbeesfontein is so 25-30km noord van Klerksdorp op pad na Coligny en Lichtenburg.

Vroutjie skop juis teen die SUV-gedagte want dan kan sy nie laai nie. Kan nie rerig haar argument verstaan nie, want hier is bakkies vir die laaiwerk. Weereens 'n klassieke Venus- en Mars geval?

Kan dan nou juis 'n silwer 2007 Disco 3 TDV6 SE met 57000km kry vir R340000, maar sy skop vas soos 'n steeks donkie.

As ek met my verstand moet koop maak die Triton (2010 demo met 6000km vir R305000, lysprys R374000) seker meer sin. Ongelukkig het mens mos 'n hart ook, en hy skree vir die Disco!

 

 

Ah sien, daar het ek nou vroulief en die SUV ding lekker verkeerd gekry.      My SWAMBO moet maar weer met die Hilux rondrits en ek moet gereeld hoor van "daai bakkie"... 

Dit klink steeds na taai besluite - baie sterkte man!!

 

Groete,

Jacques

 


 

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Het nog hier innie stoor 'n 1985 Isuzu 2,2D 5speed LE met bykans 600000 oppie klok. Miskien moet die seuns hom somme biekie afstof.

Ma wil mos nou moeilik wees!

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

 


 

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 756
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD
Ek sal jou ook WELKOM heed.
Jou net n vriendelike waarskuwing gee! Smaak my Hi kan jy dieselfde moeilikheid optel oor voertuig se verskillende modele(Ford,Toyota Landies) as wanneer jy oor die Currie Cup wil praat
Ek dink nie jy kan n fout maak met Mitsubishi nie? Moet erken die Triton het nrukkie gevat om mooi te wees. Ek rry nou al vir 12 jaar net Mitsubushi....of soos my dogtertjie gese het” Itsie-bitchi” Ek het al in 12 Afrika lande met my Pajero getoer en hy staan nou op 324000 km. Moet se hy het nou hulp nodig.
As jy bekomerd is oor die Triton se krag kan jy gerus kyk na n Dastec Chip. R3500 verder en jy sit met 140Kw en 443 NM se wring krag. As jy bekomerd is oor gewig? Kyk na jou LWB Pajero DiD Hy kan amper 3 ton sleep. (Die Upgrade Doen niks aan jou waarborg nie)
Net vir intresandheid. Die program IGNITION op sateliet het n program oor voertuie se betroubaarheid. Hulle het dit gedoen oor die laaste 10 jaar en Mitsubishi is 3 de, Toyota 5 de, Nissan 13 de en wag.........Landrover 32 ste.” I Rest My Case Jo-onner”
Ek moet ook ma seeker maak dat ek  hi weg kom. Sorry Kerels ek is in Egipte die week.

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 756
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

EK JOK REGTIG NIE

AanhegselGrootte
Egipte_en_Eretria_085.JPG 36.07 KB

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Hoezit ouens

Nou ja, mamma het ha mind opgemaak, sien sy't kla my profiel verander, so die Triton is oppad. Ons ga't hom Ma 6 Sept haal in Nelspruit.

As ek julle ouens iewers raakkamp, onthou tog dis hare, ek moet nog eers annie idee gewoond raak.

Dankie vi ammal se raad en insette, lyk my die draad is nou op sy ent.

Groete  

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Baie geluk Gideon!

Hoop dis net mooi myle!

 

Groete,

Jacques

 


 

Clinton Bester
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 19/02/2010
Inskrywings: 101
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Scout met 'n Triton 3.2D-iD 4x4 Auto

Hi Gideon,

Ja jy is doodreg met daai een. Dis n Radical canopy. Ek is baie beindruk met die Radical, vroer die jaar was ons op twee jag uitstappies, en die radical was stof dig op die plaas paaie.

Geluk met die Triton, geniet hom.

