Smeermiddels en smering asook oliebyvoegmiddels.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

http://www.prolong.co.za/1857.html

Ek gee solank hierdie skakel indien jy wil lees wat Prolong AFMT is en hoe dit werk. Dit verduidelik ook die verskil tussen die produk en ander byvoegmiddels.

Ek kan dit hier vertaal, maar gaat presies dieselfde sê, net in Afrikaans.

Daar is 'n verskeidenheid enjinolies en ander produkte beskikbaar wat aan die strengste spesifikasies voldoen, soos julle sal sien.

Ek gebruik die 15W40 dieselolie met die 6% AFMT byvoeging, maar dan voeg ek nog AFMT by om die  verhouding op 10-12% per volume te hou.

Doen dieselfde in die ratkaste en ewenaars, maar in die outomatiese ratkas slegs 6% per volume.

Ek gebruik slegs Prolong ghries. Niks anders nie.

Die AFMT is die basisproduk wat die "anti friction" eienskappe besit en is 'n olie. Daar is geen ander stowwe soos Teflon, tungsten of Molibdeen in wat lae aanpaksels op onderdele veroorsaak nie. Om hierdie rede gebruik ek die suiwer AFMT as 'n dieselbyvoegmiddel om die dieselpomp en inspuiters te smeer waar die enjinolie nie bykom nie.

Die goed is moedersmelk vir turbo's omrede die olie baie hoër temperature kan hanteer as die beste ander olie op die mark. Selfs sintetiese olie. Jou turbo se laers werk teen baie hoër temperature as enige ander onderdeel binne die enjin. Oorverhitting van die laers, omrede die olie te warm word daar en die maksimum temperatuurvlakke van die betrokke olie wat jy gebruik oorskry, is een van die hoofoorsake van turbo probleme.Die olie vaal dan totaal omrede dit geen filmsterkte meer het teen daardie temperature nie en die laers gee in.

Ons kan hier lekker gesels oor alles en nog wat oor olies, smering en al die sake wat verband hou daarmee. M.a,w. dit is 'n wye draad hierdie. 

Op Youtube is vele toetse ter insae. Die "Cross Axle Friction" toetse vergelyk die filmsterkte van verskeie ander olies met die van Prolong

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Prolong SA het vir my 'n toetsmasjien aangebied.

Indien julle wil, kan ek op Klein Paradys 'n paar toetse vir julle doen sodat julle almal kan dink ek is 'n towenaar.

Ek sê julle wat maak ons: Ons tap so 50ml olie met 'n dun pypie uit 'n paar karra se oliebakke, plaar dit in aparte botteltjies, merk hulle soos bv Footloose, WilSur, Boats, ens. Ons doen dieselfde met my kar. Ons toets dan die olietjies botteltjie vir botteltjie en myne laaste. Dan kyk ons watter botteltjie se olie perform die beste.

Nou wat dink julle daarvan?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Willem, ek dink dit is 'n slim plan......

Ek is al jare lank 'n voorstander van byvoegsels in olie maar het dit nog nooit met 'n diesel gedoen nie. As dit moontlik is sal ek baie graag aan so 'n toets wil deelneem,

Groetnis

Danie & Issie

 

 

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 793
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

En ek sal baie graag die uitslag wil hoor. julle moet dit asb op die forum plaas

John Cooper

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 785
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Alhoewel ek oor geen tegniese ervaring of chemiese kennis bekik nie, het ek nog altyd middels wat by olies en/of brandstof bygevoeg word, bevraagteken.  Ek wonder altyd hoekom sou die magtige olie-maatskappye nie oor mekaar se voete val om die alleenreg te verkry om sulke wondermiddels by hul olies te voeg nie, dan sou dit mos beter wees as enige ander olies.  Ek wonder ook hoekom skryf die vernaamste motorfabrikante nie sulke wonder-byvoegings tydens diensintervalle voor nie  -  dit behoort mos hulle produkte te verbeter en waarborg-eise te verminder.

Ek sal miskien tot ander insigte kom as een of ander onafhanklike liggam soos byvoorbeeld die WNNR of SABS kan bevestig wat die vervaardigers beweer.

Len

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Het jy al gesien as jy kyk na hierdie lang tv advertensies hoe hulle dinge doen wat hulle goed laat beter lyk.

Bv as hulle messe adverteer. Dan vat hulle 'n warm brood en wanneer hule met die "gewone" mes sny druk die ou met sy hand die brood so plat as hy kan en druk die mes meer afwaarts as in sny bewegings. Die gehoor kreun om hulle mosnoe uit te spreek. Dan gebruik hy die wonder mes(was t jy NOU moet bestel) Hy hou die warm brood saggies vas, maak baie sny bewegings met min afwaartse druk. En bobs jou uncle die skare juig.

