Wie sleep met 'n Mitsubishi Outlander
Nuwe forum onderwerpe
Ek geniet my Outlander en het al heelwat avonture meegemaak.
Die CVT ratkas is vir my ook goed en baie min ratkaste is so seepglad in beide oorskakeling en wringkrag keuse.
Nou wonder ek maar net, wie sleep wat met 'n Outlander. Ek is nog heeltyd versigtig om 'n groot karavaan agteraan te haak.
Hiet iemand ervaring, goed of sleg, sal verwelkom word.
Groete
Soos jy noem, passop vir te swaar vragte sleep met daardie transmissie. Hy's nie daarvoor ontwerp nie.
Willie,
Ek weet nie of ek heeltemal met jou gaan saam stem nie.
JacquesR was meer as teverede met sy 1.8T Audi en die CVT ratkas. As ek reg onthou was sy woorde "die CVT ratkas bring die beste in die enjin uit".
Hy sleeep 'n Swing, so die ratkas behoort nie probleme te gee nie.
Jacques, maar ek verskil mos nie van jou nie?
'n Swing en dies meer is fine wat my aan betref, maar ek sal nie 'n volgelaaide Exclusive met daai transmissie sleep nie. Dan word rattekaste aanbeveel.
Die ontwerpers en tegniese adviseurs stel dit ook so.
Willie,
100%.
Sover ek weet kom hy net in 'n 2.4 uit, so ek is ook nie seker of die enjin sterk genoeg gaan wees om so 'n groot wa te sleep nie.
JacquesR was meer as teverede met sy 1.8T Audi en die CVT ratkas. As ek reg onthou was sy woorde "die CVT ratkas bring die beste in die enjin uit".
Jip, die Audi het fantasties lekker gesleep!! ![]()
Dankie vir die kommentaar. Ek het ook so gereken, bly dus gelukkig met my veldwa wat so raak aan 750kg.
Ferdinand, hoe lyk jou brandstofverbruik met daardie transmissie?
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- WilleWillemien
- Hennievr
- dracoza
- HennieBo
- JC
- Wingnut
- chrisbeachbum
- Romeo
- Dirsa
- Gustav
- Danet
- ColinFreda
- Christo de Wit
- Villa Wahnsinn
- Perdeby





.jpg)

Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB
Dagsê Ferdinant.
Ek dink jy is die enigste een wat met hom sleep op die forum. Ek weet nie van iemand anders nie.
'n Baie lekker kar daardie, hoor. Lekker smooth transmission.
Soos jy noem, passop vir te swaar vragte sleep met daardie transmissie. Hy's nie daarvoor ontwerp nie.
Vir meer inligting oor transmissies, lees gerus die onderstaande draad.
http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/raad-en-wenke/planne-en-patente/transmissions
Rondawel Gasteplaas. Karoo.