Suzuki Jimny agter Motorwoonwa
Nuwe forum onderwerpe
Goeie môre aan almal.
Ek en Liewe Heksie is in die bevooregte posisie om binnekort te sê: "Bye bye tension, hallo pension".
Wat ek nou wil weet, is hoe kan ek my Suzuki Jimny "Spiertier" agter ons motorwoonwa (WJ Elite) sleep. Die handelaars sê dit kan nie gedoen word nie aangesien die oordrag ratkas kan droog loop en beskadig word. Dit is ook so in die fabrieks waarborg vervat. tog sien ek dat mense dit wel doen.
Kan ek asseblief julle raad kry oor hoe ek die ou probleempie kan oorbrug - ek is bewus van geremde/ongeremde sleep regulasies, maar dit kan oorkom word.
Groete en 'n lekker naweek.
Lampies.
As die free wheel hubs uitgedraai en die trokkie nie in 4x4 is nie, kan ek nie sien hoe die ratkas beskadig kan word nie. Die ratkas is mos in elk geval vol olie. Of praat ek nonsens ?
@ Lampies
Ek wil self Jimny koop aangesien hy meer modern as die ou Suzuki's.is bv. Kragstuur / Aircon / Elec. vensters / Coil springs Ens.
Ek doen nou al navorsing oor die onderwerp vir 6 maande. Ek wil nie koop en dan kan ek nie sleep nie.
Jy kan wel die ou Suzuki's sleep, want hulle het 'n neutraal in die "transvercase" wat Jimny's nie het nie. As jy glo die propshaft wat na agter toeloop afhaal (en hy is nie in 4H nie), kan jy hom glo sleep. Maar dit is vir my te veel moeite, veral as jy nie vêr sleep nie.
Ek het die volgende oplosings al raak "ge-surf" op nie web.:
1) Freewheel hubs op die agterste wiele, un-lock as jy sleep en lock as jy wil ry. Hulle sê mens moet net pasop as jy afhaak want hy kan weghardloop (hubs nie gelock nie)
2) Jy kry 'n gadget (in Australia) "propshaft release" jy sny jou agterste propshat net 25mm korter en sit die ding daar tussen in. Hy werk met 'n hefboom wat jy die propshaft van binne koppel en ontkoppel, hy is baie duur.
3) Sleep met piggyback, sleep net verkeerd om (agter wiele op piggyback)
4) Sleep hom op 'n sleepwa (al een wat werklik wettig is) maar sit nou met ekstra gewig en eksta ding by jou kamp plek.
5) Haal agterste propshaft af as jy sleep in 2H. As jy jou bestemng beruik het sit jy Jimny in 4H en jy ry hom dan as 'n voor wiel dryf (FWD) motor. As jy wil 4x4 moet jy net weer die propshaft opsit.
6) Ek het met die manne van die MotorHome klub gepraat (4 van hulle) hulle sê jy sleep net die ding,hy sal niks oor kom nie, hulle het al duisende km's gesleep en daar het nog niks gebeur nie. Daar was tot een wat 'n motorwerktuigkundige was. Van hulle sê elke 200 km stop hulle en ry om die blok sodat alles weer olie kry, sleep dan weer voort.
Lang storie, ek hoop my navorsing help, vra maar as julle nog iets wil weet.
Groet Harry
@ Lampies
Foto van Prop-lock van Australia as ook A-raam met "over-run" remme, wat op motor se rem pedaal trek (met 'n handrem)
Groete Harry
.jpg)


.jpg)
A frame Suzukie jeep opvoubaar, het hom gesleep die hele land vol ,nooit enige probleeme ondervind nie ,ek het hom hier by my
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| a_frame_003.jpg | 132.63 KB |
| a_frame_002.jpg | 136 KB |
Hoe prakties of onprakties is dit om n sleepwaentjie te kry met inloop remme wat al die probleme rondom ratkaste oplos.
Ek wil ook graag n suzuki agter my motorwoonwa sleep en het gewonder of dit n oplossing kan wees
Perdeby
Op die oomblik is dit die enigste wettige manier om te sleep (so vêr ek weet) in Suid Afrika. 'n Sleepwa met inloop remme, laai op en ry.
Al probleem wat jy dan het, soos ek gesê het. 1) Die sleepwa se eie gewig is ekstra gewig wat jy moet saam sleep 2) As jy by jou kampplek kom met jy eksta staanplek vir sleepwa soek 3) Eksta lisensiegeld vir sleepwa 4) Daar kan dalk ook eksta koste wees by jou kamp terein >> Motorhome / Sleepwa + nog 'n Motor.