Dan kry ons die "wonder mop" hy vee alles wonderbaarlik op in een vee. Maar kyk mooi op die tv. dit word gevee en die mop en vuilgoed eindig altyd af van die "screen" af. Jy sien nie hoe word die mop op die einde opgetel en of dit skoon is onder hom nie, jy kan dieselfde resultate kry deur 'n R15 squeegie te gaan koop.

So elke produk se mense sal graag een of ander masjien of toets ontwerp spesiaal vir hulle produk se sterkpunt. Se dit of die produk in die geheel beter is? Nie noodwendig nie.

kamp 

 

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 785
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Dit laat my nou daaraan dink, 'n hele klompie dekades gelede was ek as 'n skool-laaitie by die Pretoriase Skou (gewoonlik September-maande) waar daar 'n ou was wat een of ander megêftertjie ontwikkel het wat jy tussen 'n enjin se vonkverdeler en die klos moes installeer om dan 'n beter vonk by die vonkproppe te bewerkstellig.  Die ou het 'n Voksie-kewer se enjin byderhand gehad waarmee jy met jou eie oë kon sien die vonk is sterker as sonder sy megêftertjie.  Hy het by die Skou goed besigheid gedoen, maar die opwindende produk het nie aftrek by motor vervaardigers gekry nie en daar het ook niks van gekom nie.

Len

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Persoonlik glo ek die hele ding van by-middels gaan [net soos alles in die lewe] oor persepsies.

Dan gaan jy iemand wat 'n persepsie oor iets het nie maklik oortuig om 'n ander siening te kry nie!

Ek glo Ford is fantasties - net omdat ek nog altyd goeie diens en tweedehandse waarde gekry het - maar 'n ander ou het net sulke goeie diens en waarde [dalk nog beter] uit sy [se nou maar Toyota] gekry, daar is mos nou geen manier hoe ek hom gaan oortuig dat Ford nou kamstig beter is nie!?

Duisende mense bly in die sogenaamde "veilige" dorpe met sekuriteits wagte, toegang beheer, en hoe mure om die plek - hulle voel veilig en dit gee hulle gemoedsrus! - my vrou wil weer oop wees sonder diefwering, slotte, mure en al sulke goed, ek sal haar nooit kan oortuig dat die ander veiliger is want sy het altyd 'n teenargument!

Hoeveel is gemoedsrus vir iemand werd? As Willie glo dat by-middels vir hom werk dan gaan hy dit bly glo [en dit is sy goeie reg] , en hy is bereid om te betaal vir daai gemoeds rus - dalk sou sy motor net so goed perform en gehou het sonder enige by-middel - ek weet nie, geen bewys daarvoor of daarteen nie. My motors hou ook vir jare en baie duisende kilos sonder by-middels - so my persepsie is dat die goed onodig is maar weereens sonder enige bewys - kon dalk nog langer gehou het met by-middels, ek weet nie?

Solank mense persepsie het sal hulle bereid wees om 'n premie te betaal vir die gemoedsrus wat dit vir hulle gee - en ek glo nie dit is verkeerd nie! Gemoedsrus is vir mens baie werd en solank jy kan bekostig om daarvoor te betaal, hoekom nie?

Ek glo glad nie aan kort termyn versekering nie, ek het nog altyd net my motors vir balans van derde party verseker [ koop kontant dus het nie 'n bank wat my forseer om ten duurste versekering uit te neem nie] Die balans van dere party is maar net ingeval ek agter in 'n Rolls Royce of Ferari vasry dat die ou se skade maar betaal word - my skade sal ek self voor betaal. Ek is my eie versekeraar vir my meubels, karre en sulke goed!

Dit het nog altyd vir my gewerk - grootliks omdat ek gelukig genoeg was om nog nooit groot skade te gekry het nie! Ander sal weer nie kan slaap as hulle nie versekering het nie - ek kan mos nou nie se hulle is verkeerd omdat my persepsie is dat versekering geld mors is nie?? Weereens die ou wat versekering het betaal vir sy gemoedsrus, en dit is vir hom 'n bargain!

Ons kan vir jare stry oor by-middels of nie by- middels, solank 'n ou geen slegte gevolge het van by-middels gaan hy sweer daarby, die ander ou wat goeie diens gekry het sonder by-middels gaan swwer dit is onodig!

Los die ou wat bereid is om tebetaal vir sy eie gemoedsrus - dit is sy goeie reg, en soos ek reeds genoem het, gemoedsrus is vir mens baie werd.

 Persepsie gevorm uit ondervinding gaan iemand anders nie verander nie!! 

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 785
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

"Los die ou wat bereid is om tebetaal vir sy eie gemoedsrus - dit is sy goeie reg, en soos ek reeds genoem het, gemoedsrus is vir mens baie werd"  -  Arie in #7 hierbo.