Bos Toe
Diknek
Aangesluit: 21/07/2010
Inskrywings: 756
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Ek Probeer n Bos Karavaan bou om te sleep met 'n Pajero DiD

Geniet hom en hou ons op hoogte van jou ondervindinge met hom. Lekker sleeeeeeeeeeeeep

4x4 Groete

Thinus

"Live Life To The Limits, Explore The Scenic Route"

<img alt="" src="http://www.wegsleep.co.za/sites/all/modules/fckeditor/

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Hi almal

Ja, hy word Dinsdag afgelewer van Nelspruit af. Dis toe nie 'n natnuwe bakkie nie, maar 'n 2010-demo met 5000km op sy klok.

Ons vervang vroulief se 1995 Isuzu KB280D LE 4X4 D/C met 289000km op sy klok, so dis haar eerste (so te sê) nuwe voertuig vandat ons in 1991 getroud is. Vandat ek so 'n maand terug met die idee by haar gekom het, het sy begin rondkyk. My eerste keuse vir haar sou seker maar weer 'n Kezoes gewees het (3,0 D-Tec), maar sy het na 'n hele paar opsies gaan kyk en elke keer gesê haar keuse bly by die Triton.

So julle kan seker dink hoe opgewonde sy is. As ons gespaar bly is die plan om einde van die maand se lang naweek Tzaneen en Eiland toe te sleep. Ek het 'n skoolreunie die 24ste in Tzaneen, so wanneer ons terug is sal ek julle laat weet hoe die Japanner hom van sy taak gekwyt het.

B4N (bye 4 now)

Gideon Strydom
Super sleper
Aangesluit: 26/08/2010
Inskrywings: 339
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartbeesfontein

Jis ouens

Nou ja, soos hulle sê, die poppo het toe die fên gestraaik!

Die Triton-deal is af. Toe vroulief laas Vrydag die kontrak by die bank wil gaan teken, kom sy agter dinge is glad nie pluis nie. In die eerste plek is die finansieringsaansoek ingedien met 'n reswaarde van R95000 in maand 60. Tweedens is die deposito op een of ander manier gekook en derdens moet ons op die geadverteerde bedrag BTW betaal.

Die van julle wat my ken sal weet ek het 'n broertjie dood aan 'n "balloonpayment". Ek glo vas dis 'n maklike manier om jou eie keel met 'n stomp saag te probeer afsny. Verder hou ek nie van die manier om 'n deposito by 'n prys te laai nie, die sogenaamde "assistance"-begrip. As ek nie 'n voertuig se deposito het nie, moet ek hom nie koop nie, want dan soek ek in 'n prysklas wat bo my geldelike vermoë is, en dit geld ook vir die reswaarde wat eintlik beteken ek kan nie die voertuig se werklike paaiement bekostig nie. Van die BTW praat ek nie eers nie, die adverteerder weet ek kan hom hof toe vat.

So dis die einde van die Triton kopery vir eers. Ma is heavy upset, want sy is mal oor die bakkie se shape, veral met 'n mooi canopy op. Sy sal seker maar vorentoe as dinge beter lyk vir haar een aanskaf. Haar droomvoertuig was altyd 'n nuwe diesel RAV, maar vandat sy nou bekend geraak het met die Triton, is dit al wat sy wil hê.

Ek het wel iets anders en baie goedkoper in die hande gekry, so vir die wat belangstel, kyk na die nuwe 2004 Isuzu-draad.

B4N

Flyer
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 56
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, agter die berg
Ek sleep 'n 1995 Caravette 6B met 'n 2006 Hyundai Terracan 2,9 CRDi

Hi Gideon;

Ja; dis einste jou eie ou nefie van Pretoria wat hier skrywe. Ek het nie geweet jy is ook op die forum nie. Het jy toe al vir jou 'n ander Triton gekry? "Skuus; korreksie...vir ma een gekry???"

Lekker Boer-groete vir julle.

Wie's aanlyn

Daar is tans 14 gebruikers en 104 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Lord Farquart
  • sakkie mynhardt
  • Kobus K
  • Big G
  • NicoPietersen
  • Kobus Snyman
  • Corné Wagemaker
  • RSS
  • thysvt
  • Gypsey King
  • Eddie Laing
  • Johan K
  • chris dupreez
  • BenA

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.