Die ander vraag is hoe baie gaan jy Suzuki wil saamsleep en hoe vêr ?
Wat dink jy ?
Groete Harry
Hi Harry - Dankie voorlopig vir jou terugvoer. Ek sal al die voorstelle stelselmatig deurwerk.
Hi Perreby
Ek het 'n waentjie geprys wat 1 600kg kan dra, dubbel as, jockey wiel ens teen R28 000,00. In my opinie is dit die risiko werd om die Jimny te sleep teen ongeveer R8 000,00 vir die oordrag ratkas as hy sou groet.
Soos Harry egter sê, baie ouens sleep die Jimny sonder probleme.
Groete.
Lampies.
Lampies
Ek dink dit is die waarborg storie wat die mense afskik.
Ek sal vir jou die name en telefoon nommers PM as jy hulle (motorhome-klub ouens) self wil bel oor die sleep. Daar is 'n paar manne wat altyd met piggybacks gesleep het by hulle klub en ook nou sonder dit sleep aangesien die ander met die A-rame nie probleme kry nie.
Voor ek R 28 000.00 vir 'n sleepwa betaal doen ek eerder 'n modifikasie, as dit moet (of vat 'n kans soos jy sê)
Groete Harry
Harry en Lamoies.
Dankie, Die geld praat hard.
Dit is n groot ekstra uitgawe vir n waentjie, en lisensies ens ens.
Gelukkig/ongelukkig het ek nog nie n Jimmy nie.Marthie wil graag een koop maar ek dink op die manier hoe ek tans kamp en toer gaan dit nog n bietjie mors van geld wees.
Perdeby
Ek het 'n 2006 Atos gekoop met net so oor die 52 000 km op die clock vir R 34 500.00. Dit is 'n lekker klein motortjie (selfs my groot lyf pas in) . Ek wil hom saam sleep met A-raam vir eers. Jimny moet eers bietjie wag (besigheid is nou te stil) .
Atos het ook alles in "Aircon / Power steering / C/locking / ens. Gee my so 16 km/l in die dorp. Klein en handig, versekering is ook laag. Sal later upgrade.
Groete Harry
Môre Harry
Dankie vir die verdere gesels. Ek sal graag die nommers van 'n paar manne wil kry om te gesels.
Lekker dag.
Lampies.
@ Lampies
Sal vir jou PM
Groete Harry
As die transfercase in neutraal is en die rathefboom van die gewone ratkas ook in neutraal, hoef jy nie propshafts te ontkoppel nie. Dieselfde met die nuwe modelle wat elektroniese 4x drive beheer het met 'n knoppie. As hy in 2 wiel dryf is , selfde as bo.
Die enigste rede waarom mense die propshaft afhaal is om die kilometerlesing nie te laat klim sonder dat die enjin werk nie.
@ WW
Soos ek verstaan, het die nuwe Suzuki Jimny nie 'n neutraal in die "transfer-case" soos meeste ander 4x4 nie. Dit is waar die probleem in kom. Die ou modele SJ ens. kan jy in neutraal sit soos meeste ander 4x4.
Die manne het ook gesê dat met die elektroniese odometer, die kilometers nie loop as voertuig af is en gesleep word nie.
Alles hierbo is "hoor sê, van die rekord af en sonder benadeling van my regte" Dit is nou hoe my besigheids vernoot (prokereur) my geleer het. Dalk is jy reg.
Dalk kan iemand vir ons sê uit ondervinding oor die elektroniese odometer storie, Ek weet vir 'n feit dat die ou modele met die wielietjie odometer wel die kilometers laat loop as jy hom sleep. Iemand op die forum het wel so probleem met sy Suzuki (ouer model) gehad. Dink dit was BeachBum (wat ook baie stil is deesdae)
Groete Harry
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Hennievr
- JC
- chrisbeachbum
- dracoza
- Romeo
- Dirsa
- HennieBo
- Danet
- Gustav
- ColinFreda
- Christo de Wit
- Villa Wahnsinn
- Perdeby
- WilleWillemien
- Pieter Schultz
- Benzan
- Footloose









.jpg)
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4
lampies.
ek het al baie ouens gesien wat dit so sleep (ouer sj410 reeks). ek het juis een te koop hier op die forum vir daardie doel. ek het my vorige een al afgesleep weskus toe (jare terug) agter my jetta aan. geen probleme nie. ek glo nie die basiese setup het veel verander nie
groete
edward