"Ons kan hier lekker gesels oor alles en nog wat oor olies, smering en al die sake wat verband hou daarmee. M.a,w. dit is 'n wye draad hierdie"  -  Willie in #1 hierbo.

Ek wil niemand oorreed om te dink soos ek dink nie, ook nie vir Willie nie, ek wil maar net saamgesels en my opinie oor die saak gee.  Ek hou van feite, bewyse, veral as dit deur onafhanklike wetenskaplike bewyse gestaaf kan word.  'n Ander ou mag dalk sy persepsie (indruk / opinie) vorm sonder onafhanklike wetenskaplike bewyse.

Len

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Len Loader wrote:

Ek wil niemand oorreed om te dink soos ek dink nie, ook nie vir Willie nie, ek wil maar net saamgesels en my opinie oor die saak gee.  Ek hou van feite, bewyse, veral as dit deur onafhanklike wetenskaplike bewyse gestaaf kan word.  'n Ander ou mag dalk sy persepsie (indruk / opinie) vorm sonder onafhanklike wetenskaplike bewyse.

Len

Len [en andere] ek het miskien verkeerd oorgekom, ek probeer niemand ontmoedig om hier te gesels nie,[as dit so oorgekom het vra ek om verskoning] inteendeel ek vind die soort gesprekke nogals baie interesant!

Al wat ek probeer se is dat waneer 'n ou 'n persepsie het gaan jy hom nie maklik oortuig van 'n ander standpunt nie, maar dit neem nie weg van die interesantheid almal se argumente en voorbeelde oor hoekom hulle dink 'n produk is goed of nie goed nie.

Ek is heeltemaal te dom om saam te praat oor al die tegniese goed en hou maar by wat die vervaardiger van my spesifieke voertuie aanbeveel - en daarmee se ek nie dit is reg nie, Willie klink vir my na 'n "expert" op motors en ek geniet om te lees wat almal se!

Weereens sorry as ek my self dalk verkeer [of kras] uitgedruk het, glad nie my bedoeling gewees om iemand tereg te wys nie.

 

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 785
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Hierdie onderwerp laat my nou nog verder terugdink.  'n Veertig of wat jare gelede het ek geglo in 'n produk van William Penn genaamd "Valve Ease".  Ek het gereeld 'n botteltjie in my 1968 Ford Anglia se petroltenk gegooi en so eenkeer per maand het ek die lugsuiweraar afgehaal en 'n botteltjie deur die vergasser gejaag (met gevolglike  rookwolke soos dié van 'n stoomtrein !)  Die instruksies op die botteltjie het belowe my motortjie se kleppe sal nooit brand nie.  Dit het ook nie, maar ek weet tot vandag toe nie of dit was as gevolg van die Valve Ease of nie !

Len

Kampalweer
Super sleper
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 340
Gebruiker van lyn af.
Plek: Goodwood - Kaapstad
Ek sleep 'n 2002 Palma met 'n 2011 Toyota Hilux D/C D-4D Auto 4x4

Ek wil net graag vir julle my ondervinding van PROLONG vertel. Ek het 'n 2.0L Toyoya Cressida gehad en so op 120 000 km besluit ek om na 'n oliediens Prolong in te gooi. Ek het 'n draai gaan ry om die enjin op temperatuur te kry en toe op die oprit parkeer en terwyl die enjin luier die Prolong in gegooi. Nou voor ek verder gan wil ek net se dat ek nie 'n agent is vir die produk nie en ook nie familie of vriende het wat die produk bemark nie. Ek het die botteltjie prolong in gegooi en soos dit ingaan het die enjin merkbaar stiller begin loop en die enjin rewolusies het ook hoorbaar gestyg. Dit was soos toordery, ek het gewens iemand was daar om dit te kon beaam. Die volgende storie. Ek en drie vriende het gaan visvang in Hentiesbaai, Maart 1999. Ons het met 'n Isuzu 250KB diesel 4x4, longweel base gery. Die persoon wie se bakkie dit was het die bakkie laat diens net voor die trippie. Die Saterdag toe ons ry uit Melkbosstrand uit was dit redelik warm maar nie ernstig nie, maar hoe nader ons aan Vioolsdrif gekom het hoe warmer. Ons het beurte gemaak om te bestuur, vanaf Grunau het ons 'n ligte stertwind gehad. So 60 km voor Keetmanshoop sien ek die temperatuur van die bakkie klim so stadig met omtrent 'n vuurhoutjie dikte, ek het agter die bestuurder gele en noem dit toe vir hom. Hy beaam toe wat ek sien en ons besluit om af te trek en sommer iets te eet.  Ons draai toe die bakkie se neus in die wind in en pak die kos uit en kuier so bietjie daar langs die pad. Na so 45 min besluit ons om verder te gaan. Die eienaar van die bakkie se hy wil gou net die water in die verkoeler kyk. Groot was ons verbasing en beelde van 'n lekker vakansie wat tot einde loop op Keetmanshoop toe die verkoeler so droog soos 'n Boesman se onderbroek is. Nie 'n klamigheidjie nie, niks. Ons het gelukkig baie skoon en vars water saam gebring, ons meet toe af, met 2liter bottel, hoeveel water ons ingooi. Ek kan nou nie meer onthou nie maar was ongeveer 8 -12L. Die eienaar het opgemerk dat dat die ding dolleeg is. Ons is toe verder maar kon  nie verstaan hoekom die temperatuur nooit naby die rooi gekom het nie. Die enigste antwoord was dat daar vanuit die staanspoor nie water in die verkoeler was nie, water gely die temperatuur na die sensor. Dit is ook toe dat die eienaar vertel dat hy die oggend voor ons vertrek 'n bottel Prolong in sy enjin gegooi het. Ons het toe so gery tot in Keetmanshoop, waar ons coolant gekoop en ingegooi het, die water vlak in die verkoeler het nie gesak nie. Ons het toe so elke 150km gestop en gekyk, water vlak bly dieselfde. Ons het 10 dae gehengel, terug gery Kaap toe en nooit weer 'n druppel water ingegooi nie. Onverklaarbaar.

Moenie vandag doen wat jy vir môre kan laat staan nie.   In vino veritas. 

WP FOREVER!

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ek sien die mense hou aan met die "glo"-storie.

Net een of twee sakies regstel.

1. Ek glo nie in bymiddels nie, hulle werk nie. Ek gebruik die produk op grond van die uitkomste van die tegniese toetse oor 'n lang tydperk. Ek glo in kamp.

2.Dit is nie 'n bymiddel nie. Dit is olie soos die olie wat jy by enige ander maatskappy koop.Net soos die ander maatskappy se oliebyvoegpakette om sekere resultate in hulle olies te bewerkstellig, so doen Prolong ook met hulle olie. Hulle het net 'n geheimpie ontdek en gepatenteer wat niemand nog voorheen aan gedink of suksesvol mee was nie. Hulle pas dit toe in hulle olies.

Wynn's goue stroop, STP en andere is goue byvoegmiddels. Dit is die goed wat nie werk nie waarin mense "glo".

Len, weet jy wat? Jou Anglia se kleppe sou sonder Valve Ease onder normale omstandighede ook nooit gebrand het nie. Dit is nou wat ek "glo" noem. Mens glo in iets wat nie bewys is nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

ZS5EFP
Ou hand
Aangesluit: 25/01/2011
Inskrywings: 148
Gebruiker van lyn af.
Plek: Beyerspark
Ek sleep 'n Campmaster met 'n Nissan 3.2D

Verwyder, ek het nou eers WW se skakel gelees en ek sien die bemarkings ouens het reeds al my besware besweer.

 

Gaan dit ook nou in gooi

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Jip! Gaan lees gerus die volgende skakel en in besonder die deel wat handel oor FTC EISE.

Onthou, ek bemark nie die olie nie. Het in die verlede, maar deel 'n tegniese ding met julle net soos ek met die ander tegniese onderwerpe gemaak het.

http://www.prolong.co.za/1857.html

 

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JLC

Persoonlik neem ek 'n vervaardiger se "claims" met 'n knippie sout, hulle sal tog nie sy eie produk afkraak nie, of hoe? Ek heg eerder meer waarde aan wetenskaplike ondersoek. Sien bv. hieronder uittreksels vanuit 'n dokument wat saamgestel is vanuit 'n aantal Amerikaanse universiteite en navorsings instansies (wat 'n behoorlike ondersoek gedoen het). Die instansies uit wie se werk hierdie inligting saamgestel is sluit o.a. in Universiteite van Nevada, North Dakota, Utah asook maatskappye soos DuPont, Avco Lycoming, Briggs & Stratton en ook NASA se Lewis Research Centre. Ek glo hierdie entiteite is gesaghebbend genoeg om altans vir my 'n ver draai te laat loop rondom enige olie bymiddels.

     The major oil companies are some of the richest, most powerful and aggressive corporations in world. They own multi- million dollar research facilities manned by some of the best chemical engineers money can hire. It is probably safe to say that any one of them has the capabilities and resources at hand in marketing, distribution, advertising, research and product development equal to 20 times that of any of the independent additive companies. It therefore stands to reason that if any of these additive products were actually capable of improving the capabilities of engine lubricants, the major oil companies would have been able to determine that and to find some way to cash in on it.

     Yet of all the oil additives we found, none carried the name or endorsement of any of the major oil producers. In addition, all of the major vehicle and engine manufacturers spend millions of dollars each year trying to increase the longevity of their products, and millions more paying off warranty claims when their products fail. Again, it only stands to reason that if they thought any of these additives would increase the life or improve the performance of their engines, they would be actively using and selling them - or at least endorsing their use.
 
      Instead, many of them advise against the use of these additives and, in some cases, threaten to void their warranty coverage if such things are found to be used in their products.

En dan verder:

In the case of oil additives, there is a considerable volume of evidence against their effectiveness. This evidence comes from well-known and identifiable expert sources, including independent research laboratories, state universities, major engine manufacturers, and even NASA.

     Against this rather formidable barrage of scientific research, additive makers offer not much more than their own claims of effectiveness, plus questionable and totally unscientific personal
testimonials. Though the purveyors of these products state they have studies from other independent laboratories supporting their claims, they refuse to identify the labs or provide copies of the research. The only test results they will share are those from their own testing departments, which must, by their very nature, be taken with a rather large grain of salt.

Verder is daar ook heelwat data waar laboratoriums en enjin vervaardigers probeer het om die destydse advertensie van die motor wat iets soos 1000 myl loop sonder olie maar waar die bymiddel voorheen bygevoeg was voordat al die olie uitgetap is probeer herhaal het. Sonder uitsondering het al daai enjins vasgebrand binne sekondes of minute.

Uit dieselfde verslag hierbo ook die volgende:

Avco Lycoming, a major manufacturer of aircraft engines, states, "We have tried every additive we could find on the market, and they are all worthless."

        Briggs and Stratton, renowned builders of some of the most durable engines in the world, says in their report on engine oil additives, "They do not appear to offer any benefits."
 
        North Dakota State University conducted tests on oil additives and said in their report, "The theory sounds good- the only problem is that the products simply don't work."
 
        And finally, Ed Hackett, chemist at the University of Nevada Desert Research Center, says, "Oil additives should not be used. The oil companies have gone to great lengths to develop an additive pack age that meets the vehicle's requirements. If you add anything to this oil you may upset the balance and prevent the oil from performing to specification."

En finaal, hoe lyk die afvalprodukte van so 'n bymiddel? Uitlaatgasse bevat verbrande produkte vanaf die enjin olie, enigiets wat nie daar hoort nie mag moontlik 'n effek op die voertuig se katalisator hê. Die gevolglike skade is redelik duur om te herstel.

Ek sien uit na inligting rondom gesaghebbende navorsingsresultate (met beskikbare verslae) wat die teendeel bewys.

 

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2653
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

JLC - Stem saam met jou!!

My voertuie het al duisende kilos gedoen met plain Castrol, nog nooit die nodigheid gresien om iets by te gooi nie!

Ek betaal duur vir my voertuie en luister maar vir die ouens wat hulle bou!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

JLC. Jou rubriek hierbo is heel bekend aan my, hoor.

Gaan lees so 'n bietjie op hierdie skakel oor die Amerikaanse regering en "additives". Dan sal jy verstaan waarom ek weet hulle werk nie, behalwe dat ek hulle al self tot vervelens getoets het.

http://www.carbibles.com/additives.html

Geen "groot' oliemaatskappy sal dus 'n additive onderskryf nie.

Die groot verskil is dat Prolong olie is. Vervaardig volgens 'n gepatenteerde formule en metode waaraan niemand nog voorheen gedink het nie. Die oliemolekules word gedurende die vervaardigingsproses positief gelaai sodat hulle 'n positiewe polariteit het. Die enjin se polariteit is negatief a.g.v. die negatiewe grond van die battery. Die metaaldele in die enjin trek gevolglik die oliemolekules aan wat dan in mikriskopiese dun lae, net soos enige ander enjinolie, aan die metaal vaskleef. Hulle bly egter baie langer daar en loop nie af na die enjinbak soos die ander olies nie. Daarom die "lubrication on start-up"..claims van Prolong. Boonop beskik Prolong oor 'n besonder sterk filmsterkte wat baie meer hitte en drukking kan weerstaan as die "run of the mill" olies..Dit plaas eenvoudig die produk in 'n ander klas.

Castrol Megnatech het met iets soortgelyks op die mark gekom so 'n ruk na Prolong se verskyning, maar was nie so suksesvol soos Prolong daarmee nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Danie
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.

 Aangesien ek my voertuie lank hou en die regte olies uiters belangrik is vir 'n voertuig se voortbestaan, is ek ene ore om meer te leer van die manne wat weet.

Ek wil net die volgende met julle deel:  Jare gelede laat ek my Caravelle diens. Hy werk maar hard met die Eksklusief op sy stert en die dienssentrum eienaar oorreed my om hierdie wonderproduk in die ratkas te gooi, Prolong iets vir ratkaste. 180km later begin die ratkas in 3de sing, so 'n mooi liedjie met allerhande beloftes van groot rekeninge wat betaal moet word ens.  Kon nie gou genoeg by die huis kom nie.  Vat die Caravelle na iemand anders toe wat bereid is om die ratkas af te tap en met diesel uit te spuit en tap toe nuwe (Audi) ratkas olie in teen R880 (net vir die olie) plus arbeid.  Die singgeluid wat toe al uitgebrei het na 5de rat ook, het dadelik stiller geword en 'n week later het dit heeltemal verdwyn.  Terloops ek sleep nie in 5de rat nie.

Na daai Prolong skrik het ek besluit ek bly maar liewers weg dankie.  Net die beste oem olie of niks.    

JLC

Ek is oop vir oortuiging (maar met bewyse van beskikbare wetenskaplike navorsings verslae, verkieslik vanaf 'n paar onafhanklike laboratoriums...). Die patent se "filing date" is 18 Nov 1987, dws die patent het waarskynlik reeds in 2007 verval (20 jaar geldigheid van patente). Castrol het pakslae gekry oor sy Magnatec "claims" sover ek weet en moes hulle aansprake dramatsies verklein, terloops die Prolong patent maak geen melding van sg. laai van molekules nie, maar wel dat die aktiewe bestanddeel (omtrent 52%) "chlorinated paraffins" is wat geen groot olie maatskappy meer gebruik nie agv die komponent se bekende kankerwekkende eienskappe en waarskynlike negatiewe impak op katalisators. Die ander bestanddeel is "solvents" (omtrent 32%) met ander goed soos Barium Sulfanaat sg. om die korosie effek van die "Chlorinated Paraffins" teen te werk, en ook mineraal olie. Wat vreemd is as die patent reeds verval het hoekom geen ander mpy daarvan gebruik maak nie? (hulle is vry om dit te doen aangesien die patentbeskerming verval het). Ek het terloops ook 'n dokument gekry wat verwys na Prolong se aansoek op 10 Januarie 2008 vir Amerikaanse "Chapter 11 Bankcruptcy Protection", dws dit wil voorkom of hulle aansoek gedoen het om beskerming teen hulle skuld eisers. Dit laat onmiddelik die vraag ontstaan wat hulle sg. enjin waarborg dan nou sou beteken? Dalk weet jy wat die situasie is?

JLC

Danie, ek onthou my A4 wat ek op 'n stadium gery het moes spesiale sintetiese olie van Audi in sy kragstuur gebruik agv die materiale en seels wat die stelsel gebruik. Enige ander olie het die einde van die kragstuur (en R20k op daai stadium) beteken. Baie van die bymiddels beweer ook jy kan dit by jou kragstuur gooi, daai bottel olie by Audi was ook by die R100 vir 1 liter, maar dit was verkieslik bo 'n R20k rekening!

Danie
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.

Dan het ek ook baie jare gelede Slick50 probeer in my nuwe Isuzu 2.3LE.  Dis 'n oliebymiddel wat maar dieselfde aansprake maak as Prolong.  My ondervinding is dat dit 'n duur manier is om jou oliefilter binne in te "coat".  Slick het maar dieselfde afdraand pad geloop as ander:   http://www.skepdic.com/slick50.html

 

JLC

Slick 50 bevat Teflon as aktiewe middel. Die goed se molekules word deur die oliefilter vasgevang wat uiteindelik tot blokasies lei. Ook blokeer dit met tyd kleiner oliekanale en so meer. Hulle gebruik glad nie die woord Teflon op hulle verpakking nie omdat die 'n "trademark" van DuPont is en hulle gebruik dus 'n simpel chemiese afkorting.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Sien. Dit is waarom ek gesê het dit is 'n baie wye draad.

JLC, Ek sal dit waardeer indien jy vir my skakels stuur van die plekke waar jy die genoemde dokumente gekry het.

Het jy my bg skakel gelees van die FTC, hulle aanvattery van AL die byvoegmiddelvervaardigers en die uiteindelike uitslag van die Prolong sake?

Die "Chlorinated Parrafin"- stories is ook al lankal holrug gery en daar was op 'n stadium so 'n byvoegmiddel op die mark.

PS. Danie is jy dood seker dit was hierdie produk wat jy gebruik het. Indien wel sal jy die eerste ou wees wat ek van hoor waar die geluide erger word ipv. sagter.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JLC

Sal jou in volgorde antwoord:

- Stuur more vir jou die skakels

- Die FTC einde is eintlik bloot dat hulle wel hulle aansprake mag maak maar slegs as hulle bewyse het. In VSA terme beteken dit nie veel nie, daar is steeds geen wetenskaplike bewyse van hulle aansprake op enige plek te vinde nie. Hulle verwys na Sintef (Noorwee) se sg. toetse maar geen verslag is beskikbaar nie (klink vir my baie soos "getoets deur die SABS" ding met geen verdere verslae nie...), geen verdere verslae is te vinde nie maar baie inligting rondom die negatiewe aspekte van die produk. Wat wel beskikbaar is is verwysings na hulle toetse wat niemand anders kon herhaal met dieselfde resultate (Briggs & Stratton, GM ,ens, in alle gevalle was daar of meer skade of die enjins het ook maar vasgebrand...). Wat my pla is dat as die produk regtig so fantasties was sou ek in hulle skoene dit deur al wat lab is laat toets en die volle toets verslae aan die publieke klok gehang het, op hulle eie website is daar erens 'n verwysing dat hulle onder een of ander VSA wet hulle produk se samestelling mag geheim hou, is die patent maw nie waar nie?

- Hulle eie patent wys "chlorinated paraffin" as aktiewe bestanddeel, volle blootlegging van feite is 'n voorvereiste van 'n patent. Die negatiewe effekte van die chemiese stof is alles behalwe holrug gery, dis bevestig deur oa 'n VSA regerings organisasie wat alle giftige chemikalieë klassifiseer. Die ander stof wat hulle byvoeg is (vlgs hulle patent) sg. daar om die korosie eienskappe van die parafien teen te werk. Hierdie is nie my stellings nie maar die "claims" van die patent, die uitvinder word genoem as 'n ene Mnr Sloan (dink ek, sal more kyk), het erens gesien hy was een van die stigters van die maatskappy.

In alle geval hierdie word 'n interesante gesprek!

 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Reg so JLC.

Net interressant dat die produk wêreldwyd steeds floreer.

Die toetsery van die produk deur andere wat nooit dieselfde resultate kon kry nie bevraagteken ek. Enigiemand kan met die masjientjie waarvan ek al gepraat het dieselfde toetse oor en oor doen en dieselfde resultate kry. Dit is maar 'n eenvoudige stukkie apparaat.

Sedert die stigting van die oorspronklike maatskappy het daar baie veranderings en verwikkelings plaasgevind. Net soos in enige ander oliemaatskappy.

Die kern van die saak, vir my is, "the proof is in the eating".

So, dit werk vandag nog steeds. Wie vandag die CEO of chemikus van die firma is traak my min. Die produk werk nog steeds soos toe ek die eerste keer daarmee te doen gekry het.

Kan ek maar aangaan om my doepa te gebruik?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JLC

WW,

Die patent is US Patent 4,844,825 en is te siene op

www.patentstorm.us/patents/4844825/description.html

Die Chapter 11 bankrotskap beskermings aansoek is te siene op

www.ipdatadepot.com/stories/2008012122.html

Wat lg aanbetref is daar meer inligting ook te vinde op ander websites, o.a. wat aandui dat hulle bates geskat word as "between $1m and $10m", die skuldeisers word ook aangedui as hoofsaaklik twee groteriges (een teen omtrent $340k en die ander omtrent $430m) met 'n paar kleineres van so $30k ook. Dit sê vir my net een ding, hulle verkope is g'n so goed as wat jy beweer nie. Wat jou masjientjie aanbetref, dit is waarskynlik dieselfde statiese ding wat op een van hulle websites aangedui word (die Stromberg manne het ook hulle eie toets masjientjie, so ook baie van die water suiweraar mense, en natuurlik wys die masjientjies hoe goed die produk kwansuis is!). Al wat dit bewys is dat "chlorinated paraffins" wel lae wrywings eienskappe het (dis welbekend en was ook die rede hoekom olie maatskappye lank terug dit gebruik het, maar die grotes het wegbeweeg agv die redes wat ek voorheen genoem het). Wat ek egter graag wou sien is toetse wat onder verteenwoordigende omstandighede (dws binne 'n binnebrand enjin en oor 'n langer tydperk) gedoen is. Dis tog dieselfde as "the proof is in the eating", of hoe het ek dit dan? Ek het al 'n paar keer daarvoor gevra en al wat ek hoor is 'n doodse stilte Smile. Aangesien Prolong die toetsmasjien aan jou aangebied het sou ek dink hulle sal sekerlik geen probleme hê om onafhanklike lab verslae ook beskikbaar te stel nie? Maw wys my die "proof is in the eating". Miskien is hierdie 'n goeie onderwerp vir een van ons universiteite of die WNNR om onafhanklike toetse op te doen?

Natuurlik is jy meer as welkom om enigiets in enigiets wat jy besit te gooi, suiker ook!

Danie
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.

WW ek is doodseker, dit was Prolong, so 'n bottel van ongeveer 300ml of daar rond.

Ek was regtig nie 'n happy chappy nie. Die Prolong was glad nie goedkoop nie plus toe moes ek die koste daarna aangaan om die flop reg te maak.  Huur van die masjien om die ratkas uit te spuit, 4l diesel, R880 se olie, 2 ure se werk, 2 dae sonder voertuig, die worry dat ek iets opgeneuk het wat niks makeer het nie, nee ek sal die naam nie gou vergeet nie.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ek sien, dankie JLC.

Of jou eerste skakel na dieselfde firma verwys, weet ek nie?

Oor die tweede skakel stel ek ondersoek in, alhoewel die produk al vir beina 10 jaar hier in SA vervaardig word. So dit pla my ook nie veel wat in Amerika aangaan nie.

Ek sal in elkgeval so bietjie meer gaan inligting plaaslik soek. Ek is ook al vir 10 jaar uit die bedryf uit, maar het gereeld kontak met die mense. Nooit gevra of gesoek na inligting soos jy hier noem nie. Ek koop net die produk en gebruik hom.

Indien jy wil, sal ek vir jou 'n demonstrasie gee van die "statiese" masjien. As ons op 'n stadium by mekaar uitkom. Daarna kan jy vir jouself besluit of dit regtig so 'n foefie is. Jy, of enigiemand anders kan dan dieselfde doen en sal dieselfde resultate as ek kry. Mens het nie "magic" nodig om die toetse te laat werk nie. Hulle werk vanself.

Danie, ek sê weer. Indien dit so is, is jy die eerste persoon waarvan ek te hore kom waar die goed in reverse werk.

 Waarom het jy nie ten tyde 'n eis teen die vervaardigers ingestel nie? Indien dit hulle skuld was, sou dit jou nie 'n sent gekos het nie.

Elkgeval kampgenote. Ek gebruik nog steeds die produk.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Willemien jy moet dalk so paar bloupilletjies daar by jou olie ingooi. Dit gee blykbaar so ekstra oemf.

Tv advertensies is 'n wonderlike ding. Hulle spandeer miljoene aan foefies om jou te breinspoel.

kamp 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5702
Gebruiker is aanlyn
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Oubaas, jy laat my nou dink aan die metaal-goeters wat mens toenkatyd gekry het wat mens in die petroltenk gegooi het om brandstofverbruik te verbeter. Ek het hulle twee keer getoets, maar die enigste verbetering wat ek kon bepaal was die wyse waarop ek die kar bestuur het. Ek dink die "verbetering was so iets soos 0,38% op die eerste trippie.

Min of meer dieselfde tyd het mens so 'n tipe van 'n inlyn-apparaat gekry wat mens in jou brandstoflyn moes monteer

. Met hom ook geen noemenswaardige verbetering gekry om sy prys te regverdig nie.

Dan was daar die Koedoefluitjie wat ek getoets het en wat bekend is aan die forumiete. Soos een vriend tereg opgemerk het.....die ding moes seker gewerk het, want ek het nooit 'n koedoe gewaar tydens die toetse nie.

Olies en -bymiddels het ek tot vervelens getoets. Dit was baie keer inetrressant om die uitdrukkings op die mense se gesigte te sien as sy produk vaal. Een van ongeloof en verbasing. Ek het een keer vir 'n ou gevra of hulle self die produk eers getoets het voordat ek dit moet doen. Raai wat was die antwoord?

Ja, in die '90's het baie dinge kop uitgesteek en elke tweede ou het met 'n wondermiddel voorendag gekom om brandstof te bespaar en so meer, maar bitter min van hulle het werklik enige krediet verdien.

Een interressante apparaat wat ek getoets het was 'n elektroniese kassie wat jy inlyn met jou briekligte se kragdraad installeer. Wanneer jy dan rem trap flikker die ligte, maar nie van so 'n aard dat hulle afgaan en dan weer aangaan nie. So 'n vinnige puls van so agt tot 10 keer per sekonde. Dit moes en het die mense van agter sa aandag getrek om jou vinniger waar te neem. Ek was menigmaal deur die agterstoppers meegedeel dat was dit nie vir daardie flikkerend rooi ligte nie, het hulle volspoed in my alie vasgery. Miskien moet iemand op die forum dalk so-iets aanmekaar flans. In die sleepbedryf kan dit net handag te pas kom. Ek is hoeka voortdurend bang iemand ry agter in die wa vas. Veral op die hoofpaaie waar jy gedurig moet stop/ry.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Wie's aanlyn

Daar is tans 17 gebruikers en 39 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Hennievr
  • chrisbeachbum
  • JC
  • dracoza
  • Romeo
  • Dirsa
  • HennieBo
  • Danet
  • Gustav
  • ColinFreda
  • Christo de Wit
  • Villa Wahnsinn
  • Perdeby
  • WilleWillemien
  • Pieter Schultz
  • Benzan
  • Footloose

